Heilige Week

Die week wat alles verander het

Heilige Week is die hoogtepunt van Jesus se bediening. Hy volbring sy roeping as Messias deur sy kruisdood, begrafnis en opstanding. Dit is die goeie nuus wat ons verlos van die skuld van ons sonde. Deur in Hom te glo, verander God ons hele lewe.

Fokus hierdie jaar op die storielyn en boodskap van Heilige Week. Ek gee hiermee ‘n opeenvolgende sinopsis van alles wat dié week gebeur het volgens die vier evangelies. Die leeswerk is verdeel in die dae waarop dit gebeur het. Ek gee die minimum inligting sodat jy die Bybelteks self kan lees en oordink.

Laai die leeswerk hier af


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Dankie Chris hiervoor. Datering bly vir my altyd ‘n interesante onderwerp. Sal jy asseblief net weer die feit dat Jesus in 4 nC gebore is en nie in die jaar 0 nie, beredeneer of my net verwys na ‘n skakel waar jy dit hanteer het?

    • Daar is twee datums wat redelik vasstaan waartussen Jesus se geboorte moes plaasgevind het.

      Die eerste is die volkstelling waarvan die evangelies skryf. In Lukas 2:1-3 verbind Lukas die geboorte van Jesus aan keiser Augustus (regeer van 27 vC tot 14 nC) en goewerneur Sirenius van Sirië. Sirenius word met die volkstelling geassosieer. Dit het in 8-6 vC plaasgevind. Jesus is dus ná 8 vC gebore.

      Die tweede is die dood van Herodes die Grote wat as die koning geteken word gedurende die geboorte van Johannes die Doper sowel as Jesus die Christus in Lukas 1:5. Herodes is dood in 4 vC soos Josephus dit vermeld. Herodes se dood het volgens Josephus tussen ‘n maansverduistering en ‘n Paasfees gebeur. Daar was ‘n maansverduistering op 13 Maart 4 vC ongeveer 29 dae voor die Paasfees. Daar is ook ander moontlikhede, maar dié datum word deur baie geleerdes aanvaar. Jesus is dus voor 4 vC gebore.

      Daarom plaas ek die aankondiging van Johannes die Doper se geboorte waarskynlik in ongeveer 7 of 6 vC. Die aankondiging van Jesus se geboorte vind dan gedurende die loop van ongeveer 6 vC plaas, want dit vind ses maande later plaas soos ons in Lukas 1:26 lees.

      Dit gee genoeg tyd vir die sterrekykers om op te daag, want hulle besoek Jesus in ‘n huis in Bethlehem, nie meer in die grot nie (Matt 2:11), sowel as die kindermoord (Matt 2:16)

    • Hi Engela, Paulus haal Psalm 44:23 hier aan as bevestiging van die feit dat gelowiges nog altyd teenstand beleef het. Dit is oor gelowiges se lojaliteit aan God dat hulle gedurig (elke dag – reg oor die wêreld) aangevat en selfs doodgemaak word, soos wat ‘n mens met slagskape doen deur hulle keel af te sny. Maar, al is dit ook so, sê Paulus, is ons selfs meer as oorwinnaars deur Christus wat ons lief het en ons getuienis sal bevestig.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d