Geduld in die Bybel

‘n Bydrae na aanleiding van my reeks oor die beloftes van God: “Wanneer kom die reën?” Ek preek vanaand oor geduld en gaan dit illustreer aan die hand van Abraham se lewe, beide die verdraagsaamheid en die lankmoedigheid wat hy getoon het. Hier is die OT en NT gegewens oor geduld meer sistematies saamgevat. Geniet.

Geduld in die OT

Die Hebreeuse uitdrukking vir geduld (ʾerek ʾappayim) is letterlik “lank van neus” of “om ‘n lang asem te hê”.  Dit is die teenoorgestelde van angs of kommer of woede wat jou “kortasem maak”. Geduld is dus om lankmoedig te wees, om vir ‘n lang tyd moed te hou. Om uit te hou en aan te hou soos ‘n marathon atleet wat sy pas aanpas om enduit te kan hardloop.

Dit word veral van God gesê dat Hy lankmoedig is, stadig om kwaad te word (Eks 34:6; Num 14:18; Ps 86:15). En al word die woord nie in die OT gebruik om mense te beskryf nie, kan ‘n mens tog hierdie eienskap van moedhou by baie gelowiges raaksien.

Hierdie lankmoedigheid word beoefen wanneer daar op die Here gewag word, soos Psalm 27:14 dit uitspel:

Wag op die HERE!  Wees sterk en hou moed,  ja, wag op die HERE!” (BDV)

en Psalm 130:5-6 dit só mooi sê: “

Ek wag op die HERE; my hele wese wag, en op sy woord vestig ek my hoop. My hele wese sien uit na my Heer, meer as wat wagte uitsien na die môre, ja, as wagte na die môre.”(BDV)

Geduld in die NT

Die NT gebruik 15 woorde om geduld te beskryf. ‘n Mens kan egter dit tot twee betekenisse reduseer wat deur al dié woorde uitgedruk word: lankmoedigheiden verdraagsaamheid.[1]

So as jy aan geduld dink, moet jy dink aan lankmoedigheid en verdraagsaamheid. Dit is die kenmerke van iemand wat geduld beoefen.

1. LANKMOEDIGHEID:Die Griekse woord makrothumia (en twee verwante woorde makrothumeō en makrothumōs) word gebruik om dieselfde betekenis as die Hebreeuse begrip van “lankmoedigheid” oor te dra: “om ‘n lang asem te hê”. Dit is ook die woord wat in Hebreërs 6 gebruik word vir “geduld.”

Louw-Nida beskryf die betekenis van makrothumia as: a state of emotional calm in the face of provocation or misfortune and without complaint or irritation—‘patience.’” In ander tale word hierdie geduld uitgedruk met idiome soos: “om te sit in jou hart” of: “om te keer dat jou hart bokspring” of: “om ‘n wagtende hart te hê.

Dit is hierdie woord wat die NT ook gebruik om God se geduld met sondaars mee uit te druk. God is geduldig met sondaars. Hy is byvoorbeeld stadig in sy oordeel oor die sondaars wat in Romeine 1 genoem word. Hy is langsaam in sy woede oor die sonde. Hy keer dat sy hart bokspring. Hy het ‘n wagtende hart dat mense tot inkeer kom.

Soos Paulus sê: “God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld!” God wil deur sy goedheid sondaars tot bekering lei. Daarom is Hy geduldig met hulle (Rom 2:4; vgl Rom 9:22; 1 Pet 3:20; 2 Pet 3:9,15).

Maar, omdat God ons binnekant verander om soos sy Seun te wees, is dié eienskap daarom ook ‘n vrug van die Heilige Gees in gelowiges (Gal 5:22). En deur die vrug van die Gees gee God ons die krag om in alle omstandighede geduldig te volhard. En telkens word hierdie geduld met die Griekse woord  makrothumiauitgedruk (Kol 1:11; vgl Ef 4:2; 2 Tim 3:10; 4:2; Jak 5:7).

Die NT gebruik ook die Griekse woord hupomonē (ook hypomenō en hupopherō) in hierdie betekenis. Dit word egter baie keer eerder met die woord volharding vertaal (Hebr 12:1; Rom 12:12; 1 Tess 1:3). So ook die woord kartereō (Hebr 11:27). Dié twee woorde beskryf veral die geduld waarmee in moeilike omstandighede volhard word. Daarom sluit ek dit in by die betekenis van lankmoedigheid.

William Barclay verduidelik lankmoedigheid met die beeld van ‘n man wat staande bly met sy gesig in die wind.

‘n Geduldige mens is dus ook iemand wat nie van stryk gebring word nie. Wat oor die langtermyn moed hou. Wat die toets deurstaan as dinge moeilik raak.

Die OT figuur wat hierdie kant van geduld waarskynlik die beste wys, is Job. Jakobus verwys daarom na Job as iemand wat uitgeblink het in hierdie tipe geduld. Hy was lankmoedig, geduldig met sy omstandighede, sonder om sy geloof in God te verloor, tot aan die einde toe. Dit is vanwaar ons idioom kom, om Jobsgeduld te hê (Jak 5:11).

Dit is die eerste betekenis van geduld. Lankmoedigheid. Om lank moed te hou.

2. VERDRAAGSAAMHEID: Die NT gebruik agt Griekse woorde om die betekenis van verdraagsaamheid uit te druk wat die belangrikheid van hierdie kant van geduld beklemtoon. Die woorde anexikakos, anechomai, anochē, anektos, tropophoreō, stegō, pherō, en bastazō word gebruik.

Dit is dus ‘n baie belangrike deel van geduld. En ‘n mens kan drie breë betekenisse onderskei in die wyse waarop hierdie verdraagsaamheid beoefen word.

2.1 Geduld is die vermoë om kwaad of onreg te verdra, sonder om ontsteld of woedend te raak, sonder om aanstoot te neem (anexikakos). Dit is iets wat veral in die gemeenskap ten toon gestel moet word. Leiers en leraars: “moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.” (2 Tim 2:24).

2.2 Geduld is om verdraagsaam te bly al is die uitdagings van die bediening ook hoe groot, soos Paulus die uitdagings van die bediening geduldig verdra (stegō in 1 Kor 9:12) en God die voorwerpe van sy toorn verdra het, omdat Hy sy belofte aan hulle wou nakom om hulle in die beloofde land te bring (pherō in Rom 9:22). Trouens, God het dit by uitstek in die woestyn geïllustreer deur met die volk geduldig te wees (tropophoreō in Hand 13:18 en bastazō in Hand 15:10).

2.3 Geduld is die vermoë om mekaar in die geloofsgemeenskap te verdra in liefde,sonder om mekaar af te kraak, selfs al verskil ons ook hoe baie (anechomai en anochē). Só skryf Paulus daaroor in sy brief aan die Efesiërs dat hulle mekaar in liefde sal verdra (Ef 4:2). Want dit is hoe God teenoor ons is (Rom 2:4).

[1]Vergelyk Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains, 1, p.306.


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Baie dankie. Dis ook pragtig in Matt 18 waar die amptenaar pleit: “Wees geduldig met my (skuld)”. Die 1983 vertaling: “Gee my tog uitstel” Hy vra geduld … en word kwytgeskeld.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: