Sagaria 9:1-11:17 – Die Messiaanse Koning verenig God se mense met Hom
Die tweede deel van Sagaria, hoofstuk 9-14, is nie gedateer nie, en volg waarskynlik ‘n geruime tyd na die visioene van 519 v.C. Dit lyk asof dit moontlik in ‘n tyd gelewer is toe die voortdurende ongehoorsaamheid in die geloofsgemeenskap en die gebrekkige voorbeeld van die priesterlike en politieke leiers, die profeet oortuig het dat die verwagte volkome verlossing eers verder in die toekoms tot vervulling sal kan kom.
Hierdie tweede deel van Sagaria bevat twee afdelings, telkens ingelei met die woorde: “’n Profesie” (9:1; 12:1). Soos vroeër gesê:
- Die eerste afdeling – hoofstuk 9-11 – het te make met God se oordeel oor die nasies, die terugkeer van die volk uit hulle verstrooiing, God se keuse vir ‘n Messiaanse koningsfiguur as herder wat egter verwerp word, en daarom welwillendheid (vriendelikheid) en samehorigheid (vereniging), uitgebeeld met twee kieries, in die gedrang bring in die wêreld.
- Die tweede afdeling – hoofstuk 12-14 – raak ook al dié temas aan, maar sien dit nog meer eskatologies, as iets wat aan die einde van alles – op “daardie dag” (12:3,4,6,8,9,11; 13:1,2,4; 14:1,4,6,7,9,13,20,21) – in vervulling sal gaan.
Onlangse kommentaar