’n Paar oorhoofse opmerkings oor die Psalms van die eerste Psalmboek, Psalms 1-41:
Hierdie Psalms word meesal as Dawidiese Psalms in die opskrif beskryf, behalwe Psalm 1, 2 en 33 (almal ongetiteld) en dateer vernaamlik uit die monargie (koningstyd van Israel), die 11de – 6de eeu vC.
Psalm 1 lei die hele Psalmboek in en vestig die basiese veronderstelling van die Psalmboek, dat die sin en betekenis van alles in Godself gevind word. Wysheid begin by die fokus op God en sy woorde.
Psalm 2 bevestig God se heerskappy in die geskiedenis deur sy Gesalfde (=Messias), sy Seun, wat in OT na die koning verwys, en in die NT as begronding dien van die perspektief op Jesus as die Christus (=Messias), die Seun van God, en deur sy opstanding ook Here (=Jahwe), soos dit in Petrus se toespraak op Pinksterdag uitgespel word (Hand 2). Psalm 2 is daarom ’n ongelooflike belangrike sleutel om die betekenis van Jesus in die NT te ontsluit.
Jy kan natuurlik enige metode gebruik in jou leeswerk van die Psalms.
’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees. Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer. Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):
Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
Lees die Psalm – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
Oordink die betekenis van die Psalm – kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
Antwoord die Here in gebed – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
Wees gehoorsaam aan God – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)
Ons lees hierdie week die eerste 8 Psalms, wat meesal aan Dawid toegeskryf is, behalwe Psalm 1 en 2.
Psalm 1 is ’n wysheidsPsalm, lei die hele Psalmboek in en vestig die basiese veronderstelling van die Psalmboek, dat die sin en betekenis van alles in God self gevind word. Wysheid begin by die fokus op God en sy woorde. Ons persoonlike verhoudinge met God het vreugde en voorspoed tot gevolg.
Psalm 2 is ’n koningsPsalm wat waarskynlik by die troonbestyging van die koning gesing is. Dit bevestig God se heerskappy in die geskiedenis deur sy Gesalfde (=Messias), sy Seun, wat in OT na die koning verwys, en in die NT as begronding dien van die perspektief op Jesus as die Christus (=Messias), die Seun van God, en deur sy opstanding ook Here (=Jahwe), soos dit in Petrus se toespraak op Pinksterdag uitgespel word (Hand 2). Psalm 2 is daarom ’n ongelooflike belangrike sleutel om die betekenis van Jesus in die NT te ontsluit. Dit bevestig ook dat ons God kan vertrou vir die publieke en politieke lewe.
Psalm 3-7 is ’n eerste siklus van vyf klaagpsalms waarin die getroue God om hulp gesmeek word van vyande (Psalm 3,5,7), droogte (Psalm 4) en siekte (Psalm 6).
Psalm 8 is ’n lofpsalm vir die majestueuse Skepper vol van ontsag vir die feit dat Hy besorg is oor en omgee vir mense, wat hulle waardigheid bevestig ten spyte van hulle nietigheid. Daarmee word die eerste siklus klaagpsalms afgesluit.
Psalm 1 lei die hele Psalmboek in. Die redaktors het dit hier geplaas waarskynlik omdat hier twee groepe mense gekontrasteer word, wat telkens in die res van die Psalmboek genoem sal word: die regverdiges (1:5,6) en die goddeloses (1:1,4,5,6). In wese is dit die kern van die Psalms (en die Bybel) se boodskap:
Die sin van die lewe word in die regte verhouding met God gevind.
Psalm 1 en 2 is regtig die fondament waarop die hele Psalmboek gebou is. Waar Psalm 1 ons help om te verstaan dat vreugde en voorspoed by die Here en in sy gemeenskap te vinde is, help Psalm 2 ons om te verstaan dat hierdie God almagtig is. Hy is aktief op die wêreldtoneel van volke, nasies, konings en leiers.
Psalm 1 is dus die fondament vir jou persoonlike lewe met God.
Psalm 2 is weer die fondament vir jou publieke lewe met God.
Dit gee jou die moed om God te vertrou om in die wispelturigheid van die (internasionale) politieke wêreld van ons gemeenskappe rigting te bring, en by Hom skuiling te soek, beide in jou persoonlike lewe as in die publieke deel daarvan. Soos die Bybel vir die Lewe 24/7 (Lux Verbi.BM: 2006) sê: “as ons glo wat Psalm 1 en 2 ons leer … kan ons in alle omstandighede bid.”
Hannes.onHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
Chris van ZylonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
Doreen SnydersonPsalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Onlangse kommentaar