Skip to main content

My preke by NGK Somerstrand nou ook hier beskikbaar

Skakel in by Veritas!

Ek het ‘n navraag gekry oor die Veritas opleiding en deel graag meer inligting, want ek kan aan geen beter beskikbare opleiding vir dissipelskap en die bediening van lidmate en leraars dink nie. Die verdere voordeel is ook dat jy al hoe dieper kan gaan met die materiaal en kan vorder van die sertifikaat en diploma opleiding tot by ‘n geakkrediteerde meesters- of doktorsgraad! Alles met dieselfde uitgangspunte en metodiek. Daar is selfs ‘n roete vir iemand sonder matriek om hierdeur professioneel opgelei te word vir die bediening!

In kort, hoe dit werk:

Die Veritas opleiding fokus op Geïntegreerde Leierskapsontwikkling deur drie prosesse:
  1. Interpretasie van die Bybel op ‘n praktiese en verantwoordelike wyse
  2. Toepassing van die absolutes van die Bybel op ‘n spesifieke konteks
  3. Kommunikasie van die absolutes in die spesifieke konteks

Dit bevorder dus ‘n proses van teologie-in-konteks wat gelowiges en kerke na volwassenheid lei en transformasie van individue, gesinne en die gemeenskap in die breë bevorder.

In die grondvlakfase is daar vier modules wat deur fasiliteerders regdeur Suid-Afrika (en in 44 ander lande) aangebied word:
  1. Module 1: Uitleg en vermaning (Paulus se briewe) met ‘n fokus op Christenskap, geestelike volwassenheid, oorwinning oor versoeking en sonde, leierskapsontwikkeling, hoe om ‘n Bybelse teologie te beoefen en hermeneutiek te doen en dit prakties toe te pas om ‘n Bybelstudiegroep te lei en hoe om te preek.
  2. Module 2: Verhale (Pentateug en OT historiese boeke) met ‘n fokus op etiese besluitneming, kinderbediening, rolle van eggenote, huweliksgetrouheid, en ouerskap.
  3. Module 3: Poësie (Psalms, Wysheidsliteratuur en Profete) met ‘n fokus op pastorale sorg en profetiese betrokkenheid in die samelewing vandag.
  4. Module 4: Sinoptiese Evangelies, Johannes, Handelinge en Openbaring met ‘n fokus op barmhartigheid, finansies, selfverloëning en die ontwikkeling van ‘n strategie vir die kerklike lewe.

Die opleiding kan in-persoon of per zoom gebeur. Die koste is net die moduleboek wat tans R420 is (R470 vir mense wat in dieselfde proses as fasiliteerders opgelei word). Jy kan weekliks inskakel van Februarie tot September in al die groot sentra in die land. Jy kan reël dat dit oor drie of vier naweke aangebied word, óf selfs in ‘n drie-dag marathon! Zoom is ook ‘n opsie.

Ek begin uiteraard eers volgende jaar ernstig hiermee werk, maar oorweeg solank of jy wil inskakel, sodat ek dit kan deurgee vir die onderskeie spanne (ook in ander lande, want die Bybelskool.com gehoor is mos oor die hele wêreld!) en hulle jou kan indeel.

As jy gehou het van die materiaal van Bybelskool.com gaan jy Veritas as ‘n natuurlike verdere ontwikkeling van jou eie reis met God en die Bybel ervaar. Dit sal ‘n voorreg wees om só verder met julle besig te wees (terwyl Bybelskool.com natuurlik steeds voortbestaan!)

525 preke die afgelope 15 jaar – Chris van Wyk

My aftrede in NGK Somerstrand begin naderkom. Ek tree einde Februarie 2023 af. Ek begin 1 Maart by Veritas College International as Director Ministry and Spiritual Formation. Ek sal by alle opleiding betrokke wees: die grondvlakfase (4 modules – dit kan ook oor zoom aangebied word, as jy belangstel), die voorgraadse opleiding sowel as die nagraadse opleiding.

Ek gee graag vir jou ‘n lys van 525 van my preke die afgelope 15 jaar. Dit is maklik om in hierdie dokument vir beide temas of tekste te soek. Dit is gratis en verniet.

Continue reading

PREKE – volgens Bybelboeke gerangskik

PREKE: 2008 TOT 2018

Hier is ‘n seleksie van 313 van my preke die afgelope dekade wat jy kan lees en selfs ook gebruik as dit van toepassing is in jou eie konteks. Die preke – meesal in die vorm van eredienste met die volle liturgie – strek van 2008 tot 2018 en is in omgekeerde datumvolgorde (nuutste eerste) geplaas. Die laaste een is op 30 Desember 2018 gelewer. Die preke daarna kan jy by ngkerksomerstrand bereik.

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.