Skip to main content

Die vooraf-bestaan van die siel

Ek het ’n navraag gekry oor die vooraf-bestaan van die siel al dan nie.

Dit is nie iets waaraan ek glo nie, hoewel daar baie is wat dit wel doen. My siening oor die vooraf-bestaan van die siel is dat ’n mens met bevrugting geskep word. Die mens bestaan uit ‘n geestelike en materiële kant.

Weens die sonde is die mens egter dood vir God en die ewige lewe. Met wedergeboorte word sy of haar gees/siel van bo-af gebore waardeur hulle die ewige lewe as geskenk van God ontvang. Die liggaam moet egter nog deur die proses van verandering gaan om ewig te lewe, wat óf deur die dood sal gebeur óf deur die wederkoms self.

God se Gees woon nou in ons om ons nie net aan God te verbind nie, maar ons ook in hierdie wêreld te gebruik om aan Hom eer te bring. Sy Gees is ook die waarborg dat ons met ons dood in gees/siel na Hom toe geneem sal word. Aan die einde van die tyd sal ons ‘n verheerlikte onverganklike liggaam ontvang wat met ons siel/gees verenig sal word.

Ek baseer dit op die siening van die Bybel dat die mens ‘n geskape wese is wat in tyd deur die normale prosesse van bevrugting en geboorte tot stand kom. Dit geld ook die siel. Die siel het nie ‘n vooraf-bestaan nie, altans nie volgens die Protestantse Bybelse kanon wat ons gebruik nie.

Continue reading

Vandag sal jy saam met my in die Paradys wees

Erkenning: Estelle – The Walk Into Nothingness

Die OT prentjie van die mens in Genesis 2:7 is dat God die mens uit die stof/materie van die aarde gevorm het, waarin Hy sy lewensasem (nishma nie ruah nie) geblaas het wat die mens ‘n lewende wese (nephesh, wat onder andere ook in die betekenis siel gebruik kan word) gemaak het. So verwoord Job dit ook (Job 32:8) sowel as Jesaja (Jes 37:7; 57:16). Die mens is dus gevorm uit geestelike/goddelike/nie-materiële en vleeslike/aardse/materiële elemente.

Op ander plekke word hierdie prentjie uitgebou deur te verwys ook na die gees van die mens wat saam met die siel die wese van die mens vorm. Dit is onderskeibaar van die liggaam (Job 12:10; Jes 42:5 wat ook met Gen 2:7 in verband staan), selfs in die ervaring van ‘n floute as die Bybel praat van die gees wat “terugkom” in ‘n mens (Jakob) as hy van ‘n groot skok herstel (Gen 45:27) of selfs as iemand (Simson) flou was van die dors en dit geles word ((Rigt 15:19).

Dit is hierdie geestelike deel van die mens wat na die ontmoeting met God verlang, en Hom soek, soos Jesaja so pragtig sê: “Met my siel begeer ek U in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U.” (Jes 26:9; vgl Job 7:11).

Spreuke sê in lyn hiermee dat dit die onderskeidende element van menswees is, want in die hande van God word die: “gees van die mens ’n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.” (Spr 20:27).

Continue reading

Waar gaan gelowiges na hulle dood?

Erkenning aan http://stirringsofthesoul.com

Inhoudsopgawe

  1. Mense wat sterf, gaan na die doderyk
  2. Die doderyk is ‘n put van vernietiging vir die goddeloses
  3. Die doderyk is ‘n plek van vrede vir die regverdiges
  4. Ontslape gelowiges is nou alreeds by die Here Jesus
  5. Die opstanding van die regverdiges
  6. Die getuienis van die Nederlandse Geloofsbelydenis
  7. Die getuienis van die Heidelbergse Kategismus

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders