Skip to main content

Die vooraf-bestaan van die siel

Ek het ’n navraag gekry oor die vooraf-bestaan van die siel al dan nie.

Dit is nie iets waaraan ek glo nie, hoewel daar baie is wat dit wel doen. My siening oor die vooraf-bestaan van die siel is dat ’n mens met bevrugting geskep word. Die mens bestaan uit ‘n geestelike en materiële kant.

Weens die sonde is die mens egter dood vir God en die ewige lewe. Met wedergeboorte word sy of haar gees/siel van bo-af gebore waardeur hulle die ewige lewe as geskenk van God ontvang. Die liggaam moet egter nog deur die proses van verandering gaan om ewig te lewe, wat óf deur die dood sal gebeur óf deur die wederkoms self.

God se Gees woon nou in ons om ons nie net aan God te verbind nie, maar ons ook in hierdie wêreld te gebruik om aan Hom eer te bring. Sy Gees is ook die waarborg dat ons met ons dood in gees/siel na Hom toe geneem sal word. Aan die einde van die tyd sal ons ‘n verheerlikte onverganklike liggaam ontvang wat met ons siel/gees verenig sal word.

Ek baseer dit op die siening van die Bybel dat die mens ‘n geskape wese is wat in tyd deur die normale prosesse van bevrugting en geboorte tot stand kom. Dit geld ook die siel. Die siel het nie ‘n vooraf-bestaan nie, altans nie volgens die Protestantse Bybelse kanon wat ons gebruik nie.

Daar is wel ‘n vooraf-bestaan van die siel in die Joodse boek, die Wysheid van Salomo, uit die 2de eeu vC, oorspronklik geskryf in Grieks. In hoofstuk 8:19-20 staan daar: “As a child I was naturally gifted, and a good soul fell to my lot; or rather, being good, I entered an undefiled body.” (NRSV). Dit vorm deel van die Rooms-Katolieke en ‘n paar ander kerke se kanon. Dit vorm natuurlik ook deel van die Joodse tradisies soos in die Talmoed en ander plekke verwoord.

Dié idee van die vooraf-bestaan van die siel is wel deur ‘n hele klomp kerkvaders gepropageer, onder andere Justinus die Martelaar en Origines, maar met die verloop van die eerste paar eeue nC bestry en deur die sinode van Konstantinopel in die 6de eeu nC verwerp (The International standard Bible encyclopedia).

Tog is die idee van die vooraf-bestaan van die siel deur mense soos Immanuel Kant en ander laat herleef veral met verwysing na Jeremia 1:5. Hoewel dit ‘n aantreklike interpretasie is van die vers, gaan dit na my mening te ver met die Bybelse gegewens.

Daar staan in Jeremia: “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy en jou as profeet vir die nasies aangestel.” (Jer 1:5).

Dit is verseker ‘n diepsinnige en lewensveranderende gedagtes om oor na te dink. God skep Jeremia volgens die beeld en bedoeling wat Hy van hom het en voer dit deur met Jeremia se vorming in die moederskoot en daarbuite vir die roeping wat God vir hom het.

Maar dit veronderstel nie ‘n vooraf-bestaan van die siel nie. En dit is die enigste plek waar ‘n verwysing hierna in die Bybel wat ons gebruik, voorkom.

Ek dink Dawid se beskrywing van sy eie skepping is die teks waaraan ons as ‘n voorbeeld vir elkeen van ons moet vasgryp. Hoewel sy skepping as ‘n skepping in tyd beskryf word, met geen vooraf-bestaan van die siel nie, voer hy ons mee met die asemrowende gedagte van God se betrokkenheid by ons ontstaan. ‘n Gedagte waaroor ons gereeld persoonlik moet nadink sowel as wanneer ons oor ander mense dink, om die betekenis wat God heg aan elkeen van sy skepsels na waarde te skat.

Dit lui só:

U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is. Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! As ek hulle sou wou opnoem — hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.” (Ps 139:13-18).


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda