Skip to main content

Die eerste beginsel van Skrifuitleg

Skrif moet Skrif uitlê!

9436-santo-ireneuDie eerste dogmatikus van formaat was Ireneaus (130-202 n.C.).  So word hy deur een van die groot dogmatici van die vorige eeu, Emil Brunner, beskryf.  Hy kon op weergalose wyse verbande lê tussen waarhede: Sê Emil: “No other thinker was able to weld ideas together which others allowed to slip as he was able to do, not even Augustine or Athanatius.” Verstommende twintigste eeuse eer aan ’n tweede eeuse denker!

En geen wonder nie.  Hierdie pastor en biskop van Lyons in Frankryk is die vernaamste rede waarom die kerk van sy tyd, en tot vandag toe nog, nie in die populêre dwaallering van die Gnostisisme verval het nie.  Irenaeus het ’n vyf volume werk geskryf: Detection and Refutation of What is Falsely Called “Knowledge”, of soos dit veral bekend geword het, Against Heresies.

In boek twee, Slaying the Dragon, wys hy nie net die basis van die problematiek van die Gnostisisme uit nie, maar ook hoe dit oorwin kan word.  Die Gnostiek se vreemde idees oor die skepping wat sleg is, en daarom dat ons fisiese liggame verwerplik is, dat Christus nie regtig mens geword het nie, maar “passed through Mary just as water flows through a tube”, dat Jesus nie aan die kruis gesterf het nie, maar een in sy plek gesterf het, kom uit ’n verwarde lees en interpretasie van die Bybel.  Die teks van die Bybel word verander deur ander idees daarin in te lees en/of verwerp deur die boodskap daarvan te ignoreer.  So raak hulle: “perverters, abusers, and evil interpreters of the Scriptures.”

Irenaeus stel daarom die Skrif-deur-Skrif beginsel as die fundamentele manier waardeur ’n mens enige dwaalleer in die kiem kan smoor.  Skrif moet Skrif uitlê. Dit is waar alle goeie eksegese en hermeneuse begin.  Dit staan direk teenoor enige poging om nie-Skriftuurlike beginsels op die Skrif van toepassing te maak waardeur die boodskap daarvan verdraai en verketter word.

Soos Michael Reeves dit in sy uitstekende Theologians you should know, sê:

“Irenaeus argues, the root of the problem lay in how the Gnostics read Scripture. He suggests that they treated Scripture like a mosaic, taking whichever tiles they liked and rearranging them to come up with whatever image they fancied, so transforming the original picture of, say, a king, into something entirely different, perhaps that of a dog or fox. They are thus, he says, perverters, abusers, and evil interpreters of the Scriptures. Yet how exactly they are so is vital for Irenaeus. The reason they warp Scripture is that they read it based on non-scriptural principles, forcing it to fit into an alien mold. Scripture cannot be so read, according to Irenaeus; rather, Scripture can be understood only by Scripture. No other knowledge, theological system, or oral tradition can accurately mediate the true meaning of Scripture.”

Sela.

Hoe lees ons die verhale in die Bybel?

Bybelskool.com bydrae grafika
Bybelskool.com

Prof. Bethel Müller onderskei drie aspekte van verhale soos dié in Genesis wat ons in gedagte moet hou in ons lees daarvan.  Verhale het:

  • ‘n Verwysende karakter – ons lees in die Genesis-verhale van die geboorte-ervaringe van die geloof, die oorsprong van geloof. Dit help ons dus verstaan wat gebeur in die God-mens-verhouding.
  • ‘n Onmiddellike karakter – ons kan onsself herken in die verhale, trouens moet onsself identifiseer met die geloofsverhale sodat ons kan deelneem in die werklikheid waarvan dit ons vertel.
  • ‘n Illustratiewe karakter – ons hoor in die verhale nuwe lewensmoontlikhede wat ons uitnooi om ons eie oorspronklike geloofservaringe te beleef. Die verhale in Genesis is as’t ware “lewensgroot” illustrasies wat die drakrag en handelingskrag van die geloof aandui.

Ons mag dus op geen manier hierdie verhale vervang met ons eie weergawe daarvan waarin net die “boodskap” daarvan belangrik is nie.  Ons mag nie die verhale reduseer tot een of meer belangrike dogmatiese boodskappe vir vandag nie.  Ons mag ook nie die verhale ontmitologiseer van hulle konkrete historisiteit, sodat ons uiteindelik net met ons eie weergawe daarvan sit nie.

Vra prof. Bethel: “Is dit nie vreemd dat ons in die prediking ons teologiese samevatting, definisie en beredenering van die teks eerder vertrou as die vorm waarin die Heilige Gees dit Self aan ons gegee het nie?” (bl 13).

Hy maak daarom ‘n sterk saak daarvoor uit dat die eksegese van verhalende tekste soos Genesis daarom die literêre dimensies van die tekste, die plot, karakters en situasie, moet ontdek en analiseer.  Hermeneuties moet ons daarna die vraag vra hoe die hoorder van die verhale vandag kan identifiseer met die fokuspunte of koördinate wat uit die teks na vore kom.

Ons moet in ons besig wees met die teks die punt ontdek waar die verhaal van die teks insny op ons verhaal, in ons ervaringsveld; die punt waar die teks ‘n transparant word vir vandag wat óns verhaal ‘n nuwe inleiding kan gee, sodat óns verhale beslissend verander en beïnvloed kan word; waar ons verhale ‘n nuwe rigting kry.

Burger, C.W. & B.A. Müller, D.J. Smit, 1988.  Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale.  Woord teen die Lig II/3.  N G Kerk-Uitgewers: Kaapstad.

Die hermeneutiese probleem

wpid-photo-jul-5-2011-449-pm
Baie hermeneute gebruik Gadamer se “two horizons” as model om verstaan as ‘n “versmelting van horisonne” uit te druk. Dié grafika druk iets daarvan uit.

Prof. Hennie Rossouw skets alreeds veertig jaar gelede in 1979 die hermeneutiese probleem in die lees van antieke tekste.  Hy formuleer die hermeneutiese probleem as die vraag: “Hoe lees ons ’n teks?” Dit is dus iets anders as om te vra: “Wat sê die teks?” Laasgenoemde vraag is gemik op inhoud.  Eersgenoemde vraag is gemik op toepassing.  Prof. Hennie se Referaat is hierby ingesluit vir dié wat meer wil lees (dankie Pieter Roux!).

Calvyn sou sê dit is die verskil tussen die simplex sensus (literêr-historiese betekenis) van die teks en sy usus (toepassing).

Prof. Hennie bespreek drie maniere waarop ’n mens die teks kan lees, fundamentalisties, wetenskaplik, en hermeneuties.

Continue reading

Geloofsbelydenisse verwoord die konsensus van die Christelike gemeenskap deur die eeue

Ek kry van tyd tot tyd navrae oor geloofsvrae wat met die Godheid van die Vader, Seun en die Heilige Gees verband hou, sowel as ander vraagstukke wat mense graag wil hê dat ek vir hulle opklaar.  Ek antwoord wanneer ek kan, en plaas dit dan ook op dié webtuiste.

‘n Mens kan egter baie leer by die konsensus wat in die Christelike gemeenskap oor die eeue bereik is oor allerlei.  Dit is vervat in geloofsbelydenisse wat weliswaar soms onderling verskil – ons dink immers nie dieselfde oor alles nie – maar ‘n goeie basis vir jou gee om jou eie standpunt te vorm oor die sake wat in die Bybel oor God en geloof aangeraak word.

Hier is daarom ‘n paar skakels na van die geloofsbelydenisse deur die eeue wat jou kan begelei in jou denke:

Continue reading

Onlangse kommentaar