GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium
Paulus skryf hierdie omsendbrief aan die gemeentes in die etnies-geografiese gebied Galasië in die suide van Turkye. Dit is die jaar 50 n.C.
Dit tref ‘n mens dat die sentrale boodskap van die Reformasie 16 eeue later duidelik in die brief ingebed lê. Uit die Reformasie is vyf solas gebore waarmee die boodskap daarvan opgesom kan word: Solus Christus, (Alleen Christus), Sola fide (alleen deur geloof), Sola scriptura (alleen die Bybel), Sola gratia (alleen uit genade), en Sola Deo gloria (alleen eer aan God).
Dit is ook wonderlik om juis die samehang van dié sentrale leerstukke van die geloof in Paulus se argumentasie raak te sien. Daarom gaan ek dit as uitgangspunt gebruik vir die indeling van die prediking. Die vyf solas is uiteraard verweef met mekaar, omdat hulle as ’n eenheid verstaan moet word, maar dit gee ons ‘n invalshoek om die boodskap van die brief nuut te kan hoor.
Ons begin met Galasiërs 1 waar Paulus inval met die boodskap: Daar is geen ander evangelie nie.
Onlangse kommentaar