Skip to main content

Pinkster 2017 in Blancogemeente George

Blancogemeente in George het my genooi om Pinkster te hou aan die hand van die oorhoofste tema: “Kyk na die Woord“. In my voorbereiding het ek begin fokus op die brief aan die Galasiërs. Groot was my opgewondenheid toe ek agterkom dat die sentrale boodskap van die Reformasie rondom die vyf solas duidelik in die brief van Galasiërs ingebed lê:

Daarom gaan ek dit as uitgangspunt gebruik vir die prediking vir Pinkster 2017 soos in my preektemas hieronder gesien kan word. My gebed is dat ons almal saam Paulus se boodskap hierdie Pinkster goed sal hoor. Daar is geen ander evangelie nie. Solum Euangelium.

GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium
GALASIËRS 2 – Christus leef in my – Solus Christus
GALASIËRS 3 – Ons is kinders van God deur geloof – Sola Fide
GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura
GALASIËRS 5 – Ons leef deur die Gees – Sola Gratia
GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste – Soli Deo Gloria

Jy kan my boekie hier aflaai wat ek daar gaan gebruik.

Die preke sal geplaas word soos ek dit lewer.  Geniet!

GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium

Paulus skryf hierdie omsendbrief aan die gemeentes in die etnies-geografiese gebied Galasië in die suide van Turkye.  Dit is die jaar 50 n.C.

Dit tref ‘n mens dat die sentrale boodskap van die Reformasie 16 eeue later duidelik in die brief ingebed lê. Uit die Reformasie is vyf solas gebore waarmee die boodskap daarvan opgesom kan word: Solus Christus, (Alleen Christus), Sola fide (alleen deur geloof),  Sola scriptura (alleen die Bybel),  Sola gratia (alleen uit genade), en Sola Deo gloria (alleen eer aan God).

Dit is ook wonderlik om juis die samehang van dié sentrale leerstukke van die geloof in Paulus se argumentasie raak te sien.  Daarom gaan ek dit as uitgangspunt gebruik vir die indeling van die prediking.  Die vyf solas is uiteraard verweef met mekaar, omdat hulle as ’n eenheid verstaan moet word, maar dit gee ons ‘n invalshoek om die boodskap van die brief nuut te kan hoor.

Ons begin met Galasiërs 1 waar Paulus inval met die boodskap: Daar is geen ander evangelie nie.

Continue reading

GALASIËRS 2 – Christus leef in my – Solus Christus

Paulus gaan verder om sy evangelie te verduidelik, ‘n evangelie wat gebaseer is op Christus, en op Hom alleen, ‘n helder verkondiging van die fundamentele beginsel Solus Christus (alleen Christus).

Om aan te sluit by die boodskap van hoofstuk 1 wil ek egter eers ‘n paar verdere opmerkings maak oor hoe ons weet dat wat Paulus hier sê die regte evangelie is.  Ek het reeds vyf valse evangelies uitgespel wat in die res van die brief aan gespreek gaan word.  Maar, hoe onderskei ons die ware evangelie van die valse evangelies?

Ek dink daar is vyf maatstawwe wat ons kan aanlê.  Ek het dit ook in die boekie vir julle gegee.  Die vyf maatstawwe werk as ‘n eenheid, veral die eerste drie.  Die ander twee het meer met die praktyk te make.

Continue reading

GALASIËRS 3 – Ons is kinders van God deur geloof – Sola Fide

Maarten Luther skryf oor Paulus se skerp en sarkastiese toon in hoofstuk 3 dat ‘n mens ‘n soort “afstand en koelheid” opmerk by hom. Hy noem hulle nie sy broers en susters soos hy gewoonlik doen nie. Hy spreek hulle as “Galasiërs” aan om hulle te herinner aan hulle dwaasheid in geloof.  Hy wonder wie hulle “getoor het” om van die ervaring van die Gees se krag in hulle lewens wat deur geloof werk te eindig by die dwaasheid om deur die wet te probeer om hulle vlees in toom te hou.  Dit sal mos nooit werk nie!

Die rede vir sy skerp toon is dat dit nou maar eenmaal só is dat daar telkens slegte dinge is wat aan individuele Christene en selfs hele gemeentes bly vasklou. Die feit dat ‘n mens die genade van die Here ervaar het, verander jou nie skielik in ‘n nuwe en perfekte skepsel nie. Dele van die ou natuur en sy korrupte geaardheid bly voortbestaan. Die Gees van God kan nie alle menslike gebreke in jou met een slag oorwin nie. Heiligmaking duur tyd.

En dan kan jy die verkeerde keuse maak.  Jy kan dink dat die wet jou gaan help.  Maar Paulus wil dié gedagte in die kiem smoor.  Vandaar die beklemtoning van geloof as die enigste manier nie net om jou verhouding met God te herstel nie, maar ook op die pad van heiligmaking te vorder.

Kom ons lees wat Paulus hieroor skrywe:

Continue reading

GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura

Een van die groot ontdekkings van die Reformasie was om die Bybel boek vir boek te lees.  Die gebruik in die Middeleeue was om met ‘n teks of ‘n gedeelte daarvan te werk.  Dit is waarom ons op die hele brief aan die Galasiërs fokus en nie net ‘n gedeelte of ‘n teks uitlig en met dít as tema die boodskap bring nie.  Daar is natuurlik niks fout met ‘n tematiese boodskap nie.  Dit is verseker makliker om te verteer!  Maar, dan mis ‘n mens die diepgang van die Skrif, die fyn nuanses van die diep denke wat die Here deur sy Woord in ons wil stimuleer.

Dit is natuurlik baie meer uitdagend om só te lees, en julle sal kan getuig daarvan in hierdie Pinksterreeks!  Want, jy moet baie meer dinge inneem en in gedagte hou, sodat jy uit al die informasie wat Paulus hier gee, die lyn van sy argument kan begin volg en uiteindelik sin maak van wat hy vir ‘n mens wil sê.

Continue reading

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda