Skip to main content

Stiltetyd

PrintIn die derde kwartaal 2016 fokus ons gemeente op LUISTER.  Ons gaan weer soos in die verlede die ekumeniese RCL (Revised Common Lectionary) leesrooster volg.  Dit gee vir elke week vier teksgedeeltes: twee uit die OT en die Psalms, en twee uit die evangelies en die res van die NT.
STILTETYD: Lidmate word uitgenooi om die vier tekste vir die week in hulle stiltetyd te gebruik.  Ons gee vir elke teks die skakel na die ooreenstemmende bydrae op Bybelskool.com.  Die skakels met die bydraes is aan die onderkant van hierdie bydrae.  Jy kan dit direk daar lees elke oggend of al die skakels aflaai en vanaf jou rekenaar bereik.  Ons sal ’n boekie voorberei vir dié wat ’n gedrukte kopie verkies.  Jy kan by die kerkkantoor navraag doen.
KLEINGROEPE: Kleingroepe word uitgenooi om die fokusteks te gebruik wat ook vir die volgende erediens gebruik sal word.  Dit sal die vorige Sondag op die aankondigings verskyn.  ’n Voorlopige lys is hieronder ingesluit.  As metodiek stel ons voor dat die RUS, HOOR, LEEF luistersiklus gebruik word.  10 boekies met ’n leiersgids is beskikbaar by die kerkkantoor teen R50.
EREDIENSWERKGROEP: Lidmate word uitgenooi om Dinsdagaande 18:00 deel van ’n eredienswerkgroep te word vir hierdie kwartaal.  Ons gebruik die fokusteks om saam te luister en onderskei wat die Here se Woord vir ons as gemeente is.  Die vergadering vir die toepassingsgeleentheid vir ons kinders skuif na Woensdagoggend 08:30.
GAWES EN GEWOONTES: Lidmate word uitgenooi om Woensdagaande 18:00 by Ontdek jou Gawes (6 geleenthede) en daarna by die Bybelskool (bybelskool.com) oor Genesis in te skakel.  Daar word ook ’n nuwe Reisgenote (reisgenote.co.za) proses beplan waar ons geloofsgewoontes gaan inoefen op Dinsdagaande 19:00.
FOKUSTEKSTE: Die voorgestelde preektekste kom uit Kolossense, Jesaja, Jeremia, Lukas en 1 Timoteus.  Die res van die begeleidende tekste kom uit Hosea, Hebreërs, Filemon, en Lukas.  Daar is soos altyd 10 Psalms vir dieselfde tyd.
  1. 24 Julie 2016 Kolossense 2:6-15, (16-19); Hosea 1:2-10; Psalm 85; Lukas 11:1-13
  2. 31 Julie 2016 (Sendingweek) Kolossense 3:1-11; Hosea 11:1-11; Psalm 107:1-9, 43; Lukas 12:13-21
  3. 07 Augustus 2016 Jesaja 1:1, 10-20; Psalm 50:1-8, 22-23; Hebreërs 11:1-3, 8-16; Lukas 12: 32-40
  4. 14 Augustus 2016 Jesaja 5:1-7; Psalm 80:1-2, 8-19; Hebreërs 11:29-12:2; Lukas 12:49-56
  5. 21 Augustus 2016 Jeremia 1:4-10; Psalm 71:1-6; Hebreërs 12:18-29; Lukas 13: 10-17
  6. 28 Augustus 2016 (Barmhartigheidsondag) Lukas 14:1, 7-14; Jeremia 2:4-13; Psalm 81:1, 10-16; Hebreërs 13: 1-8, 15-16
  7. 04 September 2016 Lukas 14:25-33; Jeremia 18:1-11; Psalm 139:1-6, 13-18; Filemon 1-21
  8. 11 September 2016 1 Timoteus 1:12-17; Jeremia 4:11-12, 22-28; Psalm 14; Lukas 15:1-10
  9. 18 September 2016 1 Timoteus 2:1-7; Jeremia 8:18 – 9:1; Psalm 79:1-9; Lukas 16:1-13
  10. 25 September 2016 1 Timoteus 6:6-19; Jeremia 32:1-3a, 6-15; Psalm 91:1-6, 14-16; Luk 16:19-31

Stiltetyd skakels

Hier is die skakels na die stiltetyd gedeeltes.  Jy kan die hele lys hier aflaai: Stiltetyd skakels

Week 1: 17-24 Julie 2016

Week 2: 25-31 Julie 2016

Week 3: 01-07 Augustus 2016

Week 4: 08-14 Augustus 2016

Week 5: 15-21 Augustus 2016

Week 6: 22-28 Augustus 2016

Week 7: 29 Augustus-04 September 2016

Week 8: 05-11 September 2016

Week 9: 12-18 September 2016

Week 10: 19-25 September 2016

Jy kan ook meer lees oor die Bybelboeke wat ons dié kwartaal behandel by dié skakels:

  1. Kolossense;
  2. Jesaja as boek;
    1. Jesaja die profeet;
    2. Indeling van die boek Jesaja;
  3. Oorsig van die boek van die profeet Jeremia;
    1. Inleiding op die boek Jeremia;
    2. Jeremia as priester-profeet;
    3. Jeremia as mens;
    4. Die konteks van Jeremia;
    5. Verwysings na Jeremia in die Bybel;
    6. Die boek Jeremia;
    7. Indeling van die boek Jeremia;
    8. Tentatiewe kronologie van die interaksie tussen Jeremia, Jojakim, Jojagin en Sedekia;
  4. Die evangelies se unieke Jesus portrette;
    1. Lukas as een van die drie Sinoptiese evangelies;
    2. Oorsig van Lukas;
  5. 1 en 2 Timoteus;
  6. Hosea – God volhard altyd in sy liefde;
  7. Inleiding op Hebreërs;
  8. Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers;
  9. Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe;
    1. Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke;
    2. Historiese raamwerk;
    3. Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms;
    4. Samestelling van Psalms 1-41;
    5. Digterlike taal;
    6. Psalms vir die lewe;
    7. Oor die liedere wat ons sing in die kerk;
    8. Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is;
    9. Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas;
    10. Inleiding op die 3de Psalmboek: Psalms 73-89;
    11. Indeling van die 3de Psalmboek;
    12. Hoe om die Psalms te lees;
    13. Inleiding op die 4de Psalmboek: Psalms 90-106;
    14. Die praktiese waarde van die Psalms;
    15. Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150).

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders