Skip to main content

Spreuke 1:1-7 – Ontsag vir die Here is die begin van kennis; wysheid en vermaning

17 Junie

Spreuke 1:1-7 – Ontsag vir die Here is die begin van kennis; wysheid en vermaning

1Die Spreuke van Salomo, seun van Dawid, die koning van Israel: 2om vertroud te raak met wysheid en vermaning, om woorde van insig te verstaan; 3om vermaning wat begrip kweek, te ontvang, begrip vir wat regverdig en billik en reg is; 4om onkundiges vernuf aan te leer, jongmense kennis en goeie oordeel 5– ‘n wyse sal luister en geleerdheid vermeerder, en ‘n verstandige sal leierskap verwerf – 6om ‘n spreuk en ‘n gesegde te begryp, die woorde van wyses en hulle raaisels. 7Ontsag vir die Here is die begin van kennis; wysheid en vermaning – net sotte verag dit.

Spreuke beklemtoon in die eerste plek dat wysheid van God af kom. In alles moet jy dus met God begin. Spreuke wil jou ‘n ekspert in die lewe maak. Die boek wil jou kapasiteit vir wysheid bou, sodat jy met wysheid kan optree. Dit sal jou help:

  • Om te weet wanneer iemand verstandig praat (Spr 1:2);
  • Om ‘n sin vir regverdigheid te ontwikkel (Spr 1:3);
  • Om met goeie oordeel op te tree (Spr 1:4);
  • Om tot dieper insig te kom (Spr 1:5-6);
  • Om nie toe te gee as daar verleiding of dwaasheid oor jou pad kom nie (Spr 1:7).

Die klem op kennis en goeie oordeel (oorleg) in vers 4 tref ‘n mens. Let op dat dit nie teoreties bedoel word nie, maar prakties. Dit gaan ook nie net oor kennis as sodanig nie, maar oor kennis en goeie oordeel. Oordeel kan ook vertaal word met onderskeiding of beraadslaging. Dit veronderstel ’n deurdink van die implikasies en betekenis van kennis, en dit ook nie net op jou eie nie, maar saam met ander, soos Spreuke ook in hoofstuk 11:14 nog verder in terme van leiers en die gemeenskap sal beredeneer. Kennis en goeie oordeel is dus nodig om reg te kan optree. Hierdie tipe wysheid is vir die lewe saam met ander bedoel! Dieselfde geld ‘n sin vir regverdigheid en billikheid in vers 3. Dit is iets wat jy aanleer. Dit is iets wat jy beoefen. Dit is iets waarin jy groei. Maar dit is ‘n leerervaring wat met die gemeenskap te make het. Dit is immers waar jy die regverdigheid moet beoefen. En dit is die basis van ’n goeie en behoorlike opvoeding – dat jy tereg kom in die gemeenskap met God en met ander.

Die eerste ding wat ‘n mens egter moet leer om hierdie tipe wysheid te bekom, begin nie met die gemeenskap as sodanig nie, maar met die “vrees van die Here“, wat in vers 7 vertaal word met “ontsag vir die Here.” Die tipe kennis wat Spreuke dink die moeite werd is, begin met die bewussyn en ontsag vir die Here. Sonder hierdie ontsag vir God raak jy eintlik self god en draai jou lewe te maklik net om jouself. Om die waarheid te sê, sonder ontsag vir God raak dit ook vir jou moeilik om na ander te luister, veral na die rolmodelle wat met ontsag vir God lewe. Peterson vertaal daarom vers 7 met: “Start with God—the first step in learning is bowing down to God.” (The Message). Dit is ook die oorhoofse beginsel vir alles wat Spreuke gaan sê, en waarin die wysheid ook opgesluit lê. Soos kennis by die ontsag vir die Here begin, so begin wysheid ook daarmee (vgl Spr 9:10). Spreuke moedig jou dus aan om beproefde wysheid te beoefen. Beproefde wysheid bring insig, onderskeiding en oorleg. Besluit om die beproefde wysheid van Spreuke jou gedagtes en gedrag te laat vorm.

Lees meer: https://bybelskool.com/spreuke-11-33-begin-met-god/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.