Skip to main content

Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie, dan was ons lewens oorweldig

16 Julie

Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie, dan was ons lewens oorweldig

1‘n Pelgrimslied. Van Dawid. As die Here nie vir ons was nie – laat Israel dit sê – 2as die Here nie vir ons was toe mense teen ons opgestaan het nie, 3dan het hulle ons lewendig ingesluk toe hulle toorn teen ons ontbrand het; 4dan het die water ons oorspoel, ‘n stroom ons oorweldig; 5dan het die tierende waters ons lewens oorweldig. 6Die Here moet geprys word, Hy wat ons nie as prooi aan hulle tande oorgegee het nie. 7Ons, net soos ‘n voël het ons ontvlug uit die net van voëlvangers: Die net is gebreek en ons, ons het ontvlug. 8Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Dit is een van die vreugdes van die lees van die Psalms om jou te probeer indink in die omstandighede waarin dit die eerste keer gesing is. Want dit gee jou ‘n beter idee van hoe dit ook op jou eie lewe van toepassing is. ‘n Mens kan jou voorstel dat dié Psalm aan die einde van ‘n gevaarlike tog gesing is. Die gevare is getrotseer en die belydenis dat die Here vir hulle was, het geblyk nie net teoreties waar te wees nie, maar in die praktyk van die lewe. Hulle voel soos ‘n klomp voëls wat in ‘n net vasgevang was, maar die net is gebreek en hulle kon ontvlug. Nou is hulle hier in Jerusalem by die tempel en die liturg begelei hulle om die vreugde van verlossing te bely: “laat Israel dit sê”. En almal neem die refrein waarmee die liturg begin op, en sê saam met hom: “As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk toe hulle toorn teen ons ontbrand het.

Die verlossing van die Here was in situasies van opstand en woede waar dit gevoel het asof hulle lewendig ingesluk word in ‘n vernietigende konflik, asof ‘n stroom tierende waters besig was om hulle lewens te oorweldig. Maar, nou kan hulle hier in die tempel die Here kom prys dat Hy hulle nie oorgegee het aan die verskeurende tande van woedende mense nie, en hulle laat ontvlug het van die valstrik wat vir hulle gespan is. Daarom kan hulle met nog meer oorgawe bely: “Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.” Inderdaad!

Onthou, elke keer dat jy weer ‘n predikant dié vers hoor opsê aan die begin van ‘n erediens, dít is die agtergrond van dié belangrike bevestigende belydenis. God se hulp kom IN die konflik van die lewe tot sy reg. En ons almal kan daarvan getuig, waar ons getrou bly aan die Here, ons oë gerig is op sy hand (Ps 123:2), ons in afhanklikheid van Hom lewe. As die Here nie vir ons was nie, dan was ons lewens oorweldig.

Lees meer: https://bybelskool.com/psalm-124-as-die-here-nie-vir-ons-was-nie-dan-het-hulle-ons-lewendig-ingesluk/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.