Skip to main content

Prontuit die Waarheid – Boek

Bestel die Boek

Bestel die eBoek

Opsomming van die boek

As iemand jou vra: “Wat glo jy van Jesus?” kan jy gemaklik sy storielyn en boodskap oordra? In volgorde? Sy kinderjare. Sy reise. Sy gesprekke. Sy wonders, woorde en werke. Sy boodskap en betekenis. Dit is nie só eenvoudig nie, nè?

Ek het daarom ‘n opeenvolgende kronologiese sinopsis van die volle teks van die vier Evangelies geskep om jou daarmee te help – Lukas, Markus, Matteus en Johannes. My boek fokus op ‘n vers-vir-vers kommentaar op die teks en konteks, sowel as op die betekenis en boodskap van elke perikoop.

Die volle Bybelteks uit die  bronteksgeoriënteerde Afrikaanse Standaard Vertaling (CUM), in vloeiende, goed verstaanbare Afrikaans, is ingesluit, sodat jy die teks en die verklaring as ‘n eenheid in een boek kan lees. Daar is ook ‘n handige indeks van die volgorde van my indeling van al die perikope van die Evangelies ingesluit.

Die boek is bedoel vir Bybelstudie. Jy kan dit gebruik vir jou stiltetyd. Kleingroepe kan dit in hulle byeenkomste gebruik. Predikante kan die boek vir preke, reekse en Bybelskole gebruik. Jy is ook welkom om vrae te vra. Ek antwoord graag.

Chris van Wyk (0825749191 – acv.vanwyk@gmail.com).

Bestel die Boek by ProKurio

Bestel die eBoek

Prontuit die Waarheid – Week 48

In hierdie sessie gee ek die storielyn van Jesus tot dusver weer in ‘n kort 16 punt oorsig. Sy geboorteverhale tot by sy doop en versoeking. Sy aanvanklike bediening in Galilea tot by ekskursies na Tirus en Sidon, Dekapolis, Sesarea-Filippi terug tot in Kapernaum.

Ek het twee vrae gekry wat ek beantwoord:
• Hoekom was die dissipels bang om Jesus uit te vra oor sy dood?
• Hoe ontvang jy iemand in Jesus se Naam?

Ek bespreek Jesus se tweede aankondiging van sy dood en opstanding en sy lering dat grootheid in diens opgesluit lê.

Onthou die materiaal kan hier afgelaai word.

Jy kan steeds hier inskryf.

Prontuit die Waarheid – Week 47

Jy kan hierdie video van Woensdag 09:00 af kyk.

Hierdie week staan ons stil by Jesus se beskrywing van Johannes die Doper as Elia – Markus 9:9-13 en Matteus 17:9-13– sowel as die genesing van die seun wat erg gely het onder ‘n sterk demoon – soos aldrie sinoptiese evangelies dit vir ons vertel (Luk 9:37-43; Mark 9:14-29; Matt 17:14-20).

Die seun het simptome van epilepsie gehad en was ook doofstom, soos ons in Matteus se weergawe lees. Jesus genees dan die seun op die vader se versoek. Met hierdie verhaal nooi Jesus ons uit om op sy grootheid te vertrou in hulle werk.

Die vraag is nie of Jesus die seun kan genees nie. Die vraag is of die man dit glo, want alles is moontlik vir hom wat glo. Die verhaal nooi ons dus uit om die ware gestalte en gesag van Jesus na waarde te skat.

Prontuit die Waarheid – Week 46

Beskikbaar Woensdag 22 April van 09:00 af.

Ons fokus steeds op die Lydende Messias en die Lydende dissipels, soos Markus 8:34-9:1 en Matteus 16:24-28 dit vir ons vertel. Ons het verlede week na Lukas 9:23-27 se weergawe gekyk.

Ons staan ook stil by die berg van verheerliking – die berg Hermon in Sesarea-Filippi, ‘n streek wat met demoniese aktiwiteite geassosieer is, die noordelike rand van Basan, die “poorte van die doderyk – soos al drie sinoptiese evangelies daaroor skryf: Lukas 9:28-36; Markus 9:2-8 en Matteus 17:1-8.

Twee dinge staan vir my uit van hierdie wonderlike ervaring.

1. Die een is die plek waar die verheerliking gebeur. Die “poorte van die doderyk”. Dit wys onteenseglik dat die lig in die duisternis skyn en dat die duisternis die lig nie kan oorweldig nie.

2. Die ander is die heerlikheid wat Jesus en sy twee gespreksgenote – Moses en Elia – gedeel het. Dit is ook die heerlikheid wat ons beskore is, omdat ons in Jesus glo. Soos Paulus sê: “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.” (vgl Rom 8:18-39).

Onthou jy kan steeds inskakel en alle vorige gedeeltes by die argief bereik.

Prontuit die Waarheid – Week 45

Continue reading

Onlangse kommentaar