Skip to main content

Pinkster 2017 in Blancogemeente George

Blancogemeente in George het my genooi om Pinkster te hou aan die hand van die oorhoofste tema: “Kyk na die Woord“. In my voorbereiding het ek begin fokus op die brief aan die Galasiërs. Groot was my opgewondenheid toe ek agterkom dat die sentrale boodskap van die Reformasie rondom die vyf solas duidelik in die brief van Galasiërs ingebed lê:

Daarom gaan ek dit as uitgangspunt gebruik vir die prediking vir Pinkster 2017 soos in my preektemas hieronder gesien kan word. My gebed is dat ons almal saam Paulus se boodskap hierdie Pinkster goed sal hoor. Daar is geen ander evangelie nie. Solum Euangelium.

GALASIËRS 1 – Geen ander evangelie – Solum Euangelium
GALASIËRS 2 – Christus leef in my – Solus Christus
GALASIËRS 3 – Ons is kinders van God deur geloof – Sola Fide
GALASIËRS 4 – Ons is kinders van die belofte – Sola Scriptura
GALASIËRS 5 – Ons leef deur die Gees – Sola Gratia
GALASIËRS 6 – Ons dra mekaar se laste – Soli Deo Gloria

Jy kan my boekie hier aflaai wat ek daar gaan gebruik.

Die preke sal geplaas word soos ek dit lewer.  Geniet!


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar