Skip to main content

Maleagi 3:1-5 – God reinig en suiwer sodat ons aan Hom kan behoort

29 November

Maleagi 3:1-5 – God reinig en suiwer sodat ons aan Hom kan behoort

1“Kyk, Ek gaan my boodskapper stuur en hy sal ‘n pad voor My gereedmaak. Onverwags sal hy na sy tempel kom, die heer na wie julle soek, die boodskapper van die verbond na wie julle uitsien. Kyk, hy gaan kom,” sê die Here, Heerser oor alle magte. 2Wie kan die dag van sy koms verduur, wie kan staande bly wanneer hy verskyn? Ja, daardie dag is soos die vuur van die smelter en soos die loog van wassers. 3Hy sal gaan sit as iemand wat silwer smelt en suiwer. Hy sal die Leviete reinig en hulle soos goud en silwer suiwer. Hulle sal aan die Here behoort, en offers in geregtigheid bring. 4Dan sal Juda en Jerusalem se offers weer vir die Here aangenaam wees, soos in die ou dae, soos in vroeër jare. 5“Ek sal na julle toe kom vir die oordeel en Ek sal sonder om te huiwer ‘n getuie wees teen towenaars, egbrekers en wie vals sweer; teen hulle wat dagloners, weduwees en vaderlose kinders verdruk en hulle wat vreemdelinge wegwys en nie ontsag vir My het nie,” sê die Here, Heerser oor alle magte.

In hierdie tweede week van Advent lees ons Maleagi 3 wat fokus op die probleem wat die volk met God gehad het – sy oënskynlike gebrek aan optrede om iets aan die probleem van boosheid en onreg te doen. Dié vraag maak die Here egter skoon “moeg”, omdat dit só ver van die waarheid af is. God het nie verander nie – hulle het! Trouens, Hy sal reg laat geskied ten spyte van hulle ongeregtigheid. In hulle tyd. Soos die mense van Maleagi se tyd dit ervaar het met die hervormings van Esra en Nehemia.

Die Here se agent van verandering word egter ook in eskatologiese taal geskets. Sy boodskapper, sy verbondsengel, het die gesag en die mag om die volk te suiwer om die Here op die regte wyse te kan dien. In die NT word dié boodskapper met Johannes die Doper verbind (Mark. 1:2-3; Matt. 11:10,14). Hy het die weg voorberei vir die Messias wat die boosheid aan die kruis oorwin, en ‘n nuwe koninkryk aangekondig het.

Ons moet dus nie kyk na die relatiewe teë- of voorspoed wat ons of ander mense ervaar nie, maar eerder hierdie belofte van God omarm dat Hy uiteindelik alles sal regstel. Dan sal ons getrou kan bly, selfs al sien ons dat boosheid nog floreer in hierdie wêreld. Want, dit is mense vir wie die beloftes van God genoeg is, wat uiteindelik sal ervaar dat die Messias, die Here Jesus Christus, alles sal verander. Dit is op Hom en die sekerheid dat sy ewige koninkryk sal seëvier wat ons opnuut in hierdie Advent fokus.

Lees meer: https://bybelskool.com/maleagi-217-46-god-sal-reg-laat-geskied-ten-spyte-van-hulle-ongeregtigheid/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.