Skip to main content

Lukas 1:67-80 – God bewerk vir ons ‘n kragtige verlossing deur die Here Jesus

20 November

Lukas 1:67-80 – God bewerk vir ons ‘n kragtige verlossing deur die Here Jesus

67Sagaria, sy pa, is hierna met die Heilige Gees vervul en het geprofeteer en gesê: 68“Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het omgesien na sy volk en hulle bevryding bewerkstellig. 69‘n Kragtige verlossing het Hy vir ons bewerk uit die nageslag van Dawid, sy dienskneg, 70soos Hy reeds lank gelede by monde van sy heilige profete beloof het – 71verlossing van ons vyande en uit die hand van almal wat ons haat. 72Dit het Hy gedoen om ontferming aan ons voorvaders te bewys en sy heilige verbond in gedagte te hou, 73die eed wat Hy teenoor ons vader Abraham gesweer het, sodat ons, 74gered uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees sou dien, 75en al ons dae voor Hom in heiligheid en geregtigheid kan leef. 76En jy, kindjie, profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uitloop om sy paaie gereed te maak, 77en om sy volk in te lig dat hulle verlos kan word deur die vergewing van hulle sondes, 78danksy ons God se innige ontferming, waardeur die môreson uit die hoogte oor ons sal opkom, 79om te skyn oor diegene wat hulle in die duisternis en in die skadu van die dood bevind, en om ons voete op die pad van vrede te plaas.” 80Die kindjie het gegroei en sterk geword deur die Gees. Hy het in die woestyngebiede gewoon totdat hy in die openbaar voor Israel begin optree het.

Die profesie van Sagaria word deur die eeue die Benedictus genoem. Dit kom van die eerste woord van sy loflied in die Latynse vertaling: “Blessed be the Lord”. Sagaria profeteer onder leiding van die Heilige Gees:

  • oor die Verlosser wat volgens die belofte die volk weer toegewy (heilig) en opreg (regverdig) en sonder vrees vir hulle vyande sal laat lewe (1:68-75), en
  • oor die voorloper, Johannes (die naam beteken God is genadig), wat die pad vir Hom sal voorberei, interessant genoeg om hulle deur vergifnis en die lig wat Hy gee op die pad van vrede te laat loop (1:76-79).

Sagaria se loflied het ‘n aantal aanhalings of toespelings uit die Psalms (18:2; 105:8-9; 106:9-10; 148:4) en die profete, veral Jesaja (9:1-2; 11:1-10; 40:3). God kom hulle van hulle vyande verlos deur hierdie Verlosser. Hy sal hulle kom bevry van almal wat hulle haat, wat hulle verbintenis aan God wil verbreek. God kom hulle deur hierdie Verlosser bevry dat hulle Hom “sonder vrees kan dien met toewyding en opregtheid voor Hom.” “Al ons dae”! (vers 74-75) En hierdie toesegging gaan terug op die verbond met Abraham (Luk 1:73 – Gen 12:1-3; 17:1-27) en die belofte aan Dawid (Luk 1:69 – 2 Sam 22:3). Want aan hulle het God belowe dat Hy ‘n ruimte sal gee waar hulle God kan dien, sonder om bang te wees vir hulle vyande, waar hulle geseënd kan wees, en tot ‘n seën vir ander sal wees. God het belowe dat Hy sal afreken met die sonde, die vyand van binne.

Heilig en opreg – “met toewyding en opregtheid voor Hom” – dit is God se doel met sy volk. In ‘n noue verhouding met Hom, so heilig soos Hy is, en onberispelik na buite in die gemeenskap. Die feit dat Sagaria profeteer dat dié Verlosser uit die huis van Dawid sou kom, is betekenisvol, want dit versterk die idee dat Maria ‘n verbintenis met die stam van Juda gehad het. Dit beïnvloed die interpretasie van Jesus se geslagsregister, soos ons later gaan hanteer.

Daarvoor, sê Sagaria, het God hulle ook van hulle sonde kom verlos. Om hulle te leer hoe om uit die duisternis van die sonde, “die skaduwee van die dood” te beweeg na die pad van vrede, waarin hulle sonde vergewe is, en hulle in die lig van die Môreson, ‘n beskrywing van die Here Jesus (Mal 4:2; 2 Pet 1:19), kan lewe (vers 76-79). Vrede beskryf hier die kalmte van hart wat God bring, en die krag van oortuiging om sy wil te doen in die lewe. En Johannes sal die voorloper wees, die een wat die volk sal voorberei om die verlossing te ontvang wat die Messias sal bring.

Johannes het grootgeword en is geestelik versterk (bekragtig deur/in die g[G]ees). Dit kan geestelik of Geestelik verstaan word. Maar let op, dat sy openbare bediening eers gebeur op die tyd wat God bepaal. Daar is vir hierdie voorloper ’n tyd van voorbereiding nodig soos dit ook was met heelwat ander Godsfigure, Moses en Dawid in die OT, en in die NT, Jesus en Paulus.

Lees meer: https://bybelskool.com/lukas-11-56-twee-godsmanne-word-vir-twee-godsvroue-belowe/


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Beloftes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…