Skip to main content

Jesus gee die Gees sonder maat

Ek is getref vanoggend in Johannes 3:31-36 deur die wonderlike beskrywing van Jesus wat die Gees sonder maat gee aan elkeen wat in Hom glo. Dit is die basis van ons ervaring van die ewige lewe wat nou reeds begin. Die oorvloed wat God gee, vul my met ontsag en met vreugde.

Ek het ‘n bietjie navorsing gedoen oor wat presies in vers 34 oor die Gees gesê word, en deel dit graag met julle.

Die vers lui in Grieks:

ὃν γὰρ ἀπέστειλεν ὁ θεὸς τὰ ῥήματα τοῦ θεοῦ λαλεῖ, οὐ γὰρ ἐκ μέτρου ⸀δίδωσιν τὸ πνεῦμα.” (Joh 3:34).

Letterlik vertaal:

Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God, want (Hy) gee die Gees sonder maat.

Die vraag is watter “Hy” ter sprake is, ‘n woord wat nie in die Grieks voorkom nie, maar veronderstel word. Dui dit op God óf op Jesus? Albei is grammatikaal moontlik.

Vertalings kies een van drie maniere om die “Hy” te vertaal.

1. Die meeste Afrikaanse vertalings vertaal Johannes 3:34 asof die “Hy” na God verwys. Dit is dus God wat die Gees vir Jesus gee:

God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.” (NAV; ook OAV, NLV en NTK).

So doen die NIV dit ook, hoewel ‘n voetnoot aandui dat hulle “God” vertaal waar daar net “Hy” veronderstel word:

For the one whom God has sent speaks the words of God, for God (he) gives the Spirit without limit.” (NIV; ook die NLT, NCV, GW, ISV, KJV en NKJV).

2. Die RSV vertaal dit dubbelsinnig. Die “Hy” kan na God óf Jesus verwys:

For he whom God has sent utters the words of God, for it is not by measure that he gives the Spirit.” (RSV).

3. Talle nuwer Engelse vertalings vertaal dit egter asof die “Hy” na Jesus verwys:

For the one whom God has sent speaks the words of God, for he does not give the Spirit sparingly.” (NET Bible).

For he whom God has sent utters the words of God, for he gives the Spirit without measure.” (ESV).

For He whom God has sent speaks the words of God; for He gives the Spirit without measure.” (NASB).

He whom God has sent speaks the words of God, for he gives the Spirit without measure.” (NRSV).

For the one whom God sent speaks the words of God, for he does not give the Spirit by measure.” (LEB).

Ek skaar my by laasgenoemde in my eie interpretasie, veral omdat die volgende vers in elk geval sê:

Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.” (Joh 3:35).

Die feit dat die Gees egter sonder maat gegee word – of dit nou deur God is aan Jesus, of deur Jesus aan ons – is wat my veral tref. Die frase οὐ ἐκ μέτρου (letterlik: “sonder maat“) was ‘n idioom wat gebruik is om ‘n oorvloedige gawe aan te dui.

Soos Louw-Nida dit in hierdie konteks vertaal:

‘he doesn’t hold back at all when he gives the Spirit’ or ‘he gives the Spirit in an abundant way.’

Inderdaad. Dit is ‘n belofte wat my uiters opgewonde maak oor wat God alreeds gedoen het deur sy Gees. En wat Hy nog gaan doen!


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda