Jesus gee die Gees sonder maat

Ek is getref vanoggend in Johannes 3:31-36 deur die wonderlike beskrywing van Jesus wat die Gees sonder maat gee aan elkeen wat in Hom glo. Dit is die basis van ons ervaring van die ewige lewe wat nou reeds begin. Die oorvloed wat God gee, vul my met ontsag en met vreugde.

Ek het ‘n bietjie navorsing gedoen oor wat presies in vers 34 oor die Gees gesê word, en deel dit graag met julle.

Die vers lui in Grieks:

ὃν γὰρ ἀπέστειλεν ὁ θεὸς τὰ ῥήματα τοῦ θεοῦ λαλεῖ, οὐ γὰρ ἐκ μέτρου ⸀δίδωσιν τὸ πνεῦμα.” (Joh 3:34).

Letterlik vertaal:

Want Hy wat God gestuur het, spreek die woorde van God, want (Hy) gee die Gees sonder maat.

Die vraag is watter “Hy” ter sprake is, ‘n woord wat nie in die Grieks voorkom nie, maar veronderstel word. Dui dit op God óf op Jesus? Albei is grammatikaal moontlik.

Vertalings kies een van drie maniere om die “Hy” te vertaal.

1. Die meeste Afrikaanse vertalings vertaal Johannes 3:34 asof die “Hy” na God verwys. Dit is dus God wat die Gees vir Jesus gee:

God het Hom immers gestuur, en Hy spreek die woorde van God, want God gee Hom sy Gees sonder enige beperking.” (NAV; ook OAV, NLV en NTK).

So doen die NIV dit ook, hoewel ‘n voetnoot aandui dat hulle “God” vertaal waar daar net “Hy” veronderstel word:

For the one whom God has sent speaks the words of God, for God (he) gives the Spirit without limit.” (NIV; ook die NLT, NCV, GW, ISV, KJV en NKJV).

2. Die RSV vertaal dit dubbelsinnig. Die “Hy” kan na God óf Jesus verwys:

For he whom God has sent utters the words of God, for it is not by measure that he gives the Spirit.” (RSV).

3. Talle nuwer Engelse vertalings vertaal dit egter asof die “Hy” na Jesus verwys:

For the one whom God has sent speaks the words of God, for he does not give the Spirit sparingly.” (NET Bible).

For he whom God has sent utters the words of God, for he gives the Spirit without measure.” (ESV).

For He whom God has sent speaks the words of God; for He gives the Spirit without measure.” (NASB).

He whom God has sent speaks the words of God, for he gives the Spirit without measure.” (NRSV).

For the one whom God sent speaks the words of God, for he does not give the Spirit by measure.” (LEB).

Ek skaar my by laasgenoemde in my eie interpretasie, veral omdat die volgende vers in elk geval sê:

Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.” (Joh 3:35).

Die feit dat die Gees egter sonder maat gegee word – of dit nou deur God is aan Jesus, of deur Jesus aan ons – is wat my veral tref. Die frase οὐ ἐκ μέτρου (letterlik: “sonder maat“) was ‘n idioom wat gebruik is om ‘n oorvloedige gawe aan te dui.

Soos Louw-Nida dit in hierdie konteks vertaal:

‘he doesn’t hold back at all when he gives the Spirit’ or ‘he gives the Spirit in an abundant way.’

Inderdaad. Dit is ‘n belofte wat my uiters opgewonde maak oor wat God alreeds gedoen het deur sy Gees. En wat Hy nog gaan doen!


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (7)

  • Beleef vanoggend Natures Valley se natuurskoon. Die mooi van die perfekte oggend is ook so sonder maat. God gee “abundant”. Sonder maat beteken vir my ook dat Hy nie tel hou nie. Seën, liefde, vrede en genade kom vanuit ‘n onuitpitbare bron – God – Ek as mens sukkel soms dit term onuitpitbaar te verstaan.

  • Baie dankie Chris vir hierdie woord.

    Ek waardeer dit baie en as Leek beteken dit so Baie. Ek het onlangs na die stelling “Krag van God” soos in Matt 22:29 gebruik, gaan kyk en tot die slotsom gekom dat dit na die Heilige Gees verwys. Dis dieselfde Gees wat Jesus uit die dode opgewek het en waarna Paulus ook in Ef. 1:19 verwys.

    n Nuwe Vraag: Wat beteken die woord God? Dit word deesdae oorlan gebruik om almal te akkomodeer. Vir die Christen: Jeus. Vid die Moslem: Alah. Vir die Hindo: Chrisna. Vir die Jood: JHWH. Wat beteken dit eintlik?

    Kan jy moontlik vir ons iets saamstel mbt Hebrew en Grieks as vewysing?

    Baie dankie weereens.

    • Hi Deon. Dankie!

      Die “krag van God” in Matteus 22:29 verwys na God die Vader se vermoë om Jesus uit die dood op te wek (vgl 1 Kor 6:19), ‘n vermoë wat Jesus, verstommend genoeg, self ook het (Joh 10:17-18). Hierdie opstanding word op sy beurt ‘n krag in ons eie lewe (Fil 3:10), soos jy tereg opmerk.

      Daar is vier maniere waarop die krag van God geïdentifiseer word in die Bybel.

      1. Die krag van God word eerstens met die Gees geïdentifiseer met die optrede van Miga in die OT (Mig 5:8) sowel as met die bevrugting van Maria met Jesus in die NT (Luk 1:35). God werk dus deur sy krag, dit is die Gees. Dit word ook spesifiek gekontrasteer met ons eie krag (Sag 4:6).
      2. Maar hierdie krag is ook iets wat die Gees self het en uitoefen in Jesus met die begin van sy bediening (Luk 4:14; Hand 10:38). Hy oefen dieselfde krag ook uit in gelowiges se lewe (Hand 1:8; Rom 15:13,19; Gal 3:3; Ef 3:16; 2 Tim 1:7; Jud 20).
      3. Dit raak nog meer interessant, deurdat Paulus ook praat van Jesus wat sy krag uitoefen in ons (1 Kor 5:3).
      4. En dat die evangelie in ons eie mond ‘n krag word wat in gelid met die Gees oortuiging bring vir mense (1 Tess 1:5). Ons oefen dus ook in ‘n sekere sin die krag van God uit in ons gehoorsaamheid aan die woord van die lewe.

      Die krag van God is dus sy eie krag, sowel as die Gees as uitvoerder daarvan. Die Gees – gegewe dat Hy self God is, en ‘n persoon in eie reg – het ook sy eie krag, soos Jesus dit ook het. Hulle is na alles Een Wese, drie Persone. En ons deel in daardie krag, oefen daardie krag uit, as ons God gehoorsaam! Die sleutels van die hemel is immers aan ons toevertrou (Matt 16:19)!

      Oor die name van God. Ek sal moontlik later meer daaroor skryf, maar vir nou net dit. Die algemene naam vir god/God is eintlik in alle tale dieselfde. In Hebreeus El en Elohim en in die Grieks Theos. In Arabies is dit Allah, wat dus nie spesifiek die god van die Moslems aandui nie, maar net die Arabiese woord vir god. Die Arabiese vertaling van die Bybel vertaal die naam van God dus ook met Allah.

      Die verskil kom by die besondere naam vir God. Dit is waar die verskil is. Jahwe is die OT persoonsnaam vir God. Jesus is die NT persoonsnaam vir God. Die Heilige Gees is natuurlik ook ‘n persoonsnaam vir God. En dan is daar die name van God wat soms titels is, en ander kere beskrywings.

      Hier is ‘n paar opmerkings daaroor:

      • Here” (Jahwe)is by verre die naam wat die meeste vir God in die OT gebruik word. Sy Persoonsnaam oorheers dus die verwysings na Hom.
      • God as die “Here God” (Jahwe Elohim), die “Allerhoogste” (Êljôn) en die “Almagtige” (Shaddai) is die drie eienskappe van God wat in die OT die meeste vir Hom gebruik word.
      • Dat God die een van die “leërskare” is, wat die hemelse leër aanvoer, is ook ‘n baie belangrike perspektief wat uit sy beskrywings kom.
      • God as die “Gees” word relatief minder genoem, en die meeste kere eintlik met God self geïdentifiseer.
      • Jesus word uitruilbaar met God “Here” (Kurios – dit is die Grieks vir Jahwe) genoem in die NT. Dit bevestig sy Godheid.
      • Soms word van God se OT kenmerke aan Jesus gekoppel, bv “Almagtige“, wat nogal besonders is.
      • Uitbreidings van sy naam soos “Jahwe Jirreh” – die Here voorsien – is ook waardevol, en daar is baie!
  • Baie dankie Chris. Ek waardeer dit baie.

    Dit gaan slegs oor die Nuwe Wereld Godsdiens wat slegs die woord God gebruik om almal te akkomodeer, maar vir ons behoort die woord “Here” dan direk te verwys na die Skepper, Almagtige, Liefdevolle Godheid wat alles vir ons is. Vader, Jesus en Heilige Gees.

  • Dankie vir hierdie verduideliking. Ons doen Johannes Evangelie in ‘n bybelstudie groep en dit was nogal moeilik om die ‘sonder maat’ reg te verstaan.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d