2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie
Let op hoe God se werk en dié van die gelowiges saamwerk om hulle standvastig te maak.
Aan die een kant het die Here hulle lief, het God hulle uitverkies en gered deur sy Gees. Aan die ander kant is hulle gered deurdat hulle die waarheid glo.
Netso het God hulle geroep deur die evangelie om deel te hê aan Jesus se heerlikheid. Maar Paulus roep hulle ook op om standvastig vas te hou aan die leer wat hy aan hulle verkondig het.
Soos iemand gesê het: “Werk asof alles van jou afhang, dan sal jy agterkom dat alles van God afhang.” Dit is ons troos en hoop.
Omdat vandag en môre relatief korter gedeeltes is, kan jy kies om oor ‘n woord of frase dieper na te dink, bv. “Wees dan standvastig” … of “(ek het) ‘n blywende troos en goeie hoop”.
Onlangse kommentaar