Skip to main content

Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep

My reis met die Bybelskool het nou gevorder tot by die punt dat daar oor elke hoofstuk van die Bybel ‘n bydrae is. Ek is só dankbaar daaroor. En dankie vir almal wat die reis – of dit nou van die begin af was, of eers reg aan die einde – met my meegemaak het. Ek waardeer elke oomblik daarvan.

Die Woord is ‘n huis om in te woon. Dit is my leuse. En ek wil jou uitnooi om nooit te stop in jou lees, luister en leef met die Woord nie.

Kies dus vir jou opnuut ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep. Kies uit die lys van Bybelboeke in die spyskaart aan die regterkant van die skerm.

Onthou die metodiek van Lees (die teks), Luister (ook na my skryfwerk), en Leef (wat wil die Here daardeur bereik).

Lees bv die Pentateug deur: GenesisEksodusLevitikusNumeriDeuteronomium.

Of kies die Twaalf Kleiner Profete, of Paulus se dertien briewe (Romeine1 en 2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 en 2 Tessalonisense1 en 2 TimoteusTitusFilemon), of Markus in vergelyking met die ander evangelies. Die res kan jy hier bereik.

Besluit vooraf hoeveel hoofstukke jy per week gaan lees. Die eerste week kan jy die inleiding(s) lees van bv Genesis, en die volgende week begin met die werklike Bybellees werk, ‘n hoofstuk per dag. Moenie meer as vyf hoofstukke ‘n week probeer lees nie, anders kan die uitdaging te veel raak. Gebruik onderstaande metodiek van lees, luister, en leef.

Indien julle dit as ‘n groep wil lees, kan julle die volgende metodiek volg:

Voorbereiding

Laat elkeen by die huis hierdie metodiek gebruik vóór julle as groep bymekaar kom. As julle 5 hoofstukke ‘n week wil vorder, moet elkeen 5 tye (‘n halfuur behoort genoeg te wees) uitsit (jou stiltetyd bv) om elke hoofstuk met die onderstaande metodiek deur te lees:

  1. LEES – Raak stil voor die Here. Lees die hoofstuk deeglik deur. Let op vir temas in die gedeelte. BELANGRIKE VRAE: 1) Wat sê dit van God? 2) Wat sê dit van mense? 3) Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutel gedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het oor die relevante hoofstuk (Jesaja, Jeremia, Esegiël, Daniël of die Psalms – reeks [Psalms 1-41Psalms 42-72Psalms 73-89Psalms 90-106Psalms 107-150] of die Wysheidsliteratuur [SpreukePredikerHooglied] ensomeer) en dink na oor wat jou daarin tref.
  2. LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur jou leeswerk wil sê. Waar raak dit jou lewe in die praktyk? BELANGRIKE VRAE: 1) Wat vra dit van jou? 2) Wat belowe dit vir jou? 3) Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe?
  3. LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid vir ‘n paar minute in stilte (of met musiek). Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

Kleingroep

As jy gelukkig genoeg is om die Bybel in ‘n kleingroep te lees, laat elkeen die bogenoemde metodiek by die huis volg in voorbereiding vir die groepbyeenkoms. Gebruik dan die volgende proses vir julle byeenkoms:

  1. LEES – Raak stil voor die Here. Laat elkeen een kort teksgedeelte voorlees uit die hoofstukke wat julle gelees het, en deel wat hom of haar daarin getref het. Gebruik julle joernale. Deel dan met mekaar watter temas julle raakgesien het in die onderskeie bydraes. Watter ander gedagtes wil julle byvoeg? BELANGRIKE VRAE: 1) Wat sê dit van God? 2) Wat sê dit van mense? 3) Wat sê dit van die wêreld?
  2. LUISTER – Dink na oor wat God vir julle as groep deur al die gedagtes wil sê. Waar raak hierdie gedagtes julle lewe in die praktyk? BELANGRIKE VRAE: 1) Wat vra dit van julle? 2) Wat belowe dit vir julle? 3) Wat moet julle dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir julle lewe?
  3. LEEF – Besluit hoe julle daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Doen ook voorbidding. Geniet Sy teenwoordigheid deur ‘n paar minute stilte te gee (musiek sal ook goed werk!). Laat die boodskap wat God julle gee met julle saamgaan tot die volgende byeenkoms. Leef dit uit.​

Ten slotte; Onthou, dit is belangriker om die Bybel self te lees en na God te luister as wat dit is om ‘n metodiek te volg of my stof te lees. God seën dié wat moeite maak met sy Woord.​


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders