Kies ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep

My reis met die Bybelskool het nou gevorder tot by die punt dat daar oor elke hoofstuk van die Bybel ‘n bydrae is. Ek is só dankbaar daaroor. En dankie vir almal wat die reis – of dit nou van die begin af was, of eers reg aan die einde – met my meegemaak het. Ek waardeer elke oomblik daarvan.

Die Woord is ‘n huis om in te woon. Dit is my leuse. En ek wil jou uitnooi om nooit te stop in jou lees, luister en leef met die Woord nie.

Kies dus vir jou opnuut ‘n Bybelboek en werk dit deur – self of met ‘n groep. Kies uit die lys van Bybelboeke in die spyskaart aan die regterkant van die skerm.

Onthou die metodiek van Lees (die teks), Luister (ook na my skryfwerk), en Leef (wat wil die Here daardeur bereik).

Lees bv die Pentateug deur: GenesisEksodusLevitikusNumeriDeuteronomium.

Of kies die Twaalf Kleiner Profete, of Paulus se dertien briewe (Romeine1 en 2 KorintiërsGalasiërsEfesiërsFilippenseKolossense1 en 2 Tessalonisense1 en 2 TimoteusTitusFilemon), of Markus in vergelyking met die ander evangelies. Die res kan jy hier bereik.

Besluit vooraf hoeveel hoofstukke jy per week gaan lees. Die eerste week kan jy die inleiding(s) lees van bv Genesis, en die volgende week begin met die werklike Bybellees werk, ‘n hoofstuk per dag. Moenie meer as vyf hoofstukke ‘n week probeer lees nie, anders kan die uitdaging te veel raak. Gebruik onderstaande metodiek van lees, luister, en leef.

Indien julle dit as ‘n groep wil lees, kan julle die volgende metodiek volg:

Voorbereiding

Laat elkeen by die huis hierdie metodiek gebruik vóór julle as groep bymekaar kom. As julle 5 hoofstukke ‘n week wil vorder, moet elkeen 5 tye (‘n halfuur behoort genoeg te wees) uitsit (jou stiltetyd bv) om elke hoofstuk met die onderstaande metodiek deur te lees:

  1. LEES – Raak stil voor die Here. Lees die hoofstuk deeglik deur. Let op vir temas in die gedeelte. BELANGRIKE VRAE: 1) Wat sê dit van God? 2) Wat sê dit van mense? 3) Wat sê dit van die wêreld? Soek vir een sleutel gedagte wat jou besonderlik tref. Skryf dit in jou joernaal neer. Lees dan wat ek geskryf het oor die relevante hoofstuk (Jesaja, Jeremia, Esegiël, Daniël of die Psalms – reeks [Psalms 1-41Psalms 42-72Psalms 73-89Psalms 90-106Psalms 107-150] of die Wysheidsliteratuur [SpreukePredikerHooglied] ensomeer) en dink na oor wat jou daarin tref.
  2. LUISTER – Dink na oor wat God vir jou deur jou leeswerk wil sê. Waar raak dit jou lewe in die praktyk? BELANGRIKE VRAE: 1) Wat vra dit van jou? 2) Wat belowe dit vir jou? 3) Wat moet jy dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir jou dag en lewe?
  3. LEEF – Besluit hoe jy daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Skryf dit in jou joernaal. Geniet Sy teenwoordigheid vir ‘n paar minute in stilte (of met musiek). Laat die boodskap wat God jou gee met jou saamgaan deur die dag. Leef dit uit.

Kleingroep

As jy gelukkig genoeg is om die Bybel in ‘n kleingroep te lees, laat elkeen die bogenoemde metodiek by die huis volg in voorbereiding vir die groepbyeenkoms. Gebruik dan die volgende proses vir julle byeenkoms:

  1. LEES – Raak stil voor die Here. Laat elkeen een kort teksgedeelte voorlees uit die hoofstukke wat julle gelees het, en deel wat hom of haar daarin getref het. Gebruik julle joernale. Deel dan met mekaar watter temas julle raakgesien het in die onderskeie bydraes. Watter ander gedagtes wil julle byvoeg? BELANGRIKE VRAE: 1) Wat sê dit van God? 2) Wat sê dit van mense? 3) Wat sê dit van die wêreld?
  2. LUISTER – Dink na oor wat God vir julle as groep deur al die gedagtes wil sê. Waar raak hierdie gedagtes julle lewe in die praktyk? BELANGRIKE VRAE: 1) Wat vra dit van julle? 2) Wat belowe dit vir julle? 3) Wat moet julle dink of doen daarmee? Wat is die kern van die boodskap van dié teks vir julle lewe?
  3. LEEF – Besluit hoe julle daarop gaan reageer. Sê dit vir die Here in gebed. Doen ook voorbidding. Geniet Sy teenwoordigheid deur ‘n paar minute stilte te gee (musiek sal ook goed werk!). Laat die boodskap wat God julle gee met julle saamgaan tot die volgende byeenkoms. Leef dit uit.​

Ten slotte; Onthou, dit is belangriker om die Bybel self te lees en na God te luister as wat dit is om ‘n metodiek te volg of my stof te lees. God seën dié wat moeite maak met sy Woord.​


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (6)

  • Chrisjou bydraes is van ontskatbare waarde.
    Ek het elke lesing en is besig om dit deur te werk. Kannie wag vir die aande nie. Ek werk bo in Wes Afrika en het baie stiltyd in die aand.
    My vrou is in die Bosveld. Ek stuur vir haar elke keer haar deel. Sy vind dit ook baie leersaam. Sy is besig met Spreuke en sê jou metode het vir haar nuwe ligte laat flikker in die verstaan van die woord.

    Die Here se seën op jou en jou familie.

    Liefde groete.

    Herman en Louise

    • Hi Herman (en Louise). Dit gee my só ‘n groot vreugde om sulke getuienisse te hoor. Ek was weg met ‘n Retraite vir ‘n paar dae om vir Pinkster voor te berei. Een van die helder dinge wat ek daar gehoor het, is om met hierdie tipe werk voort te gaan. My hele lewe is gefokus daarop om die skatte van die evangelie soos God dit vir ons in die Woord gegee het, vir mense oop te maak. Ek is tans besig met al die beloftes van God in die Bybel, en dit is ‘n ongelooflike studie. Ek gaan met Pinkster uiteraard daaraan aandag gee, maar sal van tyd tot tyd insigte hier pos. Mag die Here jou seën daar in Wes-Afrika, en jou vrou hier in die Bosveld. Jou lig skyn ver!

  • Goeie dag.
    Eerstens wil ek my dank aan jou uitspreek vir jou unieke metode om die Bybelboeke so te ontleed. As gevold daarvan, het jy my so vasgevang in die Ou Testament dat ek nou ‘n groot liefde daarvoor ontwikkel het. Dit is nou maar net so – Die OT trek my aan en wil ek alles daarvan weet en leer. Ek wil weer die OT se boeke deurwerk maar let op dat jy nie by die pentateug begin het nie maar wel by die Samuel Boeke? Is daar ‘n spesifieke rede daarvoor?

    • Dankie Kobus! Eenvoudige rede. In die gemeente het ek by Genesis begin, maar eers my bydraes op die web begin plaas toe ek by die twee Samuel boeke gekom het. Ek het toe aan die einde weer teruggegaan na Genesis en dit deurgewerk op die web tot by Rigters. Maar, ek het ook ‘n bietjie rondgespring bv met die vyf Psalmboeke, en dit afgewissel met ander Bybelboeke.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: