Bybelskool

Numeri

‘n Kort inleiding

Numeri vertel die verhaal van Israel se 40 jaar trek deur die woestyn tot by die vlaktes van Moab. Tussen-in is daar ‘n paar aanvullende wette, voorskrifte en geslagsregisters.  Die Griekse titel is afgelei van woord Syfers.

Die boek is saamgestel rondom twee dele van die reisverhaal (die Hebreeuse titel בְּמִדְבַּר is gepas: “ In die woestyn”).

  • Die eerste deel (hfst. 1-14) vertel die verhaal van die trek van die volk van Sinai tot by die oostekant van die beloofde land.  Dit eindig met die gebrek aan vertroue van die volk in God om die land in te neem en die begin van die gevolglike verdere omswerwinge in die woestyn.
  • Die tweede deel (hfst. 15-36) fokus op kwessies van leierskap en priesterskap, met die gepaardgaande voorskrifte, ‘n aantal oorwinnings in die woestyn en eindig met die aankoms in Moab, oos van die Jordaan, en die voorbereiding van die tweede generasie om die beloofde land in te neem.

Die punt van die boek is dat die eerste Eksodus generasie hulle kanse verspil het om die beloofde land in te trek, dat dit hulle daarom ‘n leeftyd in die woestyn gekos het, en dat dit eers die tweede generasie sou wees wat die Intog beleef.

Riglyne vir deurlees

Let op na die volgende met die deurlees:

  • Die bepalende rol van die verbondsbeloftes in Genesis aan Abraham.  Dit is die dryfkrag agter die Eksodus en die uiteindelike Intog. Abraham se “saad” sal die beloofde land in besit neem.
  • Die tweede fase (eerste fase in Egipte – Eksodus) van die Heilige Oorlog wat geantisipeer word, waarin die volk, anders as in Egipte, nou ingespan word in die verowering.
  • Die twee sensus lyste van die weerbare manne van die twee verskillende generasies (hfst. 1-2 en 26-27) se betekenis met die oog op die Intog. Let ook op hoe die volk rondom die tabernakel opgestel word.
  • Die primêre fokus op die regte verhouding met God wat met sy teenwoordigheid in hulle midde en die regte manier om Hom te aanbid, te make het.
  • Die Israeliete se voortdurende klagtes en ongehoorsaamheid.  Die uiteindelike Intog het meer met God se beloftes en voorsiening te make, as met die getrouheid en gehoorsaamheid van sy volk.
  • Let ook op na die onderonsies met ander volke (bv. Edom) wat die latere geskiedenis van konflik tussen Israel en hulle omliggende bure verduidelik.

Beplanning

Ek beplan om Numeri in die vierde kwartaal 2017 hoofstuk vir hoofstuk deur te lees. Ek begin DV 24 Julie 2017.

     

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie. Waardeer, André!

  • Avatar

    Andre Bower

    |

    Ek dink werklik Somerstrand Gemeente is inderdaad bevoorreg om leraars soos julle te he. Ek bid dat die Here julle voortdurend sal versterk om altyd vreesloos te spreek soos die Heilige Gees die woord in jul harte plaas.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Jan. Ek is bly! Moet sê, dit was een van die moeilikste take wat ek al op my geneem het. Maar dit was die moeite werd. Groete.

  • Avatar

    Jan Fielies

    |

    Baie dankie Chris vir die wonderlike Bybelstudie oor Esegiel . Dit het my baie gehelp om ‘n werkstuk te voltooi in my opleiding .

  • Avatar

    DINA BALZAR

    |

    EK WIL WEET OF DIT N MOET IS DAT MY TIENDES MOET BETAAL TERWYL EK SWAAR TREK AAN MY FINANSIES.KAN DIE HERE VIR MY OPENBAAR WAT IS DIE REGTE DING ASB

  • Avatar

    Neels Hubinger

    |

    Dagsê Chris, ek is telkens in my lees en oordenking van jou studies, beskrywings en toepassings vasgevang in die grootheid van God se plan met sy gelowiges…! Dankie vir jou kennis, toewyding en betekenisvolle lering deur passievolle omgang met God se Woord. Dit is voorwaar ‘n heerlike “reis” deur die Pentateug. Seën en vrede vir jou.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Maandeliks is goed, omdat dít is hoe jy betaal word. Sakemanne en boere gee baie keer jaarliks wanneer hulle inkomstestaat afgehandel word. Doen soos die Here jou in jou hart lei.

  • Avatar

    ANNA

    |

    Ek wil weet wanneer ek my tiende moet betaal. Is dit 1 keer per jaar(wanneer ek bonus kry) of elke maand, wanneer ek my salaris kry? Ek wil graag weet, sodat ek reg voor die Here moet doen( ek gee bonusmaand 10de daarvan en elke maand gee ek dankoffer). Dankie .

  • Avatar

    Jurie

    |

    Numeri was vir nog nog altyd ‘n boek met ‘n paar belangrike gebeurtenisse, en met groot dele tussenin wat vir my vreemd, verwyderd en onbelangrik gelyk het. Ek sien uit om dit in hierdie reeks beter te ontgin en verstaan. Dankie vir die geleentheid.

%d bloggers like this: