Filemon – Versoening tussen werkgewers en werknemers
Paulus skryf hierdie persoonlike brief (weereens saam met Timoteus) aan Filemon, een van die geestelike leiers van die gemeente in Kolosse (Filemon 2; Kol 4:9). Sy slaaf, Onesimus, het hom op een of ander manier benadeel en toe gevlug. Onesimus se pad het in Rome met Paulus in die gevangenis gekruis. Hoe dit presies gebeur het, weet ons nie, maar die resultaat van dié ontmoeting was dat Onesimus tot bekering gekom en in Jesus Christus begin glo het. Hoewel Onesimus van veel nut vir Paulus self kon wees, het Paulus egter besluit om hom eerder terug te stuur sodat hy met Filemon versoen kan word. Vandaar dié brief in die vroeë sestiger jare nC waarin hy die situasie tussen die twee gelowiges wou uitsorteer tot almal se bevrediging. Dit gee ons ‘n baie interessante perspektief op hoe verhoudinge tussen gelowige werkgewers en werknemers behoort te werk.
Onlangse kommentaar