Skip to main content

LUKAS 3:23-38 – Jesus se geslagsregister verbind hom aan Adam, die seun van God

23En Jesus self was omtrent dertig jaar toe Hy begin het, en was, soos gemeen is, die seun van Josef, seun van Eli,

24seun van Mattat, seun van Levi, seun van Melgi, seun van Jannai, seun van Josef,

25seun van Mattatias, seun van Amos, seun van Nahum, seun van Hesli, seun van Naggai,

26seun van Mahat, seun van Mattatias, seun van Semeïn, seun van Josek, seun van Joda,

27seun van Johanan, seun van Resa, seun van Serubbabel, seun van Sealtiël, seun van Neri,

28seun van Melgi, seun van Addi, seun van Kosam, seun van Elmadam, seun van Er,

29seun van Josua, seun van Eliëser, seun van Jorim, seun van Mattat, seun van Levi,

30seun van Simeon, seun van Juda, seun van Josef, seun van Jonam, seun van Eljakim,

31seun van Melea, seun van Menna, seun van Mattata, seun van Natan, seun van Dawid,

32seun van Isai, seun van Obed, seun van Boas, seun van Sala, seun van Nagson,

33seun van Amminadab, seun van Admin, seun van Arni, seun van Gesron, seun van Peres, seun van Juda,

34seun van Jakob, seun van Isak, seun van Abraham, seun van Tera, seun van Nahor,

35seun van Serug, seun van Rehu, seun van Peleg, seun van Heber, seun van Sala,

36seun van Kenan, seun van Arpagsad, seun van Sem, seun van Noag, seun van Lameg,

37seun van Metusalag, seun van Henog, seun van Jered, seun van Mahalalel, seun van Kenan,

38seun van Enos, seun van Set, seun van Adam, seun van God.

Teks en konteks

3:23a Jesus is omtrent dertig jaar oud wanneer Hy met sy bediening begin, sê Lukas. As ‘n mens sy geboorte in min of meer 5 vC plaas, is Jesus waarskynlik ‘n paar jaar ouer as dertig, tussen 32-34 jaar oud.

Die ouderdom 30 is egter betekenisvol gegewe die ooreenkomste met van die priesters, konings en profete in die OT. Die Leviete het in die OT op ouderdom 25 begin om diens te lewer (Num 8:24), maar eers op ouderdom 30 volle verantwoordelikheid geneem. Hulle moes op 50 aftree (Num 4:3; 8:25). So was Dawid ook 30 jaar oud toe hy koning geword het (2 Sam 5:4). Ons lees ons ook van die profeet Esegiël dat hy dertig jaar oud was met die aanvang van sy bediening (Eseg 1:1).

3:23b-38 ’n Paar opmerkings oor hierdie geslagsregister van Jesus:

Op die oog af verbreek die geslagsregister in Lukas (Luk 3:23-38) die doop- en versoekingsverhale (Luk 4:1-13), wat kronologies verbind word (Luk 4:1). Die doel is egter om Jesus op ‘n dubbele wyse as die Seun van God aan te dui. Aan die een kant is Hy deel van die menslike geslagsregister wat by Adam begin en ook ‘n “seun van God” was. Aan die ander kant is Hy die Een wat God aandui as sy Seun, soos dit net hierna by die doop sal gebeur. Die geslagsregister gaan daarby nie net terug tot by Abraham nie – soos Matteus s’n in omgekeerde volgorde doen – maar tot by Adam.

Hierdie verbintenis aan die Adamitiese geslagsregister legitimeer terselfdertyd die verbintenis van Jesus aan alle mense, nie net aan die Jode nie. Dit sou ‘n baie belangrike perspektief wees waardeur die hele sending na die heidene gelegitimeer is. Die boodskap van Jesus wat eerste aan die herders gebring is, en hierna aan die hele Israel, moet ook tot aan die eindes van die wêreld, na al die heidene van al die nasies gebring word, want Jesus is familie!

Die verskille tussen die twee geslagsregisters van Lukas en Matteus is op talle maniere deur die geskiedenis verklaar. Ek fokus op twee verskille.

Die eerste verskil is relatief maklik. Matteus noem vir Salomo en Lukas vir Natan as Dawid se kinders. Dit kan verklaar word deurdat Matteus ‘n koninklike lyn volg met Salomo se insluiting in sy geslagsregister (Matt 1:6). Lukas volg weer ‘n biologiese lyn deurdat hy Salomo se broer, Natan, insluit (Luk 3:31). Dit beteken die verskil is teologies en pas in by die doel wat die skrywer met die geslagsregister het.

‘n Moeiliker een om op te los, is die feit dat Matteus ‘n Jakob as Josef se pa noem, en Lukas ‘n Eli. Daar is talle verklarings deur die eeue gegee. Hier is twee wat jy kan oorweeg om sin te maak daarvan:

  • Die oudste verklaring is dié van die kerkvader Africanus in die 3de eeu nC. Hy het die verskil verklaar aan die hand van die gebruik van ‘n leviraatshuwelik. Eli was volgens hom kinderloos en ná sy dood het sy broer Jakob Josef se biologiese pa by Eli se vrou geword. Dit het beteken dat Eli Josef se wettige pa was, al was hy uiteraard al dood. Dit is hoe die familiereg daardie tyd gewerk het. Matteus noem dus die biologiese pa van Josef, Jakob, en Lukas die wettige pa, Eli, in hulle onderskeie geslagsregisters. Augustinus het met ‘n soortgelyke verklaring gewerk in die 4de eeu nC.
  • Die ander gewilde verklaring was dié van Johannes van Damaskus in die 8ste eeu nC dat Eli Maria se pa was en dat hy dus as Josef se skoonpa in die geslagsregister ingeskryf is. Dit kan beteken dat Lukas se geslagsregister biologies eintlik dié van Maria is. Daar is egter geen ander interne gegewens in die Bybel wat dit bevestig nie.

Betekenis en boodskap

  1. Hierdie geslagsregister deurbreek enige idee dat Jesus net die Verlosser van die Jode, of selfs van die nasate van Jode is. Jesus is die Verlosser van die wêreld. Sy verlossing het betekenis vir elkeen wat deel is van die mensdom. In Adam deel ons in die wel en wee van die mensdom. Adam is die “seun van God”. Ons erfenis van en in Adam sluit egter die sonde en die straf op die sonde in. In Jesus deel ons in die verlossing wat Hy bewerk het vir die mensdom. Hy is ook die “Seun van God”, maar met ‘n groot verskil. Ons erfenis van en in Hom sluit die vergifnis en heiligmaking van die sonde in (Rom 5:12-21). Loof Hom vandag daarvoor.

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Jesus se geboorte en kinderjare


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda