Jesus se geboorte en kinderjare – lees die verhaal in die Evangelies saam met my deur
Die verhaal van die geboorte en kinderjare van Jesus Christus word in die NT as ‘n historiese werklikheid begrond. Daarmee word die betroubaarheid van die verhaal van Jesus se menswording bevestig. Met hierdie boek kan jy die begin van die storielyn van Jesus volg soos dit in die Evangelies aangebied word, sy geboorte en kinderjare. Die Bybeltekste is kronologies gerangskik. Daar is telkens deeglike opmerkings oor die teks en konteks sowel as oor die boodskap en betekenis. Begrond hiermee jou geloof weer op die historiese werklikheid van die Seun van God wat ons Verlosser is. Die tekste is in 22 perikope verdeel wat jou in staat stel om dit gedurende die tyd van Advent tot by Kersfees deur te lees. Eerste bydrae word 28 November 2025 geplaas.
-
Registreer by Bybelskool.com as jy die bydraes daagliks via e-pos wil ontvang
-
Registreer by hierdie skakel as jy die bydraes daagliks via Whatsapp wil ontvang
-
Laai die boek af in pdf formaat as jy dit op jou rekenaar wil lees
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Elma Bosch
Ds Chris ek wil graag die boek “Jesus se geboorte en kinderjare” download maar die link werk nie, of is dit dalk ek?
Chris van Wyk
Hi Elma, dankie dat jy laat weet. Ek het dit reggestel. Hier is die skakel: https://bybelskool.com/wp-content/uploads/2025/11/Jesus-se-geboorte-en-kinderjare-vir-2025.pdf