Bybelskool: Paulus se briewe aan die Tessalonisense en die Korintiërs
Hierdie kwartaal fokus ons op Paulus se eerste vier briewe: 1 en 2 Tessalonisense en 1 en 2 Korintiërs. Ek beplan om in die eerste sessie eers die verhaal van die twee gemeentes in Handelinge te hanteer, om uit daardie hoek dan weekliks na Paulus se briewe te kyk. Dit laat ‘n mens die briewe met baie meer perspektief lees. Soos altyd, sal ek weekliks ‘n bydrae by die webtuiste lewer. KLIK HIER VIR DIE LEESPLAN EN AL DIE BYDRAES.
Onthou om te registreer.
Die voordeel is dat jy met registrasie ingeskryf word om die bydraes outomaties per e-pos te ontvang.
Onthou ook om elke keer in te teken as jy die webtuiste besoek. Dan kan jy kommentaar lewer sonder om weer al jou detail in te vul, en sal jou bydrae onmiddellik geplaas word. Ek moet net die eerste kommentaar goedkeur.
Ek begin die 21ste Julie met die eerste bydraes. Die eerste sessie sal Woensdag 28 Julie om 18:30 wees. Vir die Somerstranders: ons het nie weer ‘n ete nie – Baie jammer!
Ek hoop dat jy die 4 briewe van Paulus saam met my gaan lees. Ek sien uit daarna om saam met jou nuwe insigte in hierdie belangrike vestigingsfase van die kerk te kry. En soos altyd, hoop ek dat die Here self ‘n pad met jou sal stap in jou refleksie daaroor, soos hy inderdaad dit ook met my doen. KLIK HIER VIR DIE LEESPLAN EN AL DIE BYDRAES.
Ek kan nie wag om te begin nie!
Groete
Chris van Wyk
NGK Somerstrand
NGK Somerstrand Blog (vorige tuiste van die Bybelskool)