Hooglied 1:12-2:7 – Wedersydse geborgenheid, tuiswees, bevestiging en opwinding
Indeling
Die indeling van die onderskeie gedigte is redelik voor die hand liggend, behalwe dat vers 17 ook goed sou pas in die man se mond. Dit is gegiet in die vorm van ‘n gesprek tussen die man en vrou.
Betekenis
Die klem op die sintuiglike kant van hulle liefde vir mekaar word in hierdie gedigte voortgesit. Al 5 sintuie is betrokke:
- voel (linkerarm onder my kop, regterarm omhels – 2:6),
- sien (jy is mooi, jou oë is duiwe – 1:15),
- hoor (soos ‘n lelie tussen dorings; soos ‘n appelbooom tussen wilde bome – 2:2-3),
- proe (sy vrugte is soet in my mond – 2:3),
- ruik ( my nardusparfuum se geur versprei; die man … is vir my ‘n sakkie mirre; is vir my ‘n bos hennablomme – 1:12-14).
Die vergelykings met sintuiglike items het egter ook ‘n dieper betekenis. Dit wys ook wat hulle beteken vir mekaar:
Onlangse kommentaar