Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe
Kolossense
Die gemeente van Kolosse is waarskynlik nie deur Paulus gestig nie (Kol 2:1), hoewel hy op ‘n keer deur die landstreek van Frigië, waar hulle geleë was, gereis het (Hand 16:6). Hulle was egter duidelik sterk onder sy invloed. Epafras wat van Kolosse af was – en ook Paulus se medewerker – was moontlik die skakel tussen hulle, en ‘n moontlike stigter van die gemeente (Kol 1:7; 4:12). Die stad was geleë naby Efese in Klein-Asië (160 km na die ooste), in die suid-weste van wat vandag as Turkye bekend staan. Hulle was ook nou verbind aan die naburige gemeentes in Laodisea en Hiërapolis (4:13,15).
Onlangse kommentaar