Rut 2 – God bewys sy trou aan lewendes en dooies

‘n Baie vernuftige skrywer is hier aan die werk wat hierdie toneel op ‘n besondere wyse aan mekaar sit.

Let op hoe die ontmoeting met Boas geantisipeer word in vers 1 – in Bethelehem was daar ‘n vermoënde familielid van Naomi aan haar oorlede man Elimelek se kant, Boas.  Hy kon dus as losser optree (vers 20).  Geen wonder dat Rut uiteindelik juis vir hom raakloop op die land terwyl sy are optel.

Terloops, die naaste manlike bloedverwant kon as losser (gô’ıl) optree in die geval van ‘n familielid wat sy grond verloor het (of as slaaf verkoop is).  Om die waarheid te sê, die wet het dit as sy plig uitgespel om die grond van ‘n familielid te koop, as dit in vreemde hande gekom het deur watter rede ook al (Lev 25:23–28, 47–55).  Daar was egter ‘n prosedure waarmee hy dit kon vermy (soos ons in hoofstuk 4 sal sien met die nader familielid).

Na hierdie inleiding verloop die gesprekke as volg (met ‘n stukkie kommentaar in vers 17-18) waarmee die ontmoeting tussen Boas en Rut uitgelig en beklemtoon word:

  • Rut en Naomi in gesprek (vers 2-3)
    • Boas en die snyers in gesprek (vers 4-7)
      • Boas en Rut in gesprek (vers 8-15a)
    • Boas en die snyers in gesprek (vers 15b-16)
  • Naomi en Rut in gesprek (vers 19-22)

Boas word as ‘n Godvresende man geteken word, wat sy snyers met respek en erkenning aan God hanteer, nie net as iemand wat vermoënd was nie.  Hy is ook gehoorsaam aan die wet.  Dit was juis een van die wet se riglyne, dat boere met die oes nie alles moet afhaal van die lande nie, sodat daar vir die armes iets sou oorbly om van te leef (Lev 19:19; Deut 24:19), soos Boas inderdaad doen.  Daarby het hy nie net ‘n oog vir die (mooi?)  vrou nie (“Wie is daardie meisie?” – sy naam beteken immers “vinnig”!), maar trek haar in sy beskerming in met opdragte aan sy werkers en die ekstra voorsiening van water, brood, wynsous en gebraaide koring en sorg dat hy in gesprek bly met haar.

Hy is ook ingelig oor Rut se keuse vir haar skoonma en vir God en prys haar daarvoor dat sy onder die vleuels van die Here God van Israel kom skuil het (vgl Psalm 91 – volgens die Talmoed ‘n Psalm van Dawid – wat met dieselfde beeld werk).

Naomi blyk ‘n fyn kenner van mense te wees, en reageer baie positief oor wat sy by Rut hoor oor die losser-familie lid van haar en moedig haar aan om die hele oestyd daar deur te bring.

Dit tref my dat sy raaksien dat die Here nie nalaat om sy trou aan lewendes EN dooies te bewys nie.  Wat Elimelek nie kon doen vir sy vrou en nageslag nie, wat ook sy twee seuns nie kon regkry nie, dit laat God gebeur vir hulle – voorsiening en versorging vir die weduwees.  God is inderdaad ook sy koning, soos Elimelek se naam sê.

Let ook op hoe die volgende toneel in hierdie boeiende verhaal geantisipeer word met die laaste sin: “Sy het nog by haar skoonma gewoon.”

View all posts in this series

Rut


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: