Skip to main content

Die Adventskrans

Die Adventskrans is ‘n gebruik wat in die 16de eeu by Lutherane sowel as Katolieke in Duitsland begin het. Daarmee word Advent ingelei, die seisoen waarin Christene hulleself geestelik voorberei om die koms van Jesus Christus met Kersfees te vier.

Die Adventskrans is ‘n sirkelvormige krans met immergroen takke en blare wat die ewigheid voorstel. Op die krans word tipies vier of vyf kerse gerangskik. Vier Sondae voor Kersfees begin die seisoen van Advent en word elke week een kers op die krans aangesteek. Elke kers verteenwoordig ‘n aspek van die geestelike voorbereiding op die koms van die Here Jesus Christus.

ADVENT 1 – HOOP

Die eerste kers, wat pers of blou is, simboliseer hoop. Dit word soms die “Profete Kers” genoem ter herinnering aan die profete, veral Jesaja, wat die geboorte van Christus voorspel het. Dit verteenwoordig die hoop wat gevoel word in afwagting van die komende Messias.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Paulus se brief aan die Romeine:

“En Jesaja sê ook: Die wortel van Ísai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop. En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!” (Romeine 15:12-13)

ADVENT 2 – GELOOF OF LIEFDE

Die tweede kers, ook pers of blou, verteenwoordig geloof of liefde. Dit word die “Betlehem Kers” genoem as ‘n herinnering aan Maria en Josef se reis na Bethlehem. Dit word soms ook die “Bybel Kers” genoem na aanleiding van die geloof en vertroue wat die Bybelverhale in ons skep.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Paulus se eerste brief aan Timoteus:

“En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.” (1 Tim 1:14)

ADVENT 3 – VREUGDE

Die derde kers is pienk en simboliseer vreugde. Dit word die “Skaapwagters Kers” genoem en is pienk omdat dit die liturgiese kleur vir vreugde is. Dit herinner ons aan die vreugde wat die herders op die velde ervaar het. Daarom word hierdie Sondag ook Gaudete genoem, vreugde.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Lukas waar hy Johannes die Doper se reaksie op Jesus:

“Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.” (Luk 1:44)

ADVENT 4 – VREDE

Die vierde kers, weer pers of blou, is die kers van vrede. Dit word die “Engele Kers” genoem na aanleiding van die engeleskaar wat gesing het van die vrede wat Christus se geboorte op aarde gebring het.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Matteus waar hy juis die engele se loflied weergee:

“En skielik was daar saam met die engel ’n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae!” (Luk 1:13-14)

KERSFEES – LIG

Die wit kers in die middel is die “Christus Kers” en verteenwoordig die lig wat Christus gebring het. Die kleur is wit is om Jesus se sondeloosheid en heiligheid uit te beeld en dat Hy ons witter as sneeu was (Jes 1:18). In Duitsland word hierdie kers Oukersaand aangesteek. Oukersaand word daarom ook “Heiligabend” genoem.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Johannes waar Hy Jesus se geboorte só aankondig:

“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” (Joh 1:4-5)


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda