Skip to main content

Die Adventskrans

Die Adventskrans is ‘n gebruik wat in die 16de eeu by Lutherane sowel as Katolieke in Duitsland begin het. Daarmee word Advent ingelei, die seisoen waarin Christene hulleself geestelik voorberei om die koms van Jesus Christus met Kersfees te vier.

Die Adventskrans is ‘n sirkelvormige krans met immergroen takke en blare wat die ewigheid voorstel. Op die krans word tipies vier of vyf kerse gerangskik. Vier Sondae voor Kersfees begin die seisoen van Advent en word elke week een kers op die krans aangesteek. Elke kers verteenwoordig ‘n aspek van die geestelike voorbereiding op die koms van die Here Jesus Christus.

ADVENT 1 – HOOP

Die eerste kers, wat pers of blou is, simboliseer hoop. Dit word soms die “Profete Kers” genoem ter herinnering aan die profete, veral Jesaja, wat die geboorte van Christus voorspel het. Dit verteenwoordig die hoop wat gevoel word in afwagting van die komende Messias.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Paulus se brief aan die Romeine:

“En Jesaja sê ook: Die wortel van Ísai sal daar wees, en Hy wat opstaan om oor die nasies te heers, op Hom sal die nasies hoop. En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!” (Romeine 15:12-13)

ADVENT 2 – GELOOF OF LIEFDE

Die tweede kers, ook pers of blou, verteenwoordig geloof of liefde. Dit word die “Betlehem Kers” genoem as ‘n herinnering aan Maria en Josef se reis na Bethlehem. Dit word soms ook die “Bybel Kers” genoem na aanleiding van die geloof en vertroue wat die Bybelverhale in ons skep.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Paulus se eerste brief aan Timoteus:

“En die genade van onse Here was baie oorvloedig met geloof en liefde wat in Christus Jesus is.” (1 Tim 1:14)

ADVENT 3 – VREUGDE

Die derde kers is pienk en simboliseer vreugde. Dit word die “Skaapwagters Kers” genoem en is pienk omdat dit die liturgiese kleur vir vreugde is. Dit herinner ons aan die vreugde wat die herders op die velde ervaar het. Daarom word hierdie Sondag ook Gaudete genoem, vreugde.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Lukas waar hy Johannes die Doper se reaksie op Jesus:

“Want kyk, toe die geluid van jou groet in my ore klink, het die kindjie in my skoot van vreugde opgespring.” (Luk 1:44)

ADVENT 4 – VREDE

Die vierde kers, weer pers of blou, is die kers van vrede. Dit word die “Engele Kers” genoem na aanleiding van die engeleskaar wat gesing het van die vrede wat Christus se geboorte op aarde gebring het.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Matteus waar hy juis die engele se loflied weergee:

“En skielik was daar saam met die engel ’n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae!” (Luk 1:13-14)

KERSFEES – LIG

Die wit kers in die middel is die “Christus Kers” en verteenwoordig die lig wat Christus gebring het. Die kleur is wit is om Jesus se sondeloosheid en heiligheid uit te beeld en dat Hy ons witter as sneeu was (Jes 1:18). In Duitsland word hierdie kers Oukersaand aangesteek. Oukersaand word daarom ook “Heiligabend” genoem.

‘n Vers wat die boodskap van hierdie Sondag raakvat is in Johannes waar Hy Jesus se geboorte só aankondig:

“In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.” (Joh 1:4-5)


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.