Skip to main content

Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge

Waar is God?

In hierdie inperking; In jou lewe; In die kerk; In hierdie wêreld.

Dit is ‘n vraag wat die dissipels ‘n paar jaar na Jesus se hemelvaart ook gevra het. Toe die vreugde van Pinksterdag uitgeloop het op vervolging. Toe die standvastigheid van Stefanus beantwoord is met steniging. Toe die gelowiges uit Jerusalem moes vlug vir hulle lewe.

Op die koop toe het Paulus die verleentheid van die gelowiges aangegryp en die gemeente in Jerusalem verwoes, sê Lukas in Handelinge 8. Paulus het van huis tot huis in Jerusalem gegaan en die mans en vroue uitgesleep en in die tronk laat gooi. Hy het soos ‘n besetene agter die vlugtelinge aan gereis om hulle met geweld terug te sleep na Jerusalem om hulle in die tronk te laat gooi.

Waar was God?

Op die pad na Damaskus; Om Paulus te ontmoet; Om Paulus van ‘n besete vervolger in ‘n begeesterde verkondiger van die evangelie te verander.

Dit is nie anders vandag nie. Al is ons in ‘n heel ander situasie met die Covid-19 pandemie. In die grootste uitdagings wat ons beleef, is die Here nie net by ons nie, maar besig om sy plan uit te werk

Om ons te roep; Om ons te stuur; Om ons te begelei.

Totdat hierdie hele wêreld die boodskap van Jesus gehoor het.

Volg saam met die volgende vier maande die lewe van Paulus, hierdie passievolle pionier vir die evangelie.

Soos Lukas dit beskryf in die boek Handelinge; Soos Paulus self aan die woord kom in sy dertien briewe.

Paulus se verhaal is die verhaal van die kerk. Dit is die verhaal van ‘n man wat berge versit vir die evangelie. Maak nie saak wat die uitdagings was nie. Wat die evangelie gevat het waar dit nog nie in hierdie wêreld was nie. Oor berge en deur riviere. Te voet en per boot. Na enkelinge en skares. In klein dorpies en groot stede. In tronke en raadsale.

Tot almal die boodskap gehoor het, selfs die konings van sy wêreld.

Daarmee het Paulus se verhaal ook die verhaal van die Christelike kerk geword.

Ons, die kerk is geroep om soos Paulus gestuurdes te wees, om berge te versit in diens van die evangelie. Ons is geroep om alle hindernisse te oorkom sodat hierdie wêreld in God kan glo en op hulle beurt gestuurdes kan word.

God die Vader roep ook vir jou om die boodskap van Jesus Christus in die krag van die Heilige Gees regdeur die wêreld tot aan die einde van die aarde te vat.

  • Laai die Die verhaal van die kerk af en doen Bybelstudie saam met my uit Handelinge en die dertien briewe van Paulus.
  • Luister elke Sondag na die erediens op Youtube waar ek 18 temas daaruit gaan verkondig (daar is ook ‘n kleiner video en klankbaan beskikbaar). Skakels na die verskillende bydraes hieronder.
  • Laat die Here jou lewe hierdeur verander sodat Hy jou kan gebruik om die taak van die kerk te voltooi.

Hier is skakels na die voltooide bydraes:


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Paulus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.