Skip to main content

Die verhaal van die kerk – Paulus versit berge

Waar is God?

In hierdie inperking; In jou lewe; In die kerk; In hierdie wêreld.

Dit is ‘n vraag wat die dissipels ‘n paar jaar na Jesus se hemelvaart ook gevra het. Toe die vreugde van Pinksterdag uitgeloop het op vervolging. Toe die standvastigheid van Stefanus beantwoord is met steniging. Toe die gelowiges uit Jerusalem moes vlug vir hulle lewe.

Op die koop toe het Paulus die verleentheid van die gelowiges aangegryp en die gemeente in Jerusalem verwoes, sê Lukas in Handelinge 8. Paulus het van huis tot huis in Jerusalem gegaan en die mans en vroue uitgesleep en in die tronk laat gooi. Hy het soos ‘n besetene agter die vlugtelinge aan gereis om hulle met geweld terug te sleep na Jerusalem om hulle in die tronk te laat gooi.

Waar was God?

Op die pad na Damaskus; Om Paulus te ontmoet; Om Paulus van ‘n besete vervolger in ‘n begeesterde verkondiger van die evangelie te verander.

Dit is nie anders vandag nie. Al is ons in ‘n heel ander situasie met die Covid-19 pandemie. In die grootste uitdagings wat ons beleef, is die Here nie net by ons nie, maar besig om sy plan uit te werk

Om ons te roep; Om ons te stuur; Om ons te begelei.

Totdat hierdie hele wêreld die boodskap van Jesus gehoor het.

Volg saam met die volgende vier maande die lewe van Paulus, hierdie passievolle pionier vir die evangelie.

Soos Lukas dit beskryf in die boek Handelinge; Soos Paulus self aan die woord kom in sy dertien briewe.

Paulus se verhaal is die verhaal van die kerk. Dit is die verhaal van ‘n man wat berge versit vir die evangelie. Maak nie saak wat die uitdagings was nie. Wat die evangelie gevat het waar dit nog nie in hierdie wêreld was nie. Oor berge en deur riviere. Te voet en per boot. Na enkelinge en skares. In klein dorpies en groot stede. In tronke en raadsale.

Tot almal die boodskap gehoor het, selfs die konings van sy wêreld.

Daarmee het Paulus se verhaal ook die verhaal van die Christelike kerk geword.

Ons, die kerk is geroep om soos Paulus gestuurdes te wees, om berge te versit in diens van die evangelie. Ons is geroep om alle hindernisse te oorkom sodat hierdie wêreld in God kan glo en op hulle beurt gestuurdes kan word.

God die Vader roep ook vir jou om die boodskap van Jesus Christus in die krag van die Heilige Gees regdeur die wêreld tot aan die einde van die aarde te vat.

  • Laai die Die verhaal van die kerk af en doen Bybelstudie saam met my uit Handelinge en die dertien briewe van Paulus.
  • Luister elke Sondag na die erediens op Youtube waar ek 18 temas daaruit gaan verkondig (daar is ook ‘n kleiner video en klankbaan beskikbaar). Skakels na die verskillende bydraes hieronder.
  • Laat die Here jou lewe hierdeur verander sodat Hy jou kan gebruik om die taak van die kerk te voltooi.

Hier is skakels na die voltooide bydraes:


Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Paulus


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders