Die betekenis van Hemelvaart
Die Hemelvaart van Jesus is van groot betekenis vir die kerk van die Here Jesus Christus.
Ek het al baie gepreek daaroor, nie net op Hemelvaart nie, maar ook op ander Sondae. Maar, ek het nog nooit ‘n Kategismuspreek daaroor gelewer nie. En wil dit nou graag doen.
Ek gaan op Sondag 18 uit die Heidelbergse Kategismus fokus, want dit bly die beste verwoording van die Bybelse boodskap oor die Hemelvaart. In die proses gaan ons na meer as 30 verwysings in die Bybel kyk. Ek plaas elke verwysing volledig in hierdie teks, sodat jy jou kan verdiep daarin.

Onlangse kommentaar