Waarde 1 – Leerbaarheid
Ons leer die wil van God ken deur sy Woord. Die boek simboliseer die Bybel. Die duif stel die Heilige Gees voor wat die Woord inspireer en bring na die mense. Sy uitgespreide vlerke simboliseer uitgestrekte vreugde in die Woord van God.
Die groen agtergrond simboliseer die vrugbaarheid van die grond waarop die woord val.
Waarde 2 – Vertroue
Uit die lig van God wat die Woord vir ons bring (die geel sentral gedeelte) moet ons in liefde na mekaar luister. Die “mense” het God se woord/wysheid in hulle koppe. Die lywe simboliseer die teenwoordigheid van die vrug van die Gees. Die hartvorm simboliseer die liefde waarin hulle na mekaar luister.
Die rooi agtergrond simboliseer liefde en aksie. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Waarde 3 – Deernis
Hier simboliseer die mense ‘n eenheid wat in deernis (compassion/liefde) na mekaar luister. Die kring word nou voltooi deur die mense wat eerste geluister het en wat nou met ander deel. Die koppe is blou, want daar is vrede in hulle gemoed. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Die geel agtergrond simboliseer die rykdom van God se teenwoordigheid in die wêreld.
Waarde 4 – Openheid
Hier het die mense een geword in die rykdom en wysheid van God en gaan hulle vurig uit om dit wat hulle gehoor het diensbaar te deel. Dit is soos ‘n blom wat oopgegaan het en die openheid simboliseer waarin hulle optree. Terserfdertyd simboliseer die uitgaande pyle diensbaarheid in alle uithoeke van die wêreld.
Die blou agtergrond simboliseer hier die kalmte in die kennis van God en sy Woord, soos ‘n see waarin ons rus omdat ons luister.
Hannelie van der WaltonHoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Reis deur die Psalms het my meer insig in die Psalms gegee en waaroor dit eintlik gaan. Meer bewustheid om die Here te loof vir Wie Hy is en opnuut elke dag te besef how getrou en betroubaar Hy is. As kind van Hom weet ek dit maar hierdie reis het my net meer en meer daarvan bewus gemaak en het dit…
San GottschalkonSluit by 49 Dae van Gebed vir Leiers aanMôre! Sal die gebedsaksie vir ons kennisgewings stuur as pns klaar geregistreer het? Hoe kom ons by die website uit as ons elke oggend dit wil oopmaak?
Barry Fourie
Graag verneem ek jou gedagtes oor die luistersiklus se 4 waardes
1Deernis
2Openheid
3Leerbaarheid
4Vertroue
Groetnis Barry
Chris van Wyk
Hi Barry
Hier is ‘n verduideliking van die waardes:
Waarde 1 – Leerbaarheid
Ons leer die wil van God ken deur sy Woord. Die boek simboliseer die Bybel. Die duif stel die Heilige Gees voor wat die Woord inspireer en bring na die mense. Sy uitgespreide vlerke simboliseer uitgestrekte vreugde in die Woord van God.
Die groen agtergrond simboliseer die vrugbaarheid van die grond waarop die woord val.
Waarde 2 – Vertroue
Uit die lig van God wat die Woord vir ons bring (die geel sentral gedeelte) moet ons in liefde na mekaar luister. Die “mense” het God se woord/wysheid in hulle koppe. Die lywe simboliseer die teenwoordigheid van die vrug van die Gees. Die hartvorm simboliseer die liefde waarin hulle na mekaar luister.
Die rooi agtergrond simboliseer liefde en aksie. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Waarde 3 – Deernis
Hier simboliseer die mense ‘n eenheid wat in deernis (compassion/liefde) na mekaar luister. Die kring word nou voltooi deur die mense wat eerste geluister het en wat nou met ander deel. Die koppe is blou, want daar is vrede in hulle gemoed. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Die geel agtergrond simboliseer die rykdom van God se teenwoordigheid in die wêreld.
Waarde 4 – Openheid
Hier het die mense een geword in die rykdom en wysheid van God en gaan hulle vurig uit om dit wat hulle gehoor het diensbaar te deel. Dit is soos ‘n blom wat oopgegaan het en die openheid simboliseer waarin hulle optree. Terserfdertyd simboliseer die uitgaande pyle diensbaarheid in alle uithoeke van die wêreld.
Die blou agtergrond simboliseer hier die kalmte in die kennis van God en sy Woord, soos ‘n see waarin ons rus omdat ons luister.
Lees meer in hierdie dokument wat ook die grafika bevat: Seisoen van Luister.doc