Waarde 1 – Leerbaarheid
Ons leer die wil van God ken deur sy Woord. Die boek simboliseer die Bybel. Die duif stel die Heilige Gees voor wat die Woord inspireer en bring na die mense. Sy uitgespreide vlerke simboliseer uitgestrekte vreugde in die Woord van God.
Die groen agtergrond simboliseer die vrugbaarheid van die grond waarop die woord val.
Waarde 2 – Vertroue
Uit die lig van God wat die Woord vir ons bring (die geel sentral gedeelte) moet ons in liefde na mekaar luister. Die “mense” het God se woord/wysheid in hulle koppe. Die lywe simboliseer die teenwoordigheid van die vrug van die Gees. Die hartvorm simboliseer die liefde waarin hulle na mekaar luister.
Die rooi agtergrond simboliseer liefde en aksie. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Waarde 3 – Deernis
Hier simboliseer die mense ‘n eenheid wat in deernis (compassion/liefde) na mekaar luister. Die kring word nou voltooi deur die mense wat eerste geluister het en wat nou met ander deel. Die koppe is blou, want daar is vrede in hulle gemoed. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Die geel agtergrond simboliseer die rykdom van God se teenwoordigheid in die wêreld.
Waarde 4 – Openheid
Hier het die mense een geword in die rykdom en wysheid van God en gaan hulle vurig uit om dit wat hulle gehoor het diensbaar te deel. Dit is soos ‘n blom wat oopgegaan het en die openheid simboliseer waarin hulle optree. Terserfdertyd simboliseer die uitgaande pyle diensbaarheid in alle uithoeke van die wêreld.
Die blou agtergrond simboliseer hier die kalmte in die kennis van God en sy Woord, soos ‘n see waarin ons rus omdat ons luister.
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
sparklybc467b2e69onPsalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
originalblizzard19aaa84c56onPsalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
sparklybc467b2e69onPsalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
sparklybc467b2e69onPsalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
sparklybc467b2e69onPsalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
sparklybc467b2e69onPsalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
Chris van WykonPsalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
sparklybc467b2e69onPsalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
sparklybc467b2e69onPsalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.
Barry Fourie
Graag verneem ek jou gedagtes oor die luistersiklus se 4 waardes
1Deernis
2Openheid
3Leerbaarheid
4Vertroue
Groetnis Barry
Chris van Wyk
Hi Barry
Hier is ‘n verduideliking van die waardes:
Waarde 1 – Leerbaarheid
Ons leer die wil van God ken deur sy Woord. Die boek simboliseer die Bybel. Die duif stel die Heilige Gees voor wat die Woord inspireer en bring na die mense. Sy uitgespreide vlerke simboliseer uitgestrekte vreugde in die Woord van God.
Die groen agtergrond simboliseer die vrugbaarheid van die grond waarop die woord val.
Waarde 2 – Vertroue
Uit die lig van God wat die Woord vir ons bring (die geel sentral gedeelte) moet ons in liefde na mekaar luister. Die “mense” het God se woord/wysheid in hulle koppe. Die lywe simboliseer die teenwoordigheid van die vrug van die Gees. Die hartvorm simboliseer die liefde waarin hulle na mekaar luister.
Die rooi agtergrond simboliseer liefde en aksie. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Waarde 3 – Deernis
Hier simboliseer die mense ‘n eenheid wat in deernis (compassion/liefde) na mekaar luister. Die kring word nou voltooi deur die mense wat eerste geluister het en wat nou met ander deel. Die koppe is blou, want daar is vrede in hulle gemoed. Die Heilige Gees onderskraag die hele proses.
Die geel agtergrond simboliseer die rykdom van God se teenwoordigheid in die wêreld.
Waarde 4 – Openheid
Hier het die mense een geword in die rykdom en wysheid van God en gaan hulle vurig uit om dit wat hulle gehoor het diensbaar te deel. Dit is soos ‘n blom wat oopgegaan het en die openheid simboliseer waarin hulle optree. Terserfdertyd simboliseer die uitgaande pyle diensbaarheid in alle uithoeke van die wêreld.
Die blou agtergrond simboliseer hier die kalmte in die kennis van God en sy Woord, soos ‘n see waarin ons rus omdat ons luister.
Lees meer in hierdie dokument wat ook die grafika bevat: Seisoen van Luister.doc