Oor besluitneming
Die Bybel vir die Lewe 24/7 (2006: Lux Verbi.BM) gee ’n interessante lysie uit riglyne wat in hoofstuk 10 voorkom, wat jou kan help wanneer jy besluite moet neem:
- Is dit waaroor ek moet besluit goed en opbouend?
- Is dit tot eer van God?
- Sal dit ander laat struikel of aanstoot gee?
- Volg ek Jesus se voorbeeld hierin?
- Het ek vrede in my hart of bly ek twyfel?
- Wat sê my gewete?
Dit is Bybel-gebaseerd en ’n verfrissend-lekker aanvulling van die ander besluitnemings metodieke wat ek al gesien en gebruik het.
Onlangse kommentaar