Skip to main content

Oor die Tiende

Die Tiende is nie opgehef in die NT nie. Jesus sê aan die Fariseërs dat hulle wel tiendes gee, maar die belangrikste nalaat, geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid. Maar dan sê Hy die volgende: “Juis hierdie dinge moet ’n mens doen en die ander nie nalaat nie.” (Matt 23:23).

Daar is egter ‘n ekstra dimensie wat bykom, dit is die gedagte van ‘n dankoffer wat na vermoë gegee word.

Francois Cillié, voormalige saakgelastigde van die Wes-Kaap sinode van die NG Kerk, sê in ‘n artikel in Kruisgewys (www.gemeentes.co.za) die volgende hieroor:

Die Bybel sê dat ons ons talente en besittings moet gebruik om vir ons gesinne en families te sorg (1 Tim. 5:4), behoeftiges te help (Matt. 25:34-40, Luk. 10:30-37) en om die Here se Koninkryk te laat kom(2 Kor. 9:4-18, Fil. 4:10-20).

Die Bybel bied riglyne van hoeveel ’n mens behoort te gee sodat die Here as “eienaar” van alles erken word. Die Ou Testament bepaal ’n tiende en meer. Die Nuwe Testament hef nie die vorige bepaling op nie (Mat. 23:23), maar gee ’n bykomende riglyn: “Elkeen moet volgens sy vermoë gee.” (1 Kor. 16:3). Dit kan dus selfs baie meer as ’n tiende wees!

Daar is tog ook ’n bevrydende Woord: “As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help.” (2 Kor. 8:12v). Dit herinner mens ook aan die weduwee wie se offer van twee geldstukkies in Jesus se siening, die meeste was omdat sy “alles” gegee het as teken van haar vertroue op die Here! (Mark. 12:41v).

Sommige gelowiges is bang dat hulle sal skade ly as hulle vir die Here gee. Die teendeel is egter waar. Kyk byvoorbeeld na die volgende beloftes wat verbind word aan ruim gee in Maleagi 3:10: “Toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.” [Dis die enigste plek in die Skrif waar God die mens uitdaag om Hom op die proef te stel!] In Korinthiërs 9:7v staan: “God het die blymoedige gewer lief. En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.” [Daar is seker nêrens anders ’n meer omvangryke belofte oor tydelike en geestelike oorvloed nie!] “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus” staan in Filippense 4:19. Hierdie beloftes van die Here is so waar en eg soos ons aanvaarding daarvan dat dit elke oggend lig word!

Daar is op die ou end net twee groepe mense op aarde:

  • Die wat sonder ’n verbintenis met die Here lewe – baie van hulle beskou hulself as eienaars – vir wie materiële dinge die hoogste prioriteit is; en
  • Die vir wie hulle verhouding met die Here prioriteit is – hulle wat as verantwoordbare bestuurders van alles wat die Here aan hulle toevertrou het, leef.  Hulle besef die waarheid van Maartin Luther se uitspraak: “In ’n Christen se lewe is daar drie bekerings: die kop, die hart, die beursie. Die derde bekering is die teken van ware bekering.”

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Tiendes


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteGoeie môre, baie dankie, ja dit maak sin, want dit is hoekom Dawid ñ man na GOD se hart was, hy was ook elke keer gehoorsaam aan GOD. Daar is egter iets wat my so diep geraak het, terwyl ek u opmerkings lees, JESUS die seun van GOD het geen rykdom of enige voortrekkery ontvang nie, HY was regtig so…
  • originalblizzard19aaa84c56 on Josef-hulle vlug van Betlehem na EgipteTans so gepas in my vrou en my se lewe. Moet noukeurig let op die detail van die Heer se leiding. Kan nie wag om die volgende stappe te volg nie. Dankie.
  • Philip Vermaak on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Wat my weer getref het is God se liefde vir alle mense en Dawid se nederige houding as hy tot God roep en hom met alles aan God "oorgee" En- wat ons het is aan ons deur God geskenk en wat ons is is slegs Genade Baie dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Sterrekundiges besoek Jesus in die huis in Betlehem MATTEUS 2:1-12Prys die Here vir sy Heilige Woord en Gees.
  • sparklybc467b2e69 on ‘n Engel van die Here oortuig Josef dat Maria se Kind van die Heilige Gees is MATTEUS 1:18-25Dit is vir my opsig self so groot bewys van GOD se grootheid, Sy Heilige Gees wat Maria bevrug. Ek het altyd gedink dat Maria baie besonders was onder die vroue, maar as ñ mens lees van Josef en sy karakter, was hulle albei uitverkies as JESUS, GOD se seun.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Jesus se geslagsregister in Matteus verbind Hom aan Abraham, Dawid en die volk na die ballingskap MATTEUS 1:1-17Matteus. Amazing, om my te verwonder aan die Heilige Skrif. Dankie vir navorsing.
  • Chris van Wyk on Psalm 150Hi, jy sal steeds die Matteus bydraes kry as jy ingeteken is. Die skakel is daar vir nuwe mense. Die opmerkings moet eers goedgekeur word deur my, vandaar die verposing. Hoop jy het steeds Matteus gekry?
  • perfectly57edc75df4 on Psalm 150Naand Chris. Ek dink daar is iets met die website verkeerd. Psalms was op Bybelskool beskikbaar, maar vir Mattteus vra dit jou om weer in te teken op Bybelskool. Ek is op Bybelskool. Dan stuur die opmerkings ook nie elke keer nie. Die inskrywing vir Matteus vat jou na 'n snaakse vorm. Is dit reg so,…
  • Doreen Snyders on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Baie baie dankie vir die Psalms. Dit was só insiggewend en het baie gehelp om om die Skrif te bid. Nogmaals dankie. Ek sien baie uit na Matteus. Doreen Snyders
  • johannes buhrmann on Psalm 150Die God aan wie die Psalm digters hul lof en dankbaarheid betuig het , en teenoor wie hulle hul klagtes en swaarkry en onsekerhede kon bekendmaak is dieselfde God teenoor wie gelowiges hulle in die huidige tydsgewrig gewrig hul kan wend om geloof en lewensrigting te verkry Dankie
  • originalblizzard19aaa84c56 on Inleiding'n Mondvol oor Matteus. Sien uit na die reis. Dankie
  • Francois Du Toit on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was n wonderlike reis deur die psalms, teen n pas wat genoeg tyd vir nadenke toegelaat het. En die diep nuanses vd Onse Vader laat deurskemer het. Baie dankie vd leiding en verklari gs.
  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…