Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei.
I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.
Interessante blik op die verborge God (Stephen Paulsen) – 'n mens sien dit alreeds in Genesis dat God se sigbare teenwoordigheid in die Skepping, die tuin, by (letterlik “voor”) Abraham algaande verborge raak totdat Josef God net in drome ervaar. Dit maak Hom nie minder werklik nie, maar meer verborge. En die NT verhaal is dieselfde – van die sigbare vleeswording van Jesus na die verborge inwoning van die Gees in elke gelowige. Tog bly God steeds soewerein, en kan selfs in die intieme inwoning in ons, Homself verborge hou om sy doel met ons te bereik.
Een van die redes vir God se afwesigheid is dat sekere dinge nie daarsonder sou kon gebeur nie. Ek dink bv. aan die verhaal van Hanna, die kinderlose vrou van Elkana. Dit is IN die worsteling wat sy het met 'n afwesige God, wat nie vir haar aanvanklik kinders gee nie, dat 'n hele paar karakters ingetrek word in God se verhaal met Israel: * Eli, wat dink dat sy mal is, en kort voor lank iets van God se nuwe weg sou agterkom; * Elkana wat wonder hoekom sy nie tevrede is net met hom alleen nie, d.w.s. sonder kinders nie, en met die geboorte in die wonder van God se voorsiening kan deel; * Samuel, wat as hy gebore word vir haar, DIE man van God in Israel word, wat beide die profeteskool as die monargie instel onder God se leiding. Sou dit in elk geval gebeur het, selfs sonder God se afwesigheid – ek dink nie so nie.
Vannaand het ek weer in ons gemeentesel iets ervaar van die wonder van gebedsverhoring. Ons het vir 'n spesifieke probleem gebid wat een ons sellede gehad het, en 'n halfuur later die sms gekry dat die probleem opgelos is. Dit is nie asof die Here die probleem nie voor die tyd kon opgelos het of nog beter kon gesorg het dat die probleem in die eerste plek nie ontstaan het nie. Maar Hy kies om dit op te los terwyl ons saam daarvoor bid, en dit verstrek almal van ons se geloof.
Chris van WykonGenesis 25:19-34Ek sal navraag doen by die eienaars van die plugin wat ek gebruik om die bydraes outomaties te stuur. Is daar nog mense wat dieselfde probleem het?
DavidonGenesis 25:19-34Ek ontvan nie meer my daaglikse stukke nie?
Jemima du PreezonGenesis 23Ek het Genesis so geniet, soveel by geller, wie kon raai dat die altare wat Abraham opgerig ook betekenis het in die Bybelse Tyd. Leer geweldig met hi…
Carel SmithonGenesis 22Wat 'n awesome boodskap Chris, oor Abraham en ware dissipelskap. Dit is inderdaad op ons elkeen van toepassing. Dankie.
Chris van WykonGenesis 21Mohammed word gereken as uit die nageslag van Ismael, maar het sy eie tradisie rondom Allah geskep in die 6de eeu nC. Uit Mohammed se nalatenskap het…
ArinaonGenesis 21Ismael lei tot die Islamitiese geloof. Genesis 21:18 wil God Ismael tot n groot nasie maak - mens veronderstel dat God bedoel het n nasie wat Hom aanb…
Hannes TerblancheonWie is God? nou in kursusformaat beskikbaarGoeie middag Dr van Wyk, Ek wil bitter graag registreer vir, Wie is God? wat nou in kursusformaat beskikbaar is. Die skakel in die epos wat ek vanogge…
Sakkie BothaonWie is God? nou in kursusformaat beskikbaarChris, Baie dankie vir die reeks oor Job. Dit het vir my persoonlik geweldig baie beteken. Groete en sterkte met komende Bybelstudies.
Chris van WykonJob 38-39Daar is redelike konsensus dat die verhaal uit die tyd vóór die wet in die tydvak van die patriarge plaasvind, maar moontlik eers later in boekvorm ge…
chrisvanwyk
Interessante blik op die verborge God (Stephen Paulsen) – 'n mens sien dit alreeds in Genesis dat God se sigbare teenwoordigheid in die Skepping, die tuin, by (letterlik “voor”) Abraham algaande verborge raak totdat Josef God net in drome ervaar. Dit maak Hom nie minder werklik nie, maar meer verborge. En die NT verhaal is dieselfde – van die sigbare vleeswording van Jesus na die verborge inwoning van die Gees in elke gelowige. Tog bly God steeds soewerein, en kan selfs in die intieme inwoning in ons, Homself verborge hou om sy doel met ons te bereik.
chrisvanwyk
Een van die redes vir God se afwesigheid is dat sekere dinge nie daarsonder sou kon gebeur nie. Ek dink bv. aan die verhaal van Hanna, die kinderlose vrou van Elkana. Dit is IN die worsteling wat sy het met 'n afwesige God, wat nie vir haar aanvanklik kinders gee nie, dat 'n hele paar karakters ingetrek word in God se verhaal met Israel:
* Eli, wat dink dat sy mal is, en kort voor lank iets van God se nuwe weg sou agterkom;
* Elkana wat wonder hoekom sy nie tevrede is net met hom alleen nie, d.w.s. sonder kinders nie, en met die geboorte in die wonder van God se voorsiening kan deel;
* Samuel, wat as hy gebore word vir haar, DIE man van God in Israel word, wat beide die profeteskool as die monargie instel onder God se leiding.
Sou dit in elk geval gebeur het, selfs sonder God se afwesigheid – ek dink nie so nie.