Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (9)

  • Avatar

    Deon

    |

    Hi Chris,

    Ek geniet alles wat jy hier plaas en waardeer jou baie.

    Die intepretasie van die Bybel, bly steeds n omstrede onderwerp, maar wanneer ons dink aan die ewigheid, besef ons elke keer dat baie vrae, irrelefant is. Ek dink in die besonder aan Jesus se verduideliking van Sy koninkryk aan Nikodemis in Joh. 3 en hoe om dit IN te gaan.

    Daar was egter onlangs n bespreking op Sid Roth se website, wat gegaan het oor die enigste gebed in die Bybel wat God self sou geskryf het nl. Num 6:24-27. (Ek verskil met die stelling, maar dit daar gelaat)

    Die bespreking het gegaan oor die benaming van God en dat dit nie “Lord” (Here) is nie.

    Ek vertrou dat jy die onderwerp sal aanraak, veral mbt die Israeliete wat nie die naam van God wou gebruik nie maar die woord “Adonai” gebruik het wat as Lord (Here) deurlopend vertaal is.

    My argument gaan daaroor dat “god” enigiets wat aanbid word, kan beteken en deur alle godsdienste in die Wereld, as sulks vir hulle god gebruik word.

    Ek wil niks verder hieroor se nie, maar sal graag jou verwerkings wil volg.

    Waardeer jou baie.

    Deon

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Volgens die boek Names of God in the Bible (Faithlife) is daar 13 034 voorkomste van die naam van God in die Bybel. Die naam wat die meeste alleenstaande gebruik word vir God in die OT (5330) is “Jahwe” (יהוה). Dit is ook sy persoonsnaam (Eks 3). Die naam wat die tweede meeste alleenstaande gebruik word vir God is “God” (θεός in die NT – 1755 keer; אֱלֹהִים in die OT – 996 keer). Daar is natuurlik ook talle kombinasies van dié twee name met mekaar en met ander beskrywings van God.

      Die naam Jahwe word vertaal met “Here” in die Afrikaanse vertaling van יהוה in die OT. Daarmee volg die vertalers aan die een kant die gebruik van die Jode om uit eerbied vir die naam “Jahwe” eerder die vokale te verander en die woord as “Jehova” uit te spreek na aanleiding van ‘n ander woord vir God, “Adonai“, wat ook “Here” (of baas) beteken. In Hebreeus is dit אָדוֹן אֲנִי.

      Aan die ander kant stem hierdie vertaling ooreen met die wyse waarop die Jode “Jahwe” in die OT met die Griekse “Here” vertaal het. Die sogenaamde Septuagint (LXX) het “Jahwe” (יהוה) in die Hebreeuse OT met die Griekse κύριος vertaal wat “Here” (of baas) beteken.

      Hierdie Griekse vertaling slaan ‘n baie belangrike brug na die NT gebruik om dieselfde naam, κύριος (873 keer), vir God en veral vir Jesus in die NT te gebruik. Dit help ons ook om te verstaan dat daar ‘n identifikasie is tussen die “Jahwe” (יהוה) of “Here” van die OT en die “Here” (κύριος) van die NT, Jesus. Jy kan hier meer daaroor lees.

      Dit is ook so dat die naam “God” ‘n generiese naam is wat vir enige “god” gebruik kan word. Elke vertaling van die Bybel gebruik gewoonlik die plaaslike generiese naam vir “god” om die Bybelse naam vir “God” weer te gee.

      Reply

  • Avatar

    Lettie Breytenbach

    |

    Goeie dag, ek geniet die Bybelskoollesse baie, ‘n mens word nooit te oud om te leer nie en die Bybel is ‘n onuitputlike bron van nuwe kennis elke dag. Verlede Sondag tydens die erediens staar ek na die kruis voor in die kerk en skielik kom die gedagte of gevoel by my op…met al die tooisels oor die kruis ( op die oomblik is daar ‘n rooi doek oor drapeer), is ons dan nie ook maar soos die gepeupel in Jerusalem wat Hom bespot om Hom kastig koninklik beklee nie? Moet die kruis nie nou heeltemal leeg daar staan nie? Hy het mos nou alles volbring… mission completed.
    Die kruis is nou mos ‘n herinnnerings simbool.Lettie Breytenbach

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Dis verseker in ons tradisie die gebruik om met ‘n leë kruis te werk. Ons kyk daarna deur die bril van die opstanding.

      Reply

  • Avatar

    Lorraine

    |

    Goeie Dag Chris .
    Ek het sopas op die blad afgekom en ek hoop jy kan my vraag beantwoord .
    Ek is besig met n boek genaamd Hoe om God se stem te hoor .
    En in hierdie boek praat hulle van hoe om te bid hoe om nader aan God tekom sowel as wat jou doel op aarde is . Hulle praat ook oor vas en dit het my aan die dink gesit .
    Kan mens vas om te weet wat jou doel op aarde is of gaan jy nie eintlik weet wat jou doel op aarde is nie bly dit God se geheim .

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Lorraine, jy kan lees wat ek oor vas geskryf het, en ook die skakel daarin volg na wat Calvyn daaroor gesê het. Ons algemene doel op aarde is reeds duidelik uit die Bybel. ‘n Mens kan dit opsom as om God lief te hê en ons naaste soos onsself. Jou besondere doel vind ‘n mens uit in gemeenskap met God. Hy sal jou deur die Woord en sy Gees daarheen begelei. Begin net om die Bybel sistematies elke dag deur te lees. Soek vir beloftes waarop jy kan vertrou. Voer die opdragte uit wat die Here op jou hart lê. Skryf neer wat jy leer en lees dit weer van tyd tot tyd. Jy sal patrone agterkom wat vir jou sal help om al hoe nader aan jou besondere lewensdoel te kom. Sterkte en geniet die reis. Dit is ‘n avontuur!

      Reply

  • Avatar

    Hester

    |

    Askuus ek geniet die Bybelskool is daar dalk n manier dat u vir my die vrae en verse Kan email asb

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Jy kan dit by Bybelskool aflaai of natuurlik die boek aanskaf as jy dit in gedrukte formaat wil hê.

      Reply

  • Avatar

    Jan

    |

    More. EK het nog nie op gehou lees nie. EK wil graag met DS praat oor iets. Dit is interesant. Wil net graag meer van Ander af hoor.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Bollie Liebenberg

    |

    Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?

  • Avatar

    Gerda

    |

    Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
    Baie dankie

  • Avatar

    David Cromhout

    |

    Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.

  • Avatar

    Rence-Marié

    |

    Beste Dr van Wyk
    Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
    Baie dankie vir u werk
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.

  • Avatar

    Hannes

    |

    Goeie dag Dr van Wyk
    Jammer om te pla.
    Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
    Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
    Baie dankie.

  • Avatar

    Pippie

    |

    Baie dankie vir die Bybelskool.
    V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik