Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (6)

  • Avatar

    Deon Vermeulen

    |

    Hi
    Waar in die Bybel staan dit dat ons Jesus se verjaarsdag moet vier? Inteendeel is daar niemand behalwe Job se kinders wat daar van gelees kan word oor verjjaarsdag waarna hul ook gesterf het.
    Moet ons doen wat die Bybel vir ons sê of kan ons self ook besluit wat ons moet doen. Kersfees is ñ wêreldse ding. En ons moet nie gelykvormig word aan die wêreld nie. Ek stap in winkels hoor mense praat. Ek sal nooit my Jesus daaraan kan koppel nie. Nee wat ek volg maar wat in die Woord geskryf staan.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Geboortes was vreugdevolle gebeure in antieke tye (Gen 4:1,25; 21:1-7; 29:31-35; Rut 4:14 ens), soos dit vandag ook is. So was daar ook vreugde by Johannes die Doper (Luk 1:57-66) se geboorte, sowel as by die Here Jesus se geboorte, soos ons uit die verhaal van die herders kan aflei (Luk 2:1-20).

      Daarom is geboortedae, dws verjaarsdae, gevier in die Ou Nabye Ooste, soos ons uit Persiese en Egiptiese bronne verneem. Dit geld ook die Jode. Ons lees drie keer eksplisiet van die viering van verjaarsdae in die Bybel: Job se kinders (Job 1:4,13,18), Farao (Gen 40:20), en Herodes (Matt 14:6).

      Veral konings se verjaarsdae is gevier, so dit was ‘n logiese ontwikkeling om die geboorte van die Here Jesus te vier, omdat Hy die Koning van die konings is.

      Ons het nie ‘n Bybelse opdrag om Jesus se verjaarsdag te vier nie. En die wyse waarop Kersfees baie keer gekommersialiseer word is irriterend oppervlakkig. Maar waar die behoefte bestaan om Jesus se koms na die wêreld te vier, kan dit as ‘n belangrike herinnering van die betekenis van sy koms dien.

      Niemand word gedwing om Kersfees te vier nie. Ons kan egter ook niemand verbied om dit te vier nie. Solank dit tot eer van die Here gedoen word (Rom 14:5-6).

      Reply

  • Avatar

    Este

    |

    Hi.
    Baie dankie vir hierdie boodskap. Ekt nooit gedink aan kersfees as n afgod funksie nie maar was. nuuskierig om jou artikel te lees. Ek dink wel jou artikel het my die teenoorgestelde laat besef as wat jy wou voorgee in die artikel. Ekt Jeremia gaan lees, en dis n kersboom… presies… waarteen hy ons waarsku. Hy praat selfs van afgode geklee in rooi wolstof. Jou redenasie is ons moet dit nie so letterlik opvat nie maar dis letterlik in die Bybel geskryf. Waarom kies ons wat ons moet glo in die Bybel en wat nie. Eks jammer maar my kersboom word Vanaand afgeslaan. Baie dankie dat jy my gehelp het xxx

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Este – ek lees juis die teks “letterlik”, en verwag dat mense dit nie simbolies sal interpreteer nie. Jeremia skryf vir die Jode in die 6de eeu vC. Hy wil keer dat hulle afgode in hulle huise toelaat. Die Jode het nie Kersbome gehad daardie tyd nie. Dit kan dus op geen manier met Kersfees verbind word nie.

      Reply

  • Avatar

    bernard

    |

    hi dominee hoekom vier ons kersfees op 25 desember? want as Jesus op die dag gebore was sou die skape en hulle herders verkluim het in die sneeu want dan is dit winter in bethelem die sterrekundiges sou ook nie die ster sien opkom het nie want dan het dit gesneeu. Jesus is beslis nie op 25 desember gebore nie

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Bernard, winter in Betlehem en omstreke is nie so swaar soos in Europa nie. Dit is kort en matig. Jesus het bv in die winter die fees van die tempelwyding bygewoon in Jerusalem (8 km van Betlehem) êrens tussen November en Desember (Joh 10:22). Die gemiddelde temperatuur in Desember is 12 grade Celsius vandag, hoewel ons nie weet hoe dit 20 eeue terug was nie. Dit is wel die reënseisoen in Israel soos ons in Esra 10:9 lees en daar is soms sneeu vir ‘n dag of twee. Maar dit het nog nooit die boere gekeer om hulle vee in die veld te versorg nie. Die landstreek oos van Betlehem val skerp na die Dooie See se kant toe wat dit eintlik warmer maak as die hoër liggende gedeeltes na die weste. Die weer hoef dus nie ‘n mens se standpunt oor Kersfees te beïnvloed nie. Die tyd 25 Desember is dus nie onmoontlik nie, maar kan nie histories geverifieer word nie. Maar, dit geld alle ander voorstelle vir datums. Die kerk het dus een van die datums wat voorgestel is, gekies. Dit is net so goed soos enige ander datum. Ek persoonlik hou baie van die voorstel dat dit moontlik êrens in September was as ‘n mens met Sagaria, Johannes die Doper se pa, se dienstermyn werk en dan die verhaal van Lukas 1-2 daarby inpas. Maar, dit is steeds raaiwerk. Kies ‘n datum wat vir jou sin maak. En vier die geboorte van Jesus, want Hy is die sentrum van ons lewe.

      Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    May

    |

    Is dit gratis om in te teken “bydrae oor Al 4 evangelise”?

  • Avatar

    Christopher

    |

    Geagte Pastoor Chris;

    Ek wil graag weet waarom die Boek van Enoch nie in die bybel ingesluit is nie?
    Is van die informasie daarin verkeerd?

    Baie Dankie, Groete.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Alicha, Jesus moedig hier die dissipels aan tot ’n onberispelike lewe wat nie vir ander tot struikeling aanleiding sal gee nie. Hy wil hê dat ons niks sal doen wat ander mense sal laat struikel nie. Want, Hy wil hê dat almal sal floreer. Hy wil hê dat ons almal tot ons volle potensiaal sal lewe. Daarom wil Hy hê dat ons dit vir mekaar moontlik sal maak.

    Dit is uiteraard onvermydelik dat daar dinge sal gebeur wat mense sal laat struikel. Versoekings en beproewings. Ons moet egter op geen manier daarvoor verantwoordelik wees nie, want dié wat struikel sal wel vir hulle eie oortredings gestraf word, maar dié wat vir die struikelblokke verantwoordelik is, sal in groter ellende gedompel word.

    Ons moet dus op ons hoede wees dat ons niks doen wat ander mense skade kan berokken nie.

  • Avatar

    Alicha

    |

    Goeie Middag Chris,

    Kan jy moontlik Lukas 17:1 -2 vir my uiteen sit. Die 2 verse is so eenvoudig, tog so kragtig dat ek voel ek nog nie die volle GROOT prentjie snap nie.

    “1 Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar dinge kom wat mense laat struikel. Maar ellende wag vir die mens wat die oorsaak daarvan is. 2So ‘n mens kan eerder met ‘n groot klip aan die nek in die see gegooi word as dat hy vir een van hierdie kleintjies ‘n struikelblok word. 3Wees dus self op julle hoede.”

    Dankie, ek hoor graag van jou.

    Vriendelike Groete

    Alicha

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Adri, ‘n Christen is iemand wat in die Here Jesus Christus glo en Hom gehoorsaam, wat deur die Gees ‘n kind van God gemaak is. Die “Jahwis” dui op ‘n hipotetiese bron wat gebruik is om die eerste vyf boeke van die Bybel, die Pentateug, te skrywe. Oral waar in die teks “Jahwe” voorkom, word dit as die “Jahwis” bron deur sommige geleerdes beskou (bv Gen 2). Oral in die teks waar net “Elohim” (God) voorkom, word dit as die “Elohis” beskou (bv Gen 1). Ek ondersteun egter nie hierdie onderskeid in bronne nie. Daar is nog nooit enige boek gevind wat eers naastenby met só ‘n bron vergelyk kan word nie. Die onderskeid is net gebaseer op die verbeelding van geleerdes.

  • Avatar

    Adri

    |

    Hi Chris
    Kan jy my asb verduidelike wat is die verskil tussen Christen en Yahwis.
    Groete Adri

  • Avatar

    Pastor Barry Noble

    |

    God bly God Al stel ons Hom te leuer , Jesus Christ’s nimmer-meer-Hy bly getrou

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Erna, dit bly my vreugde en voorreg.

Prontuit die Waarheid