This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Fri Apr 16 8:47:31 2021 / +0000 GMT

WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus



Die motto van hierdie Bybelskool

“Let the word of Christ – the Message – have the run of the house.  Give it plenty of room in your lives.  Instruct and direct one another using good common sense.  And sing, sing your hearts out to God!” Kol 3:16 in The Message. Hierdie woorde van Eugene Peterson verwoord op 'n besondere manier hierdie Bybelskool se motto:
Om in die Woord te Woon.
My passie is om die skatte van die Woord só oop te sluit vir mense dat hulle daarvan 'n woonplek maak, 'n ruimte waarbinne hulle God ontmoet en waardeur Hy 'n lewende metgesel op hul reis deur die wêreld raak.

Die evangelie van Markus

Ek wil nou die evangelie van Markus neem en dit saam met jou deur te lees, maar op 'n baie spesifieke manier.  Ek wil dit lees in vergelyking met die ander evangelies, sodat aan die een kant die boodskap van Markus nog meer spesifiek kan uitstaan, maar aan die ander kant 'n mens ook 'n waardering begin kry vir die wyse waarop die ander evangeliste dieselfde gegewens geneem het en ander beklemtonings en nuanses daaraan gegee het.

Werkswyse

Ons gaan die evangelie van Markus in die volgende paar weke deurlees en telkens die tekste ook vergelyk met gedeeltes in die ander evangelies. Lekker lees!

 

 


Post date: 2010-01-12 00:00:03
Post date GMT: 2010-01-11 22:00:03
Post modified date: 2010-01-12 00:00:03
Post modified date GMT: 2010-01-11 22:00:03

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com