WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus
Die motto van hierdie Bybelskool
“Let the word of Christ – the Message – have the run of the house. Give it plenty of room in your lives. Instruct and direct one another using good common sense. And sing, sing your hearts out to God!” Kol 3:16 in The Message.
Hierdie woorde van Eugene Peterson verwoord op ‘n besondere manier hierdie Bybelskool se motto:
Om in die Woord te Woon.
My passie is om die skatte van die Woord só oop te sluit vir mense dat hulle daarvan ‘n woonplek maak, ‘n ruimte waarbinne hulle God ontmoet en waardeur Hy ‘n lewende metgesel op hul reis deur die wêreld raak.
Die evangelie van Markus
Ek wil nou die evangelie van Markus neem en dit saam met jou deur te lees, maar op ‘n baie spesifieke manier. Ek wil dit lees in vergelyking met die ander evangelies, sodat aan die een kant die boodskap van Markus nog meer spesifiek kan uitstaan, maar aan die ander kant ‘n mens ook ‘n waardering begin kry vir die wyse waarop die ander evangeliste dieselfde gegewens geneem het en ander beklemtonings en nuanses daaraan gegee het.
Werkswyse
Ons gaan die evangelie van Markus in die volgende paar weke deurlees en telkens die tekste ook vergelyk met gedeeltes in die ander evangelies.
- Inleiding – ‘n Paar bydraes oor Markus en leesmetodes – Week 1
- Markus 1:1-3:6 – Die Proloog en Deel 1: Bekendstelling – Week 2
- Markus 3:7-6:6 – Deel 2: Impak op die skares, dissipels en teenstanders – Week 3
- Markus 6:7-8:21 – Deel 2: Vervolg – Week 4
- Markus 8:22-10:45 – Deel 3: Gefokusde aandag aan die dissipels – Week 5
- Markus 10:46-13:37 – Deel 4: Klimaks van die evangelie – Week 6
- Markus 14:1-16:20 – Deel 4: Vervolg en Die Epiloog – Week 7
Lekker lees!
View all posts in this series
- WEEK 1: Inleiding op die evangelie van Markus
- Die vier evangelies se unieke Jesus-portrette
- Die drie Sinoptiese evangelies
- Die boodskap van Markus
- Markus in vergelyking met die ander evangelies
- Bybelstudie metodiek
- Luistersiklus
- Lectio Divina
- WEEK 2: Markus 1:1-3:6 – Proloog en Deel 1: Bekendstelling
- Markus 1:1 – Jesus as God-mens vervul die OT beloftes
- Markus 1:1-8 – Die hart van die evangelie is opgesluit in Jesus Christus
- Markus 1:9-20 – om deur Christus geroep te wees, is om ‘n dissipel te wees
- Markus 1:21-31 – Dit is ‘n nuwe leer, en dit kom met gesag! Hy gebied selfs die bose geeste, en hulle gehoorsaam hom.
- Markus 1:32-39 – Die bediening draai om God, nie om die vrugte daarvan nie
- Markus 1:40-45 – “Ek wil. Word gesond.”
- Markus 2:1-12 – geloof word in gedrag uitgedruk
- Markus 2:13-17 – dié wat siek is, het ‘n dokter nodig
- Markus 2:18-3:6 – Jesus se bevrydende bediening wek wrede weerstand van die leiers
- WEEK 3 van die Bybelskool oor Markus
- Markus 3:7-30 – Die impak van die bediening verskerp
- Die twaalf dissipels in die evangelies en Handelinge
- Markus 3:31-35 – Jesus en sy familie
- Markus 4:1-9 – Wie ore het en kan hoor, moet luister
- Markus 4:10-12 – Die geheim van die koninkryk word gegee, nie verwerf nie
- Markus 4:13-29 – om reg te hoor, bepaal jou hele lewe
- Markus 4:30-41 – Het julle dan nie geloof nie?
- Markus 5:1-20 – Wat het U met my te doen?
- Markus 5:21-43 – Bly maar net glo!
- Markus 6:1-6 – Sy tuisdorp se mense wil niks van Hom weet nie
- WEEK 4 van die Bybelskool
- Markus 6:7-29 – Dissipelskap vra altyd ‘n prys
- Markus 6:30-52 – Jesus demonstreer sy Godheid op verskillende maniere
- Markus 6:53-7:23 – Onreinheid het met die hart te make
- Markus 7:24-8:10 – Jesus is intiem en intens betrokke by mense
- Markus 8:11-21 – Hoe blind is dié wat nie wil sien nie
- WEEK 5 van die Bybelskool
- Markus 8:22-9:1 – Wie sy lewe vir Jesus en die evangelie verloor, sal dit behou
- Markus 9:2-29 – Vir die een wat glo, kan alles
- Markus 9:30-48 – dié wat eerste wil wees, moet laaste wees
- Markus 9:49-10:16 – Jesus vra getrouheid aan Hom en lojaliteit aan mekaar
- Markus 10:17-45 – Redding uit genade alleen
- WEEK 6 van die Bybelskool
- Markus 10:46-11:25 – ‘n huis van gebed vir die nasies
- Markus 11:27-12:37 – Jesus se intellek en wysheid is te veel vir die Joodse Raad
- Markus 12:38-44 – Die arm weduwee se gawe
- Markus 13:1-23 – Rampe en Vervolginge en die groot verdrukking
- Markus 13:24-37 – Die koms van die Seun van die mens
- WEEK 7 van die Bybelskool
- Markus 14:1-11 – Gesalf in Betanië, verraai in Jerusalem
- Markus 14:12-42 – Jesus word die paaslam
- Markus 14:43-15:5 – Die tyd van die duister magte
- Markus 15:6-47 – Jesus word gekruisig en begrawe
- Markus 16:1-20 – Jesus het liggaamlik opgestaan
- Lees die vier evangelies en Handelinge
- Tien lesings uit Markus vir Heilige Week met kommentaar
- Jesus is die hart van die evangelie
Trackback from your site.
Bollie Liebenberg
| #
Ja, om te dink, dit is die NAAM van Jesus wat so kragtig en Heilig is, mag die Heilige Gees aans ons net meer en meer Sy Grootheid en Heiligheid bekend,sodat ons Hom ten volle kan ken!
Chris van Wyk
| #
Ek e-pos dit vir jou. Watter simbole verwys jy na?
Gerda
| #
Kan jy asseblief vir my hierdie 100 bladsye epos – ek wil weet waarom die simbole gebruik word – glo dit sal vir my duideik word uit u studie.
Baie dankie
David Cromhout
| #
Dankie Jesus vir die wonderlike vooreg om Wonders in U naam te mag doen Prys U naam
Chris van Wyk
| #
Ek maak so, Rence-Marié, Groete en seën.
Rence-Marié
| #
Beste Dr van Wyk
Sal u asseblief vir my d 4 evangelies langs mekaar stuur.
Baie dankie vir u werk
Groete
Chris van Wyk
| #
👍
Chris van Wyk
| #
Hi Hannes. Ek het gekies om daardie nie te hanteer nie, om mense nie te oorlaai nie.
Hannes
| #
Goeie dag Dr van Wyk
Jammer om te pla.
Die volgende Leesrooster 2021: Bybelskool bydraes vind ek nie. U hulp sal waardeer word.
Handelinge 10:34- 43, Jesaja 25:6-9, Psalm 118: 1-2,14-24 en Markus 16: 1-8.
Baie dankie.
Pippie
| #
Baie dankie vir die Bybelskool.
V23 lees ek nou anders – “as julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe” – om te vergewe is so belangrik