Wedergeboorte en bekering

Ek het ‘n navraag gekry oor wedergeboorte en bekering: Wat is die wedergeboorte? Wat is die verskil tussen wedergeboorte en bekering? Hoe toets jy of ‘n persoon wedergebore is of nie?

Hier is ‘n kort antwoord daarop met talle Skrifverwysings vir nadenke.

Wedergeboorte

Die wedergeboorte vind plaas as die Heilige Gees geloof in jou hart werk deur die Woord van God (Joh 3:5-8; Rom 10:8-13; 1 Pet 1:22-25). Die wedergeboorte was jou skoon van jou sonde (Tit 3:4-7; 1 Joh 1:5-10) en gee jou die sekerheid van die ewige lewe (Joh 3:16; 3:36; 1 Joh 5:12). Daardeur weet jy dat jy ‘n kind van God is (Joh 1:12-13; Rom 8:14-17).

Wedergeboorte en bekering

Die wedergeboorte is volledig God se werk, terwyl die bekering beide God se werk en jou gehoorsaamheid behels. Bekering kom deur die prediking – God se werk – wat jou aanspoor om gehoorsaam te word aan God se wil – jou werk (Matt 3:22; 4:17; Mark 6:11; Luk 24:47; Hand 2:38; 3:19; 17:30; 2 Kor 4:16-18; 7:9-10; Fil 2:12-13; Openb 2:5, 16, 21; 3:3, 19).

Vrug van wedergeboorte

Wedergeboorte raak sigbaar deur die vrug wat gelowiges dra (Matt 13:1-9; Joh 15:1-8). Dit behels dat jy doelbewus gehoorsaamheid en heiligmaking najaag (Gal 5:16-26; Rom 6:19-23; 12:1-2; Ef 5:1-21; Fil 1:9-11; Kol 1:3-14; Hebr 12:12-15; Jak 3:13-18).


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Liewe ds Chris,
    As ‘n prediker vir iemand sê dat hy ‘n ‘EMOSIONELE BEKERING’ gehad het, sou jy nie dink dat mens wel emosioneel raak dat die trane spat die dag as jy jou lewe aan die Skepper oorgee nie? Want sedertdien twyfel ek erg aan my bekering!

    • Hi Bertie, emosies is baie keer deel van die proses van bekering. Soms ‘n intense hartseer en berou oor jou sonde, soms ‘n groot verligting en blydskap dat jou sondes vergewe is. Maar, sonder dat daar vrug in ‘n mens se lewe is – ‘n afstand doen van sonde, ‘n liefde vir die Here en sy Woord, ‘n liefde vir God se mense, ‘n commitment om die Here in hierdie wêreld te dien – kan ‘n bekering oppervlakkig wees (Hand 26:20; 2 Kor 12:21). Maar, die enigste sekerheid wat ons het, lê in die Here Jesus en sy barmhartigheid en vergifnis opgesluit. Lees weer 1 Johannes 5 deeglik en vind jou sekerheid in die Here Jesus Christus.

  • Chris. Ek het vanoggend juis ingegaan op die internet om te sien of my eie siening van wedergeboorte ooreenstem met medegelowiges. Daar is egter baie dinge wat gesê word wat myns insiens nie diep genoeg oopgevlek word om ‘n behoorlike verstaan tot gevolg te hê nie. Ek neem as voorbeeld: “geloof in Jesus”. Jesus is die Woord van God wat vlees geword het. Jesus is die Beeld van die onsienlike God. God is Gees. In Jesus woon die volheid van die godheid liggaamlik. Jesus in die vlees is die openbaarder van die Gees van God, die openbaarder van die Gees van die Woord van God. Wanneer ons glo in Hom (Jesus Christus) beteken dit dat ons glo in elke woord wat God geuiter het, en nie net oppervlakkig nie, maar in die Gees van die waarheid van daardie woord. Wanneer so ‘n geloof tot stand kom is dit die Gees van God in sy Woord wat ons wederbaar. Hoekom sommige nie so ‘n geloof ondervind nie is omdat sy eie wil en begeertes hom verhoed om die waarheid te aanvaar wat hom kan red van ‘n bose lewe sonder God. Ons praat later dalk weer.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: