This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Thu Jul 18 9:00:57 2019 / +0000 GMT

Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10



Julle weet tog dat Hy verskyn het om die sonde weg te neem en dat daar geen sonde in Hom is nie. Elkeen wat in 'n hegte verhouding met Hom leef, hou nie aan sonde doen nie. Elkeen wat aanhou sonde doen, het Hom nie gesien nie en het ook nie 'n begrip van Hom nie. Kinders, moenie dat iemand julle hieroor mislei nie: Elkeen wat reg leef, is regverdig, net soos Hy regverdig is. Elkeen wat aanhou sonde doen, is familie van die duiwel omdat die duiwel van die heel begin af sonde gedoen het. Juis daarvoor het die Seun van God verskyn: om die dade van die duiwel te vernietig. Elkeen wat deur God verwek is, hou nie aan sonde doen nie omdat God se saad in hulle bly. Hulle kan ook nie aanhou sonde doen nie omdat hulle deur God verwek is. Op hierdie manier is dit duidelik wie die kinders van God en wie die kinders van die duiwel is. Almal wat nie reg optree nie en ook nie hulle medegelowiges liefhet nie, is nie uit God nie. (NLV)

1. Johannes lê die hoofboodskap van Jesus uit as ‘n verskyning om “sonde weg te neem”. Dit het die effek op elkeen wat in ‘n hegte verhouding met Hom leef dat hulle nie kan aanhou sonde doen nie. Hoe ervaar jy dit? Van jouself? Van ander? 

2. Johannes lê sterk klem op die feit dat daar ‘n onderskeid is tussen die familie van die duiwel en die familie van God? Lees deeglik wat hulle onderskei. Waar bevind jy jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy familie van God is deur in ‘n hegte verhouding met Jesus te leef, sodat jy nie aanhou sonde doen nie.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Johannes 3 sowel as my bydrae daaroor: 1 Johannes 2:28-3:24 – Kinders van God doen wat reg is en het mekaar lief.

 

 


Post date: 2019-01-24 04:00:51
Post date GMT: 2019-01-24 02:00:51
Post modified date: 2019-01-12 16:27:57
Post modified date GMT: 2019-01-12 14:27:57

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com