Bybelskool
https://bybelskool.com/wat-is-god-psalm-922-69/
Export date: Tue Jan 21 14:03:14 2020 / +0000 GMT

Wat is God? – Psalm 92:2-6,9




Dit is goed om die Here te dank, om u Naam te loof, Allerhoogste; om soggens u goedheid aan te kondig, en in die aand u getrouheid, met snaarinstrumente, met die harp en die begeleiding met die lier. U groot dade maak my bly, Here! Ek juig oor u handewerk. Hoe groot is u werke, Here! Hoe diep is u gedagtes! U is hoog verhewe. U, Here, bestaan vir ewig. (NLV)

1. Onderstreep die beskrywings van God se wese. Watter troos is daarin vir jou?

2. Onderstreep die reaksies op God. Gebruik die reaksies om met God in jou eie woorde te praat – dank, loof, aankondig, blymaak en juig.

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die rykdom van God se wese te herinner. Jy kan dit memoriseer as ‘n gereelde oggend- of aandgebed.

4. Jy kan later vanaand die hele Psalm 92 lees sowel as my bydrae daaroor: Psalm 92 – Groots is alles wat U doen, Here 1
Links:
  1. https://bybelskool.com/psalm-92-groots-is-alles-wa t-u-doen-here/
Post date: 2018-08-28 04:00:07
Post date GMT: 2018-08-28 02:00:07

Post modified date: 2018-09-02 06:56:54
Post modified date GMT: 2018-09-02 04:56:54

Export date: Tue Jan 21 14:03:14 2020 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com