This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Sat Nov 16 21:51:11 2019 / +0000 GMT

Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11



Julle het die vorige mens en sy praktyke soos klere uitgetrek en die nuwe mens aangetrek. Hierdie mens kry voortdurend nuwe insig en word só verander en nuut gemaak om al meer soos sy Skepper te lyk. In hier die nuwe lewe is daar nie langer sprake van Griek of Jood, besny of onbesny, ongekultiveerd, barbaars, slaaf of vry man nie. Al wat saak maak, is Christus wat alles in elkeen is. (NLV)

1. Paulus gaan voort in Kolossense, die metgesel-brief van Efesiërs, om die nuwe mens te beskryf. Watter nuwe aspekte sien jy hier raak van die beskrywing van die nuwe mens? Watter rol speel God self?

2. Hoe kan jy hierdie opdrag gehoorsaam? Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan God opdrag te herinner om Christus toe te laat om alles in jou te word.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 3 sowel as my bydrae daaroor: Kolossense 3:1-4:1 – Leef as nuwe mense.

 

 


Post date: 2018-09-14 04:00:21
Post date GMT: 2018-09-14 02:00:21
Post modified date: 2018-09-03 11:03:40
Post modified date GMT: 2018-09-03 09:03:40

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com