Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (7)

  • Avatar

    Corrie

    |

    Môre ek wil n vraag vra: Hoekom sê die Jehovah Getuies dat God sê naam is net Jehovah en dat almal wat die Bybel oorsgeskryf het Sy naam Jehovah uit die Bybel verwyder het en dit is Sy regte Naam.

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Corrie. Ironies genoeg is dit die Jehova Getuies wat hulle Bybel oorgeskryf het volgens hulle eie verstaan. In ons Bybel sal jy sien dat ons deurgaan van Here praat waar die naam Jahwe – wat die Hebreeuse woord in die grondteks is – voorkom.

      Reply

      • Avatar

        Corrie

        |

        Môre baie dankie ek voel onseker omdat hulle sê dat Sy Naam Jehovah is en sê daar is boeke van die Bybel ook weggelaat en verskyn nie in ons Bybel nie. Ek is in n NG gemeente en wil graag meet leer oor die woord dit bestudeer wil graag weet wat stel U voor hoe en waar begin ek ek is n kind van die Here dankie wag op U ant woord Corrie

        Reply

        • Avatar

          Chris van Wyk

          |

          Hulle probeer jou oortuig om hulle leringe te aanvaar. Daar is geen boeke uit die Bybel weggelaat nie. Hulle leer bv dat Jesus nie God is nie. Dit beteken dat Hy dan ook nie vir ons kan verlos nie. Want, ons het ‘n Middelaar nodig wat God en mens is. Jesus is mens. Gebore uit Maria. Jesus is God. Gebore uit God. Hy is dus God self (Johannes 1:1-14). Ek stel voor jy begin by ‘n boek soos Markus en lees dit deur om Jesus beter te leer ken. Klik op die skakel en volg die instruksies. Geniet die reis!

          Reply

          • Avatar

            Corrie

            |

            Môre baie dankie vir die antwoorde waardeer op reg sal begin met Markus en sal weer vra as ek nie iets nie verstaan nie geseënde naweek vir U groete Corrie.

            Reply

  • Avatar

    Corrie

    |

    Boeke môre ek wil graag vra is verassing sonde want die woord sê van stof is jy gemaak en tot stof sal jy terug keer. Het as en stof die self betekenis hier? Groete Corrie.

    Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Saretta Dawson

    |

    Dankie, hierdie gedeelte was in antwoord op vrae waarmee ek sommer besig was om oor te dink of te probeer uitpluis.

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Baie dankie, ons is tans juis besig met Korintiers in ons daaglikse stiltetyd. Dit is net so oorweldigend verdoemend op paar plekke dat ek angsbevange raak en eintlik nie heeltemal alles inneem nie. My eerste man het gedrink, so dit val nie onder punt 1 van jou bespreking nie, maar soos jy se volgens 1 Kor 7:27 is beide ek en my man vrygespreek. Dankie dat jy dit benadruk.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Louise, nee, alles is nie vir jou verlore nie.

    Om jou te help onderskei:

    1. God haat egskeiding en wil hê dat ons getrou bly aan mekaar soos die 7de gebod dit uitspel. Daar is uitsonderings, bv as daar owerspel is (Matt 19:1-10), as daar kwaadwillige verlating of geweld is (Deut 21:10-14), as die ongelowige van die gelowige skei (1 Kor 7:15).
    2. Egskeiding weens hierdie uitsonderings is dus toelaatbaar en stel mense vry om weer te trou (Deut 24:2). ‘n Huwelik met die eerste gade is egter ontoelaatbaar (Deut 24:4).
    3. Daar is ‘n goeie saak uit te maak daarvoor dat ‘n mens ongetroud bly ná só ‘n mislukte huwelik ter wille van die koninkryk (1 Kor 7:27).
    4. Egskeiding om enige ander rede as in punt 1 is sondig en moet bely word voor die Here. God is getrou en regverdig om ons te vergewe en te heilig ook van sulke sondes (1 Joh 1:9).
    5. Indien ‘n mens tog wel weer trou – onthou 1 Kor 7:27 – bly die vergifnis geldig. Die egskeiding word nie teen jou gehou nie.

  • Avatar

    Louise Louw

    |

    Chris, Ek is as christenvrou geskei en weer getroud. Ek het ‘n groot wroeging daaroor, want as ek die bybel en veral hierdie gedeelte reg verstaan, sal ek nie hemel toe gaan nie. Ek is dus gedoem. Help my om te verstaan en rustigheid te kry, of is alles vir my verlore?

  • Avatar

    Philip

    |

    Dankie.
    Dis nie maklik nie – ek was vas oortuig dat my geloof onaangename gebeurtenisse sou verhoed deur God te vra – maar drie sterftes in ‘n kwessie van paar weke het geloof laat wankel.
    Ek verstaan God is in bevel, en dat Sy wee vir my aanvaarbaar moet wees – MAAR die twyfel – of ek werklik so gehoorsaam en goeie kind van God is – NOU GEWELDIG GROOT!
    Ek sal aanhou probeer die raad volg – maar beginpunt is lag.
    Groete

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Philip, geloof is ‘n gawe van God wat kom uit die luister na en leef uit die Woord van God (Rom 10:17). Jesus is die Begin en die Voleinder van die geloof (Hebr 12:1-2). Ons moet dus ons oog op Hom fokus en Hom toelaat om deur sy Woord ons te begelei na ‘n heilige lewe (Hebr 12:14). Dit sluit ons liggame en gedagtes in (Rom 12:1-2). Op ‘n baie praktiese vlak vind ek dat gebed en die fokus van my gedagtes op die goeie vir my die beste werk. Lees Filippense 4:4-9 en volg die raad daarin.

  • Avatar

    Philip

    |

    Chris – jy het my onlangs geweldig gehelp met n bekommernis oor n belofte wat ek jare gelede gemaak het.
    Sedert daardie gesprek, is my geloof geskud deur drie gebeurtenisse.
    Ek verstaan jou opmerkings hierbo – wat ek nie op die oomblik begryp nie is: Hoe kan ek my geloof weer opbou tot waar dit was? IS dit slegs genade van Bo – of is daar iets wat ek kan doen? Geloof is tog n genadegawe – maar watter rol moet ek daarin speel?
    Jammer – maar ek is n beginner wanneer dit kom by hierdie sake.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Philip – jy het so pas daarop geskrywe. Onder aan elke bydrae is daar ‘n spasie om kommentaar te lewer of vrae te vra.

  • Avatar

    Philip

    |

    Chris – – waar kan ek Kommentaar blad kry – – –

Prontuit die Waarheid