Bybelskool

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (4)

  • Avatar

    Leon

    |

    Hello Chris.
    Ek sal graag kers wil opsteek oor die Heilige Gees waarna Petrus verwys aangaande profesies.
    Ons weet dat van die begin af was daar die Drie eenheid. Ons weet dat God die Heilige Gees gestort het op die 120 in die bovertrek in Hand 2. Ook voor Jesus opgevaar het , Joh 20 v 22.
    My vraag is…watter Heilige Gees het die profesies laat ontstaan in die Ou Testament. Ek weet dit is deel van die Drie eenheid, maar hoe?

    Reply

    • Avatar

      Chris van Wyk

      |

      Hi Leon, die Gees en die Heilige Gees is een. Die benaming Gees word meer in die OT gebruik. Die benaming Heilige Gees word meer in die NT gebruik. Maar albei benamings kom in albei dele van die Bybel voor. So as die Gees oor die water sweef, is dit ook die Heilige Gees (Gen 1:2). As die Heilige Gees oor die gelowiges by Pinkster uitgestort word, is dit ook die Gees (Hand 2:1-4). Hierdie Gees word ook die Gees van Jesus genoem (Fil 1:9) en natuurlik die Gees van God (1 Joh 4:2). Waaruit onder andere die leerstuk van die Drie-Eenheid gevorm is. Die Bybel is dus die vrug van die werk van, by wyse van spreke, die Gees van God, die Gees van Jesus, en die Heilige Gees – die Drie-Enige God. Dit is waarom ons met ontsag hierdie boek as die Woord van God hanteer. Dit is die Heilige Gees wat in ons getuig dat dit inderdaad God se Woord aan ons is.

      Reply

    • Avatar

      Leon

      |

      Dankie vir jou antw Chris.
      As ons Gen 2 v 7 lees dan sien ons dat elke lewende siel die Gees van God het. Volgens Handeling 8 v 17 en Hand 19 v 6 het net dié wat dit van die apostels ontvang het die Heilige Gees. Selfs die moslems het die Gees van God, maar hulle het nie die Heilige Gees nie!

      Reply

      • Avatar

        Chris van Wyk

        |

        Die Hebreeuse frase wat in Genesis 2:7 gebruik word is nishmat chajjim. Dit beteken “asem van die lewe”. In Genesis 6:17 word die frase ruach chajjim gebruik, wat met “gees van die lewe” of “asem van die lewe” vertaal kan word. Genesis 7:22 gebruik al drie woorde in die frase nishmat ruach chajjim wat eintlik maar op dieselfde manier vertaal kan word.

        Daarmee word heel breedweg na lewende mense verwys waarvan hulle asemhaling toon dat hulle lewe. Ander lewende wesens het ook lewe van God ontvang, maar mense word van hulle onderskei deurdat hulle ‘n deel van God se lewe – sy asem of gees – in hulle ontvang. ‘n Mens moet hierdie “gees” dus onderskei van God se “Gees”.

        Dié lewe – asem of gees – word egter teruggeneem met die dood. Dit is net dié wat in Christus is wat deur die Heilige Gees die ewige lewe ontvang en dus vir altyd God se asem in hulle sal hê.

        Reply

Leave a comment

Onlangse kommentaar

  • Avatar

    Estella Steenkamp

    |

    Baie dankie vir die bostaande inligting ek het alreeds kennis gemaak met u skrywe oor homoseksualiteit. Ek moet se ek dink nie dit moet gaan oor homoseksualiteit as sulks nie maar oor die geweldige sonde dat gewone mense wat dink hulle is so slim die woorde wat God duidelik se dit is sonde wil verander na nie sonde. Dat hulle self werktuie van satan is want God se in sy woord dat Hy hulle wat enige iets verander aan sy woord gaan straf. Ek vind mens kan romeine 1 oor en oor lees. Ons is natuurlik almal tot die dood toe skuldig maar ons neem God se vergifnis aan en Hy begin n werk in ons en ons begin vrugte dra baie klein en min aan die begin vir sommiges van ons maar Sy genade is so groot

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Elizabeth, ja, dit is ‘n komplekse onderwerp. Ek het redelik uitvoerig daaroor geskryf in my hantering van Numeri: Ekskursie – geweld in die OT. Jy sal daar genoeg stof kry tot nadenke.

    Vandag is ons egter in die genadetyd van die Here waarin die geestelike oorlog geveg word teen die bose magte in die lug om mense uit die duisternis te wen vir die koninkryk van God se lig (Ef 6). Die wapens van ons stryd is dus geestelik.

    Maar, ons moet ook nie vergeet dat die beeld van God as ‘n Oorlogvoerder in die apokaliptiese dele van die NT, veral in die Openbaring aan Johannes, weer na vore kom waarin God se verlossende oordeel oor die wêreld deur die Lam aan die kruis wat ook die Leeu van Juda is, voltrek word. Die plae wat só ‘n belangrike rol gespeel het in God se oordeel oor farao en sy mense keer in Openbaring terug in die vorm van die seëls, trompette en bakke wat verskriklike ontwrigting en lyding regoor die wêreld veroorsaak het.

    Hierdie beeld van God pas dus naatloos by dié van Eksodus in waar God se volk uit hulle slawerny bevry is asook dié van Numeri en Josua waar Israel in ‘n “Heilige Oorlog” die land van sy afvallige inwoners gereinig het. Dit kom weer aan die einde van die tyd.

  • Avatar

    Johan

    |

    Baie dankie Chris vir al die woord uitleg en e-pose
    Ontspan en geniet die rus.
    Johan Swanepoel

  • Avatar

    Louisa C

    |

    Goeie more, baie dankie. Groot waardering vir hierdie artikels.

  • Avatar

    Louis

    |

    Dankie Chris

  • Avatar

    Jan Louw

    |

    Chris,
    Ek wil weereens vir jou baie dankie sê vir die groot werk waarmee jy besig is in diens van die gelowiges.
    Ek kan egter steeds nie lekker vrede maak met die gedagte om van God as “wat” te praat nie. God is tog ‘n persoon en nie ‘n “iets”, soos by die heidene nie. Alles wat jy aanhaal en sê oor God, bevestig dat Hy “Iemand”is wat bv kinders het en en wat liefhet en dinge doen. God is ‘n Wie en nie ‘n Wat nie.
    In Ps 8 sê Dawid wel, “Wat is die mens!”, maar in daardie omstandighede is dit kollektief bedoel en nie die mens as ‘n persoon nie.
    Ag ek kry dit maar net van my hart af juis omdat ek soveel waardering vir jou en jou werk het.

  • Avatar

    Elizabeth Maartens

    |

    More

    Ek het ‘n vraaag. Een van die die basiese Christelike waardes is liefde. In die lig hiervan is dit nodig vir Christene om eerder te kies vir vrede as vir oorlog. Tog is die Bybel gevul met geskiedenis wat daarop dui dat oorlog tog regverdig is. Hoe oordeel ‘n mens hieroor?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Tap, dit is ‘n gedeelte wat regtig moeilik is om te interpreteer. Kommentare verbind hierdie uitspraak van Jesus oor die koms van die koninkryk basies aan ses moontlikhede:

    1 – die verheerliking op die berg wat in al drie evangelies net ná hierdie uitspraak volg;
    2 – die opstanding van Jesus ná sy kruisiging wat Judas nie meemaak nie;
    3 – die uitstorting van die Heilige Gees met Pinksterdag;
    4 – die groei van die kerk met die verkondiging van die koninkryk van God;
    5 – die verwoesting van Jerusalem in 70 nC;
    6 – die tweede koms van Jesus, waarvan die verheerliking op die berg ‘n voorafskaduwing was.

    Ek kies vir ‘n kombinasie van almal, behalwe nommer 5, veral na aanleiding van R T France se uitstekende kommentaar op Matteus. My interpretasie is soos volg:

    1 – die verheerliking op die berg volg in al drie evangelies direk ná hierdie uitspraak en is in wese ‘n openbaring van die heerlikheid wat Jesus gehad het, en ‘n voorafskaduwing van die heerlikheid wat Hy ná sy kruis en opstanding weer sou ontvang (Matteus 16:21-17:8; Lukas 9:23-36; Markus 8:34-9:8).

    Die verheerliking op die berg was dus ‘n bevestiging vir die dissipels van die heerlikheid van Jesus wat na sy dood aan die kruis bevestig word deur die opstanding, die uitstorting van die Heilige Gees, die groei van die kerk en die lewende hoop op die wederkoms.

    2 – die uitspraak is deel van die oproep van Jesus dat die dissipels die kruis moet opneem en Jesus moet volg. Die verheerliking op die berg was dus ‘n aanmoediging en bemoediging dat hulle dissipelskap die moeite werd sou wees, want hulle sou deel in die heerlikheid van Jesus.

    3 – die opstanding van Jesus uit die dood was ‘n uitsonderlike demonstrasie van die koms van die koninkryk, maar belangrik, wat Judas nie meegemaak het nie. Hy is dood vóór Jesus opgestaan het. Dit verklaar die opmerking dat sommige nie die dood sou smaak vóór hulle die koms van die koninkryk sou sien nie.

    4 – die deurslaggewende element in hierdie interpretasie is egter Petrus wat in sy tweede brief duidelik die verheerliking op die berg aan die koms van die koninkryk verbind:

    “Toe ons aan julle die krag van ons Here Jesus Christus en sy wederkoms bekend gemaak het, het ons ons nie op versinsels of legendes verlaat nie. Nee, met ons eie oë het ons Hom in al sy majesteit gesien. Hy het van God die Vader eer en heerlikheid ontvang toe die Allerhoogste Majesteit gesê het: ‘Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.’ Die stem uit die hemel het ons self gehoor toe ons saam met Hom op die heilige berg was. En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig. Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.” (2 Pet 1:16-18).

    Onthou ook dat die verheerliking op die berg ‘n voorafskaduwing van die vervulling van die profesie van Daniël 7:13-14 is:

    “My nagtelike visioen het voortgeduur: daar het in die wolke iemand aangekom, iemand soos ’n menslike wese. Hy het na Hom toe gegaan wat ewig lewe en is voor Hom gebring. Aan dié menslike wese is die heerskappy en eer en koningskap gegee sodat al die volke, nasies en taalgroepe hom sou dien. Sy heerskappy is ’n ewige heerskappy, dit sal nie tot niet gaan nie; sy koningskap sal nie ophou nie.”

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi William, die evangelie (euangelion) is die “goeie nuus” dat elkeen wat in Jesus Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Joh 3:16). Soos dit ook in vers 1 van 2 Timoteus 1 verklaar word: “die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is.” Dit is ‘n woord wat in die NT nét vir die boodskap van Jesus gebruik word. Omdat die eerste vier boeke van die NT uitsluitlik fokus op die lewe wat daar in Christus Jesus is, word hulle daarom Evangelies genoem.

  • Avatar

    William Phillips

    |

    Wat is die evangelie?

Prontuit die Waarheid