Bybelskool
https://bybelskool.com/wat-beveel-god-in-die-sewende-gebod-matteus-527-32/
Export date: Fri Dec 6 13:58:33 2019 / +0000 GMT

Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32


Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.' Maar Ek sê vir julle, elke man wat met 'n wellustige oog na 'n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg. En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig. Net so, as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om net een van jou liggaamsdele te verloor as dat jou hele liggaam in die hel eindig. Daar is gesê: ‘Al wat 'n man nodig het om van sy vrou te skei is om aan haar 'n skeisertifikaat te oorhandig.' Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor huweliksontrou, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg. En elkeen wat met so 'n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk. (NLV)

1. Jesus brei hier uit oor die diep eise van die sewende gebod. Wat tref jou van sy lering?

2. Wy jouself toe aan die Here en vra Hom om gehoorsaamheid hieraan vir jou te gee. Sluit ‘n verbond met jou oë om nie na ‘n ander as jou eie vrou te kyk nie. Só bly ons getrou aan mekaar, en werk die Gees sy heiligmaking in ons lewe.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die absolute eis tot heiligheid in jou verhoudinge met mense van die ander geslag, ook jou huweliksmaat.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 5 en my bydraes daaroor: Matteus 5 – Jesus fokus op die stryd vir geregtigheid 1.
Links:
  1. https://bybelskool.com/matteus-5-jesus-fokus-op-di e-stryd-vir-geregtigheid/
Post date: 2018-11-29 04:00:25
Post date GMT: 2018-11-29 02:00:25

Post modified date: 2018-11-15 16:45:35
Post modified date GMT: 2018-11-15 14:45:35

Export date: Fri Dec 6 13:58:33 2019 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com