Bybelskool
https://bybelskool.com/wat-beteken-jesus-christus-se-opstanding-en-hemelvaart-vir-jou-romeine-834/
Export date: Thu Jul 18 9:14:12 2019 / +0000 GMT

Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34


Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit. (NLV)

1. Paulus spel drie aspekte van Jesus Christus se dood, opstanding, hemelvaart en teenwoordigheid by God vir ons uit: Hy het vir ons gesterwe; Hy sit op die ereplek langs God; Hy pleit daar vir ons. Wat beteken dit vir jou?

2. Paulus herinner ons aan hierdie dinge dat ons nie moedeloos moet raak as daar teenstand teen ons lewe en getuienis is nie. Ons sal nooit weer in veroordeling kom nie, want Jesus staan vir ons in. Hoe laat dit jou voel?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan Jesus wat vir jou gesterf het, en op die ereplek langs God sit en vir jou pleit.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 8 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 8:18-39 – As God vir ons is, wie kan teen ons wees 1.

Links:
  1. https://bybelskool.com/romeine-818-39-as-god-vir-o ns-is-wie-kan-teen-ons-wees/
Post date: 2019-05-31 04:00:26
Post date GMT: 2019-05-31 02:00:26

Post modified date: 2019-05-17 16:09:31
Post modified date GMT: 2019-05-17 14:09:31

Export date: Thu Jul 18 9:14:12 2019 / +0000 GMT
This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export of Post and Page has been powered by [ Universal Post Manager ] plugin from www.ProfProjects.com