This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Fri Dec 6 12:45:06 2019 / +0000 GMT

Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11



Dit was die Here se wil om hom te vermorsel en te laat ly. Al het die Here sy lewe 'n skuldoffer gemaak, sal hy 'n groot nageslag kry en nog lank lewe. Die Here se plan sal as gevolg van Hom ontvou. Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en tevrede wees. En deur alles wat hy beleef het, sal my regverdige dienaar dit moontlik maak vir baie om ook regverdig te word, want hy dra al hulle sondes. (NLV)

1. Dit is een van die helderste gedeeltes in die OT oor die betekenis van Jesus se versoening in die NT. Daar word wel nie van die kruis gepraat nie, maar van God se plan om die Messias se lewe te neem as ‘n skuldoffer. Daardeur kan God ‘n groot nageslag verlos, want die Messias dra al hulle sondes. Dink na oor die betekenis daarvan vir jou.

2. Dit is egter nie net die Messias se dood wat belangrik is nie. Ná sy bitter lyding sal hy weer lewe – in Nuwe Testamentiese taal “opstaan uit die dood”- sodat hy die lewe kan moontlik maak vir dié wie se skuld afgeskryf is. Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die lewe wat jy gekry het deur Jesus se kruisdood en opstanding.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jesaja 53 en my bydrae daaroor: Jesaja 52:13-53:12 – Oor óns oortredings is Hy deurboor.

 

 


Post date: 2019-05-15 04:00:58
Post date GMT: 2019-05-15 02:00:58
Post modified date: 2019-05-14 20:59:25
Post modified date GMT: 2019-05-14 18:59:25

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com