This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Mon Oct 21 19:53:28 2019 / +0000 GMT

Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18



Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)

1. Petrus wil ons bemoedig in onverdiende lyding met die feit dat Christus ook só gely het. Al het hy nooit sonde gedoen nie, het Hy vir ons sondes gesterf. Hoe laat dit jou voel?

2. Petrus beklemtoon die doel van Jesus se kruisdood. Hy het gesterf vir sondaars om hulle by God te laat tuiskom. Hoe kan dié perspektief jou help waar jy onverdiend moet ly?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan Jesus se sterwe en opstanding wat jou by God laat tuiskom.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Petrus 3 sowel as my bydrae daaroor: 1 Petrus 3 – Wees mense wat seën, sodat julle seën as erfdeel kan verkry.

 

 


Post date: 2019-05-17 04:00:14
Post date GMT: 2019-05-17 02:00:14
Post modified date: 2019-05-14 21:16:29
Post modified date GMT: 2019-05-14 19:16:29

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com