This page was exported from Bybelskool [ https://bybelskool.com ]
Export date: Mon Oct 21 21:39:03 2019 / +0000 GMT

Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18



Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig. Die Heilige Gees bevestig dit vir ons wanneer Hy in die eerste plek verklaar: “Dít is nou die verbond wat Ek hierna met die volk Israel gaan sluit, verklaar die Here: Ek sal my opdragte inskryf in hulle harte en Ek sal dit in hulle verstand graveer.” Dan voeg Hy daarby: “Ek sal aan hulle sondes en hulle oortredings nooit weer dink nie.” Inderdaad, waar sondevergifnis 'n werklikheid is, is geen verdere offer vir die sonde nodig nie. (NLV)

1. Jesus het met sy kruisdood nie net al ons sondes vergewe nie, maar ons vir altyd volmaak geheilig. Dink na oor die betekenis daarvan vir jou. Nie net vandag nie, maar vir altyd.

2. God belowe dat Hy nooit weer aan jou sondes en oortredings sal dink nie. Hy belowe ook dat Hy sy opdragte inskryf in jou hart en ingraveer in jou verstand. Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vryheid en volmaaktheid wat vergifnis van al jou sondes vir jou gebring het.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Hebreërs 10 en my bydrae daaroor: Hebreërs 9:23-10:18 – Jesus Christus verskyn in die heiligdom voor God ter wille van ons.

 

 


Post date: 2019-05-22 04:00:24
Post date GMT: 2019-05-22 02:00:24
Post modified date: 2019-05-17 08:27:37
Post modified date GMT: 2019-05-17 06:27:37

Powered by [ Universal Post Manager ] plugin. MS Word saving format developed by gVectors Team www.gVectors.com